Koerantbrokkies

18 11 2010

Oor die kinders van Jules Hoërskool:  ek het baie daaroor te sê.  My mening dan later.

Ek verklaar hiermee plegtig dat ek niks te doen gehad het met die man wat op die muur tussen die tierkampe gaan sit het nie.  ‘n Man in sy 20 het gedink dit is ‘n goeie plan om oor ’n heining om twee tierkampe geklim en op ’n muur tussen die kampe gaan sit het.  Die tiere was eers vermaak deur hom, maar toe hy nie sy ry kry nie, het hulle honger geraak.  Die dieretuinpersoneel moes hulle na hulle nagkampe toe lok en een van die tiere moes met ‘n pylgeweer verdoof word.  Toe het die man nog geweier om af te klim.  Eers toe ‘n wag ook oor die heining geklim het, het hy plan gemaak.  Ek hoop hy (hulle) het darem die geleentheid gebruik om ‘n bietjie rommel in die kamp op te tel.

‘n Siamese tweeling is Maandag in die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal gebore.  Hulle ma is net 15 jaar oud.  Die babas is aan die bors en maag aan mekaar verbind.  Een uit 2,5 miljoen geboortes lewer Siamese tweelinge op en die meeste van die kinders sterf binne 24 uur.

Adam Habib, viserektor van die Universiteit van Johannesburg (UJ), reken regstellende aksie is die rede vir swak dienslewering in die land.  Ek haal aan:  “Die probleem is dat swart mense in kernposte geplaas word omdat hulle kamerade is, ongeag of hulle vir die poste kwalifiseer.”  Die staatsdiens is dalk swarter, maar:  “Dit het wel die kleur van openbare dienste verander, maar ’n krisis veroorsaak deurdat vaardighede en mentorskap nie oorgedra word nie.”

Verjaarsdae:  In 1307 het William Tell die appel van sy seun se kop afgeskiet.  In 1926 het Bernard Shaw geweier om sy Nobel Prys te aanvaar met:  “I can forgive Alfred Nobel for inventing dynamite, but only a fiend in human form could have invented the Nobel Prize.”  In 1963 is die eerste drukknoppie telefoon in gebruik geneem.  En in 1993 het 21 partye in SA die nuwe grondwet goedgekeur.  Owen Wilson.





Koerantbrokkies

17 11 2010

Pieter Blomerus (Blom) van der Lith (65), sy vrou, Henna, en een van hulle werkers is dood op hulle plaas naby Vivo gekry.  Hulle kon moontlik al die naweek vermoor gewees het.  Hulle lyke is ontdek toe iemand lusern op die plaas wou gaan koop het.  Lede van TLU SA-noordstreek was teen vroegaand steeds op die plaas om die polisie te help soek na leidrade.  Die polisie weet nog nie of iets gesteel is nie.

Metielheksaneamien kan vrylik in die voorwinkels van apteke gekoop word.  Dit kos tussen R390 en R550 en word glo deur liggaamsbouers voor ‘n oefensessie gebruik.  Die verspreiders gooi nou wal en sê dat hulle professionele sportmanne waarsku dat dit die verbode metielheksaneamien bevat.  Metielheksaneamien is ’n bestanddeel in olie van die malvaplant. Chris Hattingh van die Instituut vir Dwelmvrye Sport:  “Baie van die aanvullings is van twyfelagtige herkoms. Dit gebeur soms dat aanvullings in dieselfde fabriek vervaardig word as verbode middels soos steroïede en groeihormone.”

Brett Garland (36) het die BMW wat in hulle vasgejaag het se nommerplaat saam met sy beseerde dogtertjie (6) se ambulans gelaai om seker te maak die BMW verdwyn nie net nie.  Die BMW het glo ‘n rooi lig verontagsaam en met die gesin in Hamilton straat in Pretoria gebots.  Die bestuurder het glo om verskoning gevra.  Danielle, die kind, bloeding op die brein en diep snye in haar gesig opgedoen en haar ma het haar heup beseer.

Die diesel engin aan een van die vloot se fregatte het gebreek en het toe boonop seewater ingekry.  Dit gaan glo R16 miljoen kos om te herstel.  Jislaaik, hoeveel kos ‘n hele boot dan?  Volgens Bernie Teuteberg, hoofdirekteur: maritieme strategie:  “Die enjin moet vervang word. Dit beteken ons sal die romp moet oopsny, die enjin uithaal, vervang en weer toemaak. Dit gaan ’n reuse-operasie wees, maar ons het die geld en het reeds ’n nuwe enjin bestel,” Ek sidder by voorbaat.  Die vloot gaan glo ook gebuk onder klein en onvoldoende begrotings en die deurlopende verlies aan kundigheid.  Dalk tyd om die vloot weer iets te maak om op trots te wees en die kundigheid bly dalk aan.

‘n Kyknet aanbieder wat met ‘n bekende sportman getroud is (ek het geen idee wie bied Kyknet aan nie, maar hoe moeilike som kan dit nou wees) se 12 jarige seun het ‘n klag van aanranding teen haar ingedien.  Sy mag nie identifiseer word nie om die seun se identiteit te beskerm.  Sy het glo verlede Donderdag hom 18:00 gedwing om op te hou speel op sy X-box.  Sy het hom in sy kamer glo gewurg en sy vingers omgebuig.  Die ma ontken dit en reken haar seun gaan deur ‘n moeilike stadium.

Ten slotte:  Prins William en Kate Middleton is verloof en sal volgende jaar afhak.  Die aankondiging is gister deur Clarence house gedoen.  Charles is glo in sy noppies en die Koningin is ook glo verheug.  Die paar het glo tydens ‘n vakansie in Kenia in Oktober verloof geraak.  William het met sy ma se verloofring verloof geraak (gaan Geskiedenis in die geval herhaal word?).  Hulle sal na die troue in Noord-Wallis bly waar William met sy take in die lugmag sal voortgaan.

Verjaarsdae:  David Livingston was in 1855 die eerste Europeër wat die Victoria Waterval gesien het (was hy die enigste blanke wat in die groep was?).  In 1970 het Douglas Engelbart die patent vir die eerste rekenaarmuis gekry.  Martin Scorsese; Danny deVito; Ryk Neethling; Rachel McAdams en dan natuurlik ook Son.  Hoop die kind van die Son het ‘n baie lekker geselskap.





Koerantbrokkies

16 11 2010

Bjorn Basson en Chiliboy Ralepelle is beide geskors nadat verbode middels in hulle bloed gekry is. Hulle is net na die toets teen lukraak gekies en het positief getoets vir metielheksaneamien.  Beide het behandeling vir griep gekry.  Daar is nou kommer dat die hele Springbokspan onwetend iets ingeneem het en alles word nou weer getoets.

Rowers het ‘n bediende gisteroggend oorval en die huis in Sinoville beroof. Hulle het by die voorhek ingekom om glo die muur te kom regmaak.  Die bediende het niks geweet en wou nou die saak met die werkgewers bevestig toe die mans vuurwapens uitgepluk het.  Hulle het die eienaars se drie jaar oue seun na die kamer geneem waar hy kon speel en die deur toe gemaak.  Sy 18 maande oue sussie het geslaap.  Hulle het die bediende vasgemaak en aangerand voordat hulle met ‘n televisie, ‘n Blou Bul- en Springbok-trui, tekkies en drank met ‘n Chana bakkie gevlug het.

Peter Eldridge (61) wou sy boot met seerowers en al gesink het toe hy en sy twee bemannings-lede is op 26 Oktober naby die Tanzaniese grens met Mosambiek deur seerowers gekaap is.  Hulle was 13 dae lank gevange gehou en van die seerowers was kinders so jonk as 12 (as ek gister die nuus regverstaan het).  Die seerowers het ‘n paar keer op hulle geskiet, maar niemand gewond nie.  Hulle het die gyselaars selfs as menslike skilde teen die EU se vloot gebruik.  Hy het aanvanklik geweier om die boot te verlaat toe hulle op 7 November laat gaan is.

Vandag is glo die dag wat koppe gaan rol by die munisipaliteit van Pretoria. Volgens Oupa Nkoane, waarnemende munisipale bestuurder:  “15 amptenare “teen wie daar duidelike bewyse is”, sal vandag en môre geskors word.”  Hulle is van die departamente van finansies, gemeenskapsveiligheid, maatskaplike ontwikkeling en ekonomiese ontwikkeling.

Die polisielede van Gauteng is nie baie ingenome daarmee dat hulle nie in die feestyd verlof gaan kry nie. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof het opdrag gegee dat geen verlof tussen 15 Desember en 15 Januarie goedgekeur mag word nie.  “Die mense is nie kwaad nie, hulle is bef**,” het ’n lid gesê.  Ek kan nogal verstaan ook.  Daar is blykbaar lede wat al vroeg vanjaar aansoek gedoen het, maar dit nou moet kanselleer, al het hulle reeds ‘n deposito vir die vakansie betaal.  Lede mag ook nie van April tot Julie verlof geneem het nie.

Hennie le Roux (53) het onskuldig gepleit op ‘n aanklag van moord op sy verloofde, Elphia Myburgh (49), die aand van 21 April 2009.  Volgens hom is dit nie sy foptoestel wat haar dood veroorsaak het nie, maar die rowers wat haar geskiet het.  Le Roux erken dat hy foptoestelle gehad het, maar dit is glo eerder ‘n afskrikmiddel as lewensgevaarlik.  Ek wonder of die man ooit iets weet van forensies?  Die polisie kan seker ook in SA vastel van waar ‘n skoot gevuur is?

Verjaarsdae:  Dr Albert Hofman maak LSD in 1938.  Maggie Gyllenhaal en Jannie du Plessis.





Koerantbrokkies

15 11 2010

Onderwys in Suid-Afrika is van die swakste in die wêreld.  Volgens Dawie Roodt is dit als te danke aan die regering se beheptheid met matriek uitslae en universiteit toelating.  Dit is ‘n bydraende faktor tot lae werkskepping.  Daar is blykbaar ‘n kritieke tekort aan sweisers, daar is plekke wat sweisers voet invoer.  Die regering probeer nie eers jong mense kry om as sweisers op gelei te word nie.  Roodt reken as daar meer op ambagte gekonsentreer word, sal daar minder mense onderwysers word net om iets te word.

3 van Mthokozi Mbili se 4 kinders het Saterdag in St. Michael’s on Sea verdrink. Mbili was besig met voorbereiding vir die ANC vir die munisipale verkiesing toe dit gebeur het.  Sy vrou het met hulle baba agter gebly toe sy neef die ander kinders (17, 7, 3)  vir die dag uitgeneem het.  Die trapbootjie wat hulle gehuur het, het glo omgeslaan.

Eduard Venter (23) het amper verdrink toe hy ‘n vriendin van verdrinking in die Vaalrivier wou red. Die drie studente was met ‘n boot uit toe Venter agter kom dat Chandre Lamprecht (23) nie meer daar is nie.  Hy het ‘n voet sien verdwyn in die water en agterna geduik.  Eric Rautenbach (23) het die boot intussen omgedraai.  Venter het Lamprecht na ‘n lang soektog gekry en sy is dadelik na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

3 Renosters is die naweek in Hartbeesfontein doodgeskiet. ‘n Verdere twee is ernstig gewond.  Een van die renosters was boonop ‘n stoetbul gewees.  Sy haksenings is af en sy oë is uitgesny.

Britse toeriste wat op hulle wittebrood was, is in Guguletu ‘n dag na hulle aankoms gekaap.  Die man is iewers langs die pad afgelaai, maar die vrou se lyk is later in die motor by Lingele- thu-Wes in Khayelitsha gevind.  Sy was in die nek gewond.  Die polisie het met wit lakens ’n halfmaan om die Volkswagen gevorm sodat omstanders nie die lyk kon sien toe dit in die forensiese voertuig gelaai is nie.

Verjaarsdae:  Petula Clark; Anni-Frid Lyngstad en Sean Murray.





Koerantbrokkies

12 11 2010

Kots waarskuwing:  Fikile Mbalula, nuwe minister van sport, wil wit rugby transformeer. Met Saterdag se wedstryd was daar 5 spelers van kleur op die veld gewees.  Mbalula wil met skole rugby begin omdat die kwotastelsel nie werk nie.  Hy wil glo sien dat wit skole teen townshipskole speel en ook LO terugbring skole toe.  Volgens Mbalula:  “Enige teenstander van transformasie is die vyand.”  Plaas vaardig hulle net ‘n wet uit dat wit mense nie aan SA sport mag deelneem nie en kry klaar.

Die man wat die Honda Civic bestuur het en die ongeluk met Baba Ruben veroorsaak het, het homself aan die polisie oorgegee.  Die 24 jarige man het nie eers ‘n bestuurslisensie nie.  Hy was glo geskok en het daarom van die toneel gevlug.  Hy het glo ‘n bus gevang en by ‘n vriend in die ooste van Pretoria gaan skuil.  Hy sal Maandag in die hof verskyn.

Dirk Prinsloo se appèl in Belo-Rusland is van die hand gewys. Daar is nog lande wat nie tyd het vir kaartmannetjies nie.  Hy sal sy vonnis van 13 jaar in  ’n strafkolonie in Belo-Rusland onder streng voorwaardes moet uitdien.  Die hof het ook gelas Prinsloo moet die koste van sy verhoor vergoed, ’n bedrag belasting aan die staat betaal en vergoeding van 5 miljoen roebel aan sy slagoffers betaal vir hul “morele en materiële skade” weens sy dade.

As iemand dalk omgee:  Koert en Dunay gaan nie voor hulle troue saam bly nie.  Hulle veroordeel glo nie mense wat dit wel doen nie, maar voel dat dit die regte ding is om te wag tot met die troue.

Verjaarsdae:  Prinses Grace; Benni McCarthy; Ryan Gosling en Anne Hathaway





Koerantbrokkies

11 11 2010

Nicole Lohmann (6) is deur haar tannie, Rene Pretorius, wat ‘n obsessie oor die kind gehad het, vermoor.  Nicole se ma wat Pretorius se suster en is sowat 4 jaar gelede dood.  Pretorius het daarna haarself om die lewe gebring.  Nicole se pa het eers geweier dat Nicole Saterdag saam met Pretorius gaan ná ’n geskiedenis van onmin tussen hulle en ’n obsessie wat Pretorius oor Nicole ontwikkel het.  Welsyn beamptes het hom aangeraai om die kind te laat gaan omdat sy en haar tannie ‘n band het.  Pretorius het vooraf haar diere uitgesit en R250 000 getrek.  Die geld is in koeverte by hulle lyke in ‘n hotel by Gold Reef City gevind.

Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, is ook maar lekker agter die klip.  Die saak wat sy aangehaal het oor blankes wat ligter strawwe kry, moet nog in die hof voorkom.  Die man is op R50oo borgtog uit – en hy het nie eers die werker aan die bakkie vasgemaak nie.  Dit skeel Sotyu maar min:  “Daar is talle, maar (ek) kan dit nie (nou) onthou nie. Dit kan nie betwis word nie: Dis ’n feit dat ons regstelsel nie getransformeer is nie.”  Sy soek ‘n swart regsbank en basta.

Markus Hofmeyr, hoof van veeartsenydienste van die Krugerwildtuin, het al gesien hoe word hy seekoeikos.  Hulle het ‘n verdowingsmiddel op seekoeie getoets die 13de Oktober.  Die seekoei was die 20ste een wat getoets het en daar was nooit voorheen probleme nie.  Dit is besonders moeilik om seekoeie te verdoof, want hulle hardloop by die water in en verdrink dan.  Die seekoei het dan ook in die vlak water sy bewussyn verloor.  Terwyl hulle aan hom gewerk het, het sy kop in die water gesak en het die seekoei vermoedelik water in sy neus gekry.  Dit het hom weer bygebring en toe breek die hel los.  Die seekoei moes op die einde geskiet word.  Die veeartse sal in die gevolg ook die diere se bekke toebind voor hulle aan hulle werk.

Verjaarsdae:  Rhodesia het in 1965 hulle onafhanklikheid aan Engeland verklaar.  Angola het in 1975 onafhanklik geword.  Magda Goebels; Demi Moore; Calista Flockhart en Leonardo DiCaprio.





Koerantbrokkies

10 11 2010

Maggie Sotyu, nuwe adjunkminister van polisie, reken dat Suid-Afrika se regstelsels is rassisties en moet drasties getransformeer word.  Volgens haar het ‘n blanke boer wat ‘n man agter sy bakkie aangesleep het met R10 000 beboet en ‘n swart man wat ‘n blanke vermoor kry lewenslange tronk straf.  “Dis hoog tyd dat ons howe besef dit is nou die nuwe Suid-Afrika.” – wat dit ook al beteken.

Tommy Fourie (51) van Musina het gisteraand net na 7 homself geskiet.  Fourie was glo betrokke by die onwettige verkoop van renosterhoring.  Hy was in September in die hof oor die verkopery, maar is op R5000 se borgtog vry gelaat.  Hy het ‘n vriend gebel en gesê dat hy gaan selfmoordpleeg en het homself daarna met ‘n jaggeweer geskiet.

Zulqarnain Haider het glo vir sy lewe gevlug – die dat hy soos ‘n groot speld verdwyn het voor die laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan.  Hy het glo geweier om die uitslag van die laaste twee wedstryde te knoei.  Die paaltjie wagter was met die 4de wedstryd deur ‘n onbekende man benader en vertel om saam te speel of ernstige probleme te verwag.  Hy is van Doebai na London toe waar hy vir sy eie en sy gesin se veiligheid pleit.  Hy het ook sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig en wou hom nie uitlaat of ander spanlede ook betrokke is nie.

Gwen Ramokgopa word in opdrag van Zuma ondersoek om te sien of sy verantwoordelik gehou kan word vir die wanbestuur van Pretoria.  Daar is glo hardnekkige ongerymdhede en sy gan vanaf Januarie 2007 ondersoek word.  Mens sal nou dink dat so ‘n ondersoek moet gebeur voordat jy met ‘n ministerspos beloon word.  Daar was glo grootskaalse gekonkel met tenders.

Stephanie Bigbee Fleming (22) van Florida is aangekla omdat sy haar 8 weke oue seun verkoop het. Haar ma het alles gereël en die transaksie sou aanvanklik $75 000 beloop het, maar het dit na $30 000 verlaag toe die voornemende koper nie ‘n lening kon kry nie.  Flemming sou $9000 ontvang het en daarmee ‘n kar gekoop het.  Ek wonder nogal wat van res van die geld geword het.  Haar ma, Patty Bigbee (45) en dié se kêrel, Lawrence Works (42) is verlede week in hegtenis geneem.

Die grootte ANCYL het weer gepraat en die keer moet Paul Kruger van kerkplein af skoert vir Chris Hani. Plaas gaan leer hulle eerste om hulle neuse skoon te hou.  “oom Paul Kruger en sy generaals” moet verwyder word “omdat hulle ’n apartheidserfenis verteenwoordig en ’n bedreiging vir ons gemeenskap en toekoms inhou”.  Koste is glo ‘n bysaak, want“Die koste kan nie vergelyk word met die skending van menseregte wat ons mense gedurende die apartheidsera ervaar het nie.”  Kan iemand hulle tog net inlig dat Oom Paul daar was jare voor apartheid?  Hani kan elders ‘n toilet vir die duiwe word.

Verjaarsdae:  Tim Rice; Brittany Murphy en Eve.





Koerantbrokkies

9 11 2010

438 babas is die afgelope 8 maande weggegooi. Die ergste is dat die 800 maar net die oortjies van die seekoei volgens Michelle Meiring, uitvoerende hoof van die organisasie Big Shoes.  Vir elke een wat die koerante haal is daar sowat 50 wat stil-stil verdwyn.  Patricia de Lille het genoem dat die weggooi van babas die afgelope 2 maande skerp toegeneem het.  Sy beroep at daar na die geestesgesondheid van swanger ma’s omgesien word tydens voorgeboortedienste. Ek sê as jy nie bereid is om groot te maak nie, moet jy nie tango nie.

Kitty Nel (93) van Petrusburg het ure lank op ‘n matras in die gang van die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gelê. Daar was glo nie ‘n dokter beskikbaar vir die tannie van Petrusburg nie.  Sy het vroeër vanjaar twee beroertes gehad en is in ’n erg verswakte toestand.  Sy was net na 10 hospitaal toe gebring en was teen 16:00 nog nie gehelp nie.  Langs haar het daar ‘n pasient in ‘n plas bloed ook vir ure lank gelê.  Sarel Germishuizen was ook 10:00 by die hospitaal en ‘n dokter het hom glo uit sy rolstoel gegooi vir ‘n ander pasient.  Germishuizen het ‘n ernstige heup- en rugbesering en kan nie loop nie.  Twee lyke was glo om 4 uur verwyder van ongevalle.  ‘n Man wat saam met sy vrou gewag het, het Volksblad laat roep om te kom kyk.  Ek sê eerder maar niks.

Ruben Fourie (4 maande) is uit sy pa se kar geslinger toe daar tydens ‘n onwettige straatren teen die motor gebots is. Ruben het in die middel van die pad te lande gekom waar ‘n toeskouer gehardloop het om hom voor ‘n aankomende motor op te raap.  Hy word vir skedelkrake en bloeding op die brein in die hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion behandel.  Van die ander lede van die gesin moes ook behandeling kry.  Die mense van die ander motor het gevlug.  Ek moet dit seker nie sê nie, maar Ruben se pa is ‘n metropolisie lid.  Hoekom was Ruben nie vasgegord nie?

Die presidensie stel ondersoek in na die beweerde kaping van die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) deur die ANCYL.  Die meeste kernposte in die NYDA, wat sowat R1 miljard van die staat ontvang, word nou beset deur jeugligalede wat reuse-salarisse ontvang.

Solidariteit, AfriForum en lede van die Johannesburgse Kamer van Handel en Nywerheid (JCCI) wil die AARTO wetgewing in die Grondwet Hof keer.  Hulle is onder meer gekant daarteen dat die eienaar en die bestuurder van ‘n motor punte kan verloor vir oortredings.  Almal begin glo met 12 punte.  76% van Suid-Afrikaners oortree elke dag die verkeerswet.  Een van die dae ry ons almal fiets en is daar beslis nie meer motors op die pad nie.

Verjaarsdae:  In 1888 maak Jack the Ripper Mary Jane Kelly, sy laaste slagoffer dood.  Dit is om van te kots:  in 1907 kry Koning Edward VII die Cullinan Diamant vir sy verjaarsdag.  In 1921 kry Albert Einstein die Nobelprys vir Fisika.  In 1967 is die eerste Rolling Stone gepubliseer.  Chris Jericho en Eric Dane.





Koerantbrokkies

8 11 2010

Volgens Mara Louw is Idols rassisties.  L’loyd Cele moes volgens haar gewen het, omdat hy beter sing as Elvis Blue, kan dans en hy is glo mooi.  Volgens haar het Cele nie gewen nie omdat blankes vir blankes stem en dat daar nooit ‘n swart wenner gaan wees tensy MNET Idols aan SABC verkoop waar daar meer swart kykers is.  Louw is al 40 jaar in die musiek bedryf en reken dat die land se blankes haar nog steeds nie ken nie.  Randall Abrahams verskil van haar:  “M-Net het baie swart kykers bygekry. Hoe weet jy dat swartes nie vir Elvis gestem het nie? Mense stem lankal nie net vir jou sangtalent nie, hulle stem vir die hele pakket. En dis in elk geval die wittes wat die albums koop.”  Wat dink julle?

Louwrens Gebhardt (18), kaptein van die skool se eerste rugbyspan, is dood toe hy ‘n geveg wou keer.  Twee seuns het die vorige dag met mekaar handgemeen.  ‘n Volwasse man met ‘n noue verbande met een van die seuns was die Donderdag met ‘n bofbalkolf terug om die ander seun reg te sien.  Gebhardt was teen die kop getref toe hy die geveg wou keer.  Hy is by sy positiewe dokter toe en is dadelik hospitaal toe gepos.  Oppad het hy in ‘n koma weggesak.  By die hospitaal is daar ontdek dat hy erge bloeding op die brein het en hy is die Saterdag dood.  Sy familie en die skool ontken enige rassespanning by die skool.

Andries van den Berg (82) se ontbindende lyk is in sy slaapkamer deur sy 50 jarige seun gekry. Hy was die eienaar van Knoppieshoogte in Rikasrus buite Randfontein.  Daar was twee bofbalkolwe en ’n knopkierie langs sy lyk.  Die een kant van sy gesig was bergruis en sy oor was afgeskeur.  Hy het met sy hande in die biddende posisie op sy rug in die bed gelê.  Inbrekers het Van der Berg in sy slaap oorval.  Die familie vermoed hy is verlede Sondagaand al vermoor omdat duisende rande sedertdien met sy gesteelde bankkaarte by veral luukse winkels aan die Vaal-Rand bestee is.

‘n Suid-Afrikaanse vrou in Botswana is in die maag gewond toe jagters haar as ‘n hiena aangesien het.  Gretha van der Merwe het saam met haar man en honde gedraf toe die ongeluk gebeur het.  Sy is eers in Nyangab gwe Referral Hospital in Francis town in Botswana behander, maar is later na Suid-Afrika gevlieg.  Die familie vermoed op die oomblik nie misdaad nie.

Verjaarsdae:  Die Louvre het in 1793 vir die publiek geopen.  Wilhelm Röntgen ontdek x-strale.  Edmond Halley; Penny Heynes en Tara Reid.  Jayde het gister verjaar en Vee vervel vandag.





Koerantbrokkies

5 11 2010

Johan (54) en Anne lise Greyvenstein se lyke is by hulle bakkie op ‘n verlate pad gekry.  Die egpaar van Mesina se inkopies was nog agter op die bakkie toe hulle lyke gekry is.  Hulle buurman het gister die polisie gekontak nadat hy sedert Dinsdag niks van hulle gehoor het nie.  Hulle was nog in dieselfde klere wat hulle Dinsdag dorp toe gedra het.  ’n Zimbabwiër wat by hulle op die hoewe gewerk het, is sedert die moorde soek.

3 Seuns van tussen 14 en 15 is aangekeer nadat hulle ‘n beton blok van ‘n brug op ‘n motor gegooi het. ‘n Vrou is in die bruggooiery dood.

Gautengse lykshuise kry al hoemeer babas wat in vullisblikke en ashope gelos is.  Dit is nog onseker hoekom.  Die Mediese Navorsings Raad en Unisa het die onnatuurlike dood syfers ontleed.  Geweld was die hoofoorsaak (32,4%), gevolg deur padongelukke (28,7%) en selfmoord (11,3%)

Verjaardae:  Guy Fawkes het sy ontstaan in 1605 gekry.  Ike Turner; Art Garfunkel; Bryan Adams; Tatum O’Neil; Sam Rockwell en Kevin Jonas.