Maggie Sotyu, nuwe adjunkminister van polisie, reken dat Suid-Afrika se regstelsels is rassisties en moet drasties getransformeer word. Volgens haar het ‘n blanke boer wat ‘n man agter sy bakkie aangesleep het met R10 000 beboet en ‘n swart man wat ‘n blanke vermoor kry lewenslange tronk straf. “Dis hoog tyd dat ons howe besef dit is nou die nuwe Suid-Afrika.” – wat dit ook al beteken.
Tommy Fourie (51) van Musina het gisteraand net na 7 homself geskiet. Fourie was glo betrokke by die onwettige verkoop van renosterhoring. Hy was in September in die hof oor die verkopery, maar is op R5000 se borgtog vry gelaat. Hy het ‘n vriend gebel en gesê dat hy gaan selfmoordpleeg en het homself daarna met ‘n jaggeweer geskiet.
Zulqarnain Haider het glo vir sy lewe gevlug – die dat hy soos ‘n groot speld verdwyn het voor die laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan. Hy het glo geweier om die uitslag van die laaste twee wedstryde te knoei. Die paaltjie wagter was met die 4de wedstryd deur ‘n onbekende man benader en vertel om saam te speel of ernstige probleme te verwag. Hy is van Doebai na London toe waar hy vir sy eie en sy gesin se veiligheid pleit. Hy het ook sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig en wou hom nie uitlaat of ander spanlede ook betrokke is nie.
Gwen Ramokgopa word in opdrag van Zuma ondersoek om te sien of sy verantwoordelik gehou kan word vir die wanbestuur van Pretoria. Daar is glo hardnekkige ongerymdhede en sy gan vanaf Januarie 2007 ondersoek word. Mens sal nou dink dat so ‘n ondersoek moet gebeur voordat jy met ‘n ministerspos beloon word. Daar was glo grootskaalse gekonkel met tenders.
Stephanie Bigbee Fleming (22) van Florida is aangekla omdat sy haar 8 weke oue seun verkoop het. Haar ma het alles gereël en die transaksie sou aanvanklik $75 000 beloop het, maar het dit na $30 000 verlaag toe die voornemende koper nie ‘n lening kon kry nie. Flemming sou $9000 ontvang het en daarmee ‘n kar gekoop het. Ek wonder nogal wat van res van die geld geword het. Haar ma, Patty Bigbee (45) en dié se kêrel, Lawrence Works (42) is verlede week in hegtenis geneem.
Die grootte ANCYL het weer gepraat en die keer moet Paul Kruger van kerkplein af skoert vir Chris Hani. Plaas gaan leer hulle eerste om hulle neuse skoon te hou. “oom Paul Kruger en sy generaals” moet verwyder word “omdat hulle ’n apartheidserfenis verteenwoordig en ’n bedreiging vir ons gemeenskap en toekoms inhou”. Koste is glo ‘n bysaak, want“Die koste kan nie vergelyk word met die skending van menseregte wat ons mense gedurende die apartheidsera ervaar het nie.” Kan iemand hulle tog net inlig dat Oom Paul daar was jare voor apartheid? Hani kan elders ‘n toilet vir die duiwe word.
Verjaarsdae: Tim Rice; Brittany Murphy en Eve.
kan die anc regtig n adjunk minister soos maggie sotyu bekostig? Wat van die moordenaar van awb leier wat op borgtog uit was terwyl hy as n vlug risiko gesien was? Wat van ons geeerde president homself? Nie de klerk, botha vorster en of kie sou met so n baan rekord NABY die parlement geduld gewees het ni, maggie, so gryp gou n tissue.
As die moord van n fetus wat n ongebore baba is wettig is, hoekom kan hy dan nie verkoop word aan iemand wie hom met liefde, respek en veiligheid gaan groot maak nie. Dit sou tog sekerlik nie vir sy organe gewees het nie.
Dan weer, weefsel handel en mensehandel? Steriliseer vir stephanie en sluit haar toe. Of gee haar vir maggie bokooi. Sy gaan van stefanie en weggooiende mamma’s n voorbeeld maak. Whoop whoop!! Maggie! Die indiwiduele geregsdienaar kan aanspreeklik gehou word vir verkeerdelike arrestasie. Maar n adjunk minister gaan n ster kry op hollywood se walk of shame.
Ancyl, gee vir hani, vir madiba, vir biko en sjaka n standbeeld, n mausoleum n ster in soweto, in mamelodi, in khayelitsha of thembisa. Hulle was eerste daar. Dit sal dalk dinge makliker maak vir die mense wie julle daar agtergelaat het.
vlug? Is jy ernstig? Op wie se rue was die gebou?
Die landjie is nou vinniger as ooit besig om agteruit te gaan met die rasistiese swart nasie wat ons blankes so haat, en dit word orals aangevuur in die media…. dis tyd, om the veg of vlug . . . . 😡
JWW se “aangevuur in die media” laat my nou dink. Net gister lees ek ‘n brief (ek dink dit was op Beeld se website) waar ‘n vrou en haar 85 jarige moeder gekaap is. Die vrou het tot in die middel van ‘n “intersection” gehardloop en om hulp geroep. ‘n Taxi vol huishulpe het gestop en hulle het die skakers begin skel en met klippe bestook. Die skakers het die aftog geblaas, maar hulle het die skurke agterna gesit. Twee mans van die buurtwag het begekom en ‘n polisie voertuig het ook gestop om te help. Een skaker is in die knieg geskiet en die ander is ook gevang. NOU WONDER EK WAAROM SO ‘N DAAD NIE DIE VOORBLAAIE HAAL NIE. Ek dink soms die media is daarop uit om vrees en verwarring te saai. Daar gebeur net soveel goeie, positiewe dinge, maar dit word nie berig nie en sodoende glo ons elkeen elke dag meer en meer dat daar net VROT in hierdie land is.
Ek hou hiervan. Dit gebeur regtig meer en meer.