Ek bring vir jou blomme

3 11 2010

Vandat ons die eerste keer ons voete in die kleuterskool sit, word ons opgelei dat mammas (en juffrouens) van blomme hou.  Dit is mos ook maklik.  As jy verby ‘n blommetjie loop wat jou bekoor, pluk jy hom om vir jou ma te gaan gee.  Dit maak nie saak of jy dit nou ‘n stingel van 2 cm of 20 cm los nie, dit moet hulle mos plesier gee.

Later – nadat jy ‘n paar skoublomme in jou onkunde verwoes het – leer jy darem ook dat jy maar ‘n blom kan los as hy jou bekoor.  Jy leer om later net blomme vir spesiale geleendhede te pluk.  Later kry jy ‘n kredietkaart en kom op die punt wat die prys van die bos blomme jou bedoelinge moet oordra.  Daardie kleuter onskuld van mooi blomme pluk om iemand se hart bly te maak is seker vir altyd verlore.

Seker nie in alle gevalle nie.  Almal weet seker dat ‘n enkele gesteelde roos heelwat meer waarde het as ‘n ‘n 100 langsteel rose, al kos ‘n 100 lang steel rose amper net soveel soos ‘n naweek weg – jou petrol ingesluit.  Die gesteelde roos was impulsief, iets wat geld nie kan koop nie.  Nou nie juis dat ek romanse kan spel nie.

Ek onthou hoe het ons angeliere gekry op hoërskool toe die perfekte aangewys was.  Op varsity het ons dafodille gekry toe ons tot die huisraad verkies is.  Die beste van alles is dat ek weet ons het ook blomme gekry toe ons uitgetree het, maar vet weet wat.  Gewoonlik wanneer ‘n ou jou na ‘n dinee vergesel het, was jy ook verseker van blomme.  Ons kry soms blomme by die baas as ons verder gegaan het met iets as wat nodig was.

Ek het ‘n vriendin wat haar siel sal verkoop vir sonneblomme.  Dit is dus seker geen verrassing dat haar huis vol sonneblomme is nie.  My kamermaat op varsity het elke blom wat sy van iemand gekry het gedroog om eendag op haar begrafnis te gebruik.  Sy het toe al kaste vol gedroogde blomme gehad.

Vandag wil ek by julle weet wat is julle gunsteling blomme?  Waarvoor deel jy graag blomme uit?  Hou jy ooit van blomme?  Hoe voel mans oor blomme, iemand dapper genoeg om te erken dat hulle van blomme hou?

Breinvasbrand:  As wat is ‘n Dianthus caryophyllus beter bekend?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Corrie van Zyl.


Aksies

Information

30 responses

3 11 2010
Charms

My skoonsussie se meisiekind pluk elke keer vir my ‘n blommetjie as sy kom kuier – veral lavender 🙂 Ek is absoluut mal oor blomme in elke pot in die huis. Ongelukkig is dit in die somer so warm hier dat die blomme sommer so vinnig hulle koppies laat sak 😦 My gunsteling is rose – veral geel rose en St Joseph’s. Daar is niks meer vrolik as ‘n woeste bos blomme in ‘n pot nie (net niks wat gerangskik is van hoog tot laag in ‘n oase nie – dit lyk net so begrafnis).

4 11 2010
Xena Phoenix

Charms

Interessant dat jy dit noem. Wat beskou jy as begrafnisblomme?

4 11 2010
Charms

Enige blomme (veral angeliere) wat in ‘n vlak bakkie of mandjie met oase ingedruk word. Dit laat my dink aan daai plastiek “blommekranse” wat jy gewoonlik in begrafplase gesien het.

4 11 2010
Xena Phoenix

Jy het beslis ‘n punt beet.

3 11 2010
Olga

tweede. Angelier!

4 11 2010
Xena Phoenix

😉 In angeliere jou gunsteling blom?

4 11 2010
Olga

wha ha ha ha. Ou snaaksie. My gunsteling blom botterblomme, vrolike goudgeel botterblomme.

3 11 2010
seegogga

blomme wat blom as ek hulle plant. Ek sukkel so daarmee. Maar is in die tuin is daar ‘n geel daisybos( of ten minste dit lyk soos daisies, maar het blykbaar ‘n ander naam) en vandat hy geplant is so 4 jaar gelede, was hy nog nooit sonder blommetjies nie. 10 uit 10 vir hom!

4 11 2010
Xena Phoenix

Scorpio

Wat gebeur as iemand blomme van jou enigste blomplant gaps?

4 11 2010
Olga

dalk magrietjies?

4 11 2010
demoerin

Blomme moet uitgedeel word op ingewing van oomblik besluite…anders raak dit net afgesaag en is dit nie meer spesiaal nie.
Ek hou van tuinmaak – so ek hou regtig baie van blomme in die tuin. Rose, lavender, gazania, bouganvillia ens ens

4 11 2010
Xena Phoenix

Ekhet altyd hieroor gewonder. Wat sal jy as man doen as iemand vir jou blomme gee?

Tuinmaak is okay, as daar nie grond onder my naels in kom nie.

4 11 2010
demoerin

Ons baas het al vir ons blomme gebring. Was bietjie weird, maar ja die Grieke doen nou nie juis enigiets op die gewone manier nie.

4 11 2010
Sonlig

Jy’t ‘n nice baas!

Ek is ook lief vir blomme. My gunsteling is die Stargazer lelie. Dit was in my trouruiker en my man koop steeds elke jaar vir my ‘n bos hiervan op ons herdenking.

Natuurlik is die heel spesiaalste blomme dié wat ek van my man, kinders en ma kry wanneer sy kom kuier. Maar ek het ‘n vriendin wat al ‘n paar keer hier by die werk met ‘n bos blomme opgedaag het wanneer sy “aangevoel” het dat ek dit nodig het. Sy was nog nooit verkeerd nie en ek bars gewoonlik sommer in trane uit met haar instapslag. Dis ook spesiaal. So ek probeer soms dieselfde vir ander vriendinne doen.

Interessant….ek het onlangs eers uitgevind hoekom daar nou juis blomme op ‘n kis gesit word wanneer ons iemand begrawe. Weet julle hoekom?

4 11 2010
Twilight

Ek vermoed ek weet dalk, maar sê jy maar eerder…

4 11 2010
Xena Phoenix

Hy het seker sy oomblikke. 😉

Ek hou daarvan om blomme uit te deel. Self kry ek hooikoors van blomme.

Jy het my nou doodnuuskierig oor die begrafnis blomme. Ek het al hewige argument gehoor dat dit eerder grond moet wees. Vertel, asb.

4 11 2010
Sonlig

In vroeër tye toe die Christene vervolg is, het hulle van simboliek gebruik gemaak om in die geheim met mekaar te kommunikeer – tekens wat net hulle sou herken onder die neuse van hulle vervolgers.

Die neersit van blomme op ‘n kis (en ek vermoed op ‘n graf ook) was bevestiging dat die agtergeblewenes geglo het dat hulle geliefde nou saam met Jesus in die Paradys was.

Dit laat mens nogal ander kyk na begrafnisblomme. nie waar nie?

4 11 2010
Xena Phoenix

Dit is interessant. Ek wonder of ateiste wat dit weet sal toelaat dat daar blomme op hulle graf gesit word?

4 11 2010
JWW

Ek hoor, na aanleiding van Gibbs se nuwe boek, gaan hulle die krieketspan se naam van Proteas verander na die Orgi-diëe 😆

Water soort blomme kan mens eet? Ek hou van daai soort dan. 😛

4 11 2010
Xena Phoenix

Blomkool? 😉

Jy kan baie blomme eet – ek dink nou byvoorbeeld aan kappertjies en selfs rose.

4 11 2010
Sonlig

Ek het al rooskonfyt geëet. Dis heerlik! Die bloedrooi rose maak die beste konfyt omdat die geur die sterkste is.

4 11 2010
demoerin

En gesiggies.

4 11 2010
Twilight

Ek hou van blomme gee – sommer uit my tuin as daar is. DIt maak tog mense se harte bly.

4 11 2010
Twilight

O ja, my gunstelinge is varkore en die meeste ander lelies. Maar ‘n deurmekaar bos bont blomme, is darem mooi.

4 11 2010
Xena Phoenix

Twilight

Vir wat gaan kruip jy in die modderpoel weg?

Ek hou van botterblomme en kosmos. En – vervelig soos dit is – rose. Veral as dit in ‘n interessante kleur is.

4 11 2010
Girl van die Suburbs

Ek kan nie dink daar is mense wat nie van blomme hou nie?

My baas het vir my verjaarsdag vir my ‘n orgidee gegee. ‘n Butterfly orgidee… Dis so sag en vroulik. Dit blom nog al die pad!

Ek kan regtig nie ‘n gunsteling kies nie en wonder altyd as ek blomme vir my troue moet kies eendag… wat sal dit wees?

4 11 2010
Xena Phoenix

Kies jou blomme volgens jou kleur skema? Of betaal iemand om namens jou te kies.

4 11 2010
toortsie

ek is ‘n swak tuinier. maar die inka-lelies, en soms die rose floreer hier. So, as die inkas blom deel ek graag uit. Ek neem sommer so 5 bosse saam met my en dan gee ek vir hulle wat oor my pad kom, wie ek dink dit sal geniet. Veral by die ouetehuis…. die vreugde op daardie ou mense se gesiggies, gee ‘n wip in jou stap soos wat jy nie kan dink nie

4 11 2010
Xena Phoenix

😉 Ek weet darem hoe Inka Lelies lyk. Wel, ek dink ek weet.

3 03 2011
Marie

Ek wil ook weet hoe lyk begrafnis blomme nou eintlik. Verskil hulle dan van ander. Ek hou van “bottle brush” bome maar verniet of ek dit aan die gang kan kry. Alles gebeur met hom ek het al 5 probeer aan die gang kry. Die laaste een was net ‘n meter hoog toe my groot vet kat wou inklim en hom toe stomp op die grond afbreek. Nou gee ek moed op.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: