Hê ‘n lekker daggie

29 11 2010

Ek wonder soms of ek soos ‘n baba lyk.  Hoekom ander dring mense daarop aan om met my in die verkleinvorm te praat.  “Vul gou vir ons die vormpie in.”  “Staan gou in die rytjie.”  “Ek stuur vir jou ‘n epossie.”  “Haai, jy het ‘n rokkie aan!”  Dan die absolute ergste.  “Juffroutjie”, “Xenatjie” en selfs “Xenatjietjie”.

Baba se voet.  Ek is seker die kleinstes en jongstes onder ons word met die verkleinwoordjietjies tot in hulle diepste sieletjies afgepis.  Dit is asof die spreker dink dat jy vertraag is en gepaai moet word of daar gaan ‘n maniese aanval wees.  Hulle stel hulle verseker bo-oor jou aan, die dat hulle aanspreekvorm verkleinerend moet wees.  Anders het hulle self nooit hulle babataal afgeleer nie. 

Hoe moeilik kan dit wees? 

Ek verkies om die vorm in te vul, in die ry te staan (goed, nie regtig nie, maar julle weet wat ek bedoel) en sal vir jou epos wag.  Ek is beslis nie op enige manier klein en fyn nie, dus sien ek glad nie die juffroutjie na wie jy verwys nie.  Xena is doodreg, dankie, en ek sal ‘n lekker dag hê as jy goeie Afrikaans praat.

Hoe voel julle oor die verkleinerende mense?  Hoe sit ‘n mens hulle op hulle plek?

Breinvasbrand:  Op watter webbladsy het daar geheime dokumente van die Amerikaanse regering gelek?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Alec Issigonis.





Lunch week 22

29 11 2010

Algemene Kennis

  1. Watter mediese toestand het in 1981 as GRID of 4 H bekend gestaan?
  2. Op watter wysie word Barney Is a Dinosaur gesing?
  3. Op watter dag vier die Amerikaners “Thanksgiving”?
  4. Wie het die gloeilamp uitgevind?
  5. Watter Suid-Afrikaanse gholfspeler het as die “Black Knight” bekend gestaan?