Die regering het Exxaro se Mooifontein myn in Mpumulanga laat sluit. Dit volg nadat Exxaro ‘n reuse vlei van 88 ha uitgemyn het. Exxaro moet nou die vlei rehabiliteer. Sipho Nkosi, hoofamptenaar van Exxaro, is ook die Kamer van Mynwese se president. Die rehabilitasie gaan tot R400 miljoen kos. Wonder hoe gaan dit op sy CV lyk?
Barbie se gat in die tronk is nie genoeg vir twee van haar slagoffers nie. Hulle eis elkeen R600 000 skadevergoeding. Die dames, vandag onderskeidelik 24 en 19, was in 2002 nog tieners gewees toe hulle in die gespuis geland het. Hulle moet vandag (8 jaar later) nog steeds “mediese en verwante” behandeling kry. Visser se pa het die eise as belaglik afgemaak. Wat die meisies deurgemaak het is onaanvaarbaar en kan nie geduld word nie. Ek wonder net of hulle erger af is as die kinders wat jare lank op ‘n gereelde basis gemolesteer en verkrag was. Hoe oorleef die slagoffers? Ag jammer, ek kyk deesdae nie meer Pateetlaan nie. Hulle verloor hulle varkies nadat hulle jare lank normaal was. (Ek sal gou ‘n Piering melk gaan drink).
‘n Graad 10 leerling van Hoërskool Vereeniging se pa het namens hom ‘n klag van aanranding teen ‘n medeskolier gemaak. Nadat hy verlede Maandag aangerand is, het sy pa ‘n beskermingsbevel gekry. Hy was egter weer aangerand en het onder andere harsingskudding en gesigbeserings opgedoen. Daar was glo op sy kop getrap ook. Die skool het die betrokke leerlinge ingeroep en aangepraat en die seun se pa is tevrede met hulle stappe. Ek neem regtig nie die pa en seun kwalik vir die aanrandingsklag nie. Die boelies het daarvoor gesoek. Ek wonder net wat sou gebeur het as die boetie die boelie bloedneus geslaan het – letterlik nou?
Nou het ek ook wragtig alles gehoor. Sigeunerin van Roemenië is in die wolke met haar nuwe kleinkind. Die feit dat haar dogter as ‘n 10 jarige gekraam het is van minder belang. Die ouma verstaan nie hoekom die mense geskok is nie. Die ouma, wat in haar 30’s is, het vertel dat die pa glo ‘n 13 jarige van Roemenië is. Dit is glo hulle gebruik om jonk te trou, al is dit teen die wet in Roemenië. Meisie kan daar op 16 met hulle ouers se toestemming en op 18 sonder toestemming trou. In Spanje is dit onwettig om met iemand jonger as 13 seks te hê. Is hulle ernstig? Net 13?
‘n Tweejarige wat alleen by haar huis in Slovo Park, Mthatha, was, was verkrag. Toe haar ma by die huis kom, was ‘n 14 of 15 jarige seun besig om haar te verkrag. Hy het daarna gevlug. Wat besiel iemand om ‘n tweejarige sonder toesig te los?
Die ANC moet aan die inligtingswet timmer sodat dit by die grondwet pas. Uiteindelik het daar iets by hulle ore uitgekom. Die parlementêre ad hoc-komitee gemoeid met die wetsontwerp het die wetskrywers gister beveel om die bepaling dat staatsinligting in “nasionale belang” geklassifiseer kan word, uit die wet te haal. Hulle moet ook kyk na kommersiële inligting en nasionale veiligheid beter omskryf. Fluitjieblasers moet glo ook beter met die wet beskerm word.
Ten slotte: Krieket Suid-Afrika win regshulp in oor Gibbs se boek. Ek wonder nou of die waarheid seermaak en of Gibbs nie ‘n goeie boek met feite bederf het nie.
Verjaarsdae: In 1970 is Genie, ‘n wilde kind wat vir omtrent 13 jaar op ‘n potjie vasgemaak is, in LA gevind. Barack Obama het in 2008 die eerste swart president van die VSA geword. Evelyn Johnson (Mamma Bird) is vandag 101. Jeff Probst; Sean Diddy Combs en Matthew McConaughey verjaar saam met haar.
Uiteindelik begin die wiel draai vir die myne wat nie hulle verpligtinge nakom nie. Ek hoop dieselfde bohaai word hieroor opgeskop as oor Pioneer se boetes.
Hoe de 4k kan ‘n ma ha 2 jarige al1 byri huis los! 😯 Nee sies man! Ek hoop hulle sluit ha toe en bliksem die sleutel weg!
Die groter kwessie is nie die ma wat die kind alleen tuis los nie – wat se 4ken dier verkrag ‘n twee jarige ??? barbare 😡
JWW
Nou praat jy wragtig nie nonsens nie.