Karkoop

28 11 2010

Perdkoop is een ding, maar Boetie, dit is niks teenoor kar koop nie.  Veral as jy in die gebruikte motormark rondkrap.  Met ‘n nuwe motor is jou grootste bekommernis basies of jy die paaiement en versekering kan bekostig.  Daar is so effense gemoedrus in die naam van ‘n 100 000 km / 3 jaar waarborg.  Verder is jy verseker daarvan dat niemand die kar voor jou deur hulle asse getrek het nie. 

Gebruikte motor koop is nie vir diegene wat swak van hart is nie.  Daar moet tog ‘n rede wees hoekom gebruikte motor verkoopspersone voor die voet as skelm beskou word.  Niks is seker wanneer jy ‘n kar kies nie.  Die kilometers wat so goed lyk was moontlik in ‘n werkswinkel aangepas.  Dieselfde kon seker met ‘n vol diensrekord gebeur het. 

Dit is net die admin.  Jy kan nie verwag dat hulle jou sal vertel wat alles met die kar fout is nie.  Jy beter sorg dat jy alles op jou eie kan uitpluis of jy gaan met die kat in die sak sit.  Jy moet bid dat jy ‘n kar kry wat wens begeerte verkoop is.  Nie die een wat begin probleme gee het waarvan daar vinnig ontslae geraak moes word nie. 

Ek het toevallig vandag die advertensie gesien:

Siende dat die bank ‘n lisensie soek voordat hulle jou ‘n lening gee, wonder ek hieroor.  Wie gaan die finansiering doen?  Ek sien hemelhoë rente en mans wat jou bofbalkolwe besoek as jy 5 minute laat is met jou betaling. 

Vandag wil by julle weet hoe was julle al ingeloop?  Van watter inloop stories het julle al gehoor?  Het julle al ‘n eerlike verkoopspersoon met die hand gegroet?  Enige raad van hoe om nie jou kop te stamp nie?

Breinvasbrand:  Wie het die eerste Mini ontwerp?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Clifton Hangbrug in Bristol.


Aksies

Information

11 responses

28 11 2010
Girl van die Suburbs

Oe wee… Dit was seker ‘n laaaaaannnggg dag!

Beste raad wat ek kan gee:
1. Kyk aan die skaniere van die motor of hulle al vervang is (jy sal dien daar is blertse verf aan die skroewe) indien dit vervang is of oor gesprei is was die motor in ‘n ongeluk. RUN!!!
2. Vir die kleiner detail soos wat is in ‘n werkende toestand en wat gaan binnekort inkonk… Kry die AA om die voertuig na te gaan.
3. Moet nooit ooit ‘n tweede handse motor koop wat ‘n turbo het nie…. Dis juis die rede hoekom hy dalk op die vloer staan.

28 11 2010
Girl van die Suburbs

O en die HEEL beste raad ooit… Bly weg van Renault! Sommer net uit beginsel uit!!!!

29 11 2010
Olga

alec issigonis

29 11 2010
JWW

Ek het al al my karre tweedehands, of seker 3de en 4de hands ook gekoop – mens moet maar net AANVAAR die smous is skelm, en die kar mooi goed deurkyk, gelukkig is ek darm redelik “clued up” met die tipe goete en het vriende wat mechanics is so hulle gaan altyd saam. Weet jy seker AL die smouse wat ek al by was waar ek in ‘n kar belangstel en bv die Aircon nie werk nie tune my ALTYD hy skort net gas – nou ek weet vir ‘n feit dis BS – as hy gas kort is daar 100 teen 1 ‘n lek iewers in een van die seels – en GLO my om ‘n AC te laat regas en seels regmaak kos leterlik duisende rande – ek meen is daar iewers ‘n skool waar smouse heen gaan om kak stories te leer ? 😡

BTW ek het vir my ‘n kombi gekoop – seker omtrent 10de hands maar ek gaan hom mooi mooi opfix en ‘n camper van maak van hom 😛

29 11 2010
toortsie

al wat ek weet, moenie vrou-alleen gaan nie… want hulle dink mos vrouens weet nie van sulke dinge nie 😦

29 11 2010
toortsie

bad…. bad sheep 😦

29 11 2010
Xena Phoenix

More Almal

29 11 2010
demoerin

Ek is seker dit moet illegal wees om die kar sonder ‘n bestuurs-lisensie te verkoop. Kannie reg wees nie.
Ek dink mens moet maar aandring op ‘n AA-report vir die kar, of dalk bietjie meer betaal en maar by die nuwe handelaars se gebruikte afdelings koop (ten minste bietjie veiliger ek dink)

29 11 2010
Selene Phoenix

Bonjour julle!!

Ek haat dit om kar te koop… nagmerrie gewees, en dit met ‘n nuwe motor! 😦 Ek vertrou geen kar verkoopsman nie… tweede hands of nuut! En ja om ‘n vrou te wees help ook nie! Dink mos jy weet niks nie!

29 11 2010
Olga

Alle verkoopsmense is skelm. Toe ons in 2008 wou kar koop, was ons vertel dat ‘n nuwe kar se prys vasgestel is. Niemand kan daarop afslag kry nie. Dit was Ford se laaste woord. Tien minute later het ‘n verkoopsmens van Mazda gebel en ons ‘n nuwe Ford aangebied vir R21 000 minder. Nou hoe werk dit????????

2 12 2010
ekisanna

My raad? Koop liewers bietjie kleiner en minder luuks, maar koop nuut. Vroeer jare het ons ook ‘n paar keer tweedehands gekoop en elke keer ons koppe hard gestamp. Toe het ons besluit om maar by nuut te bly, al is dit net ‘n Nissan 1600 bakkie! :mrgreen: O ja! Amper vergeet ek. Hoe langer ek met hom ry hoe meer raak ek verlief op hom!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: