Nog ‘n week, nog ‘n bekende man wat met sy broek om die knieë betrap is. Nog ‘n massa dissipels wat glo dat hy die slagoffer van gemene spel was.
Soos ek van die kantlyn af verstaan, is dit blykbaar onmoontlik vir ‘n man om “Nee, Dankie” te sê. As ‘n vrou soos ‘n ryp perske op sy skoot val, moet hy opsluit sy broek uittrek en mildelik gebruik wat hom aangebied word. Selfs as hy ‘n trouring het.
Sou hy uitgevang word, word die ring triomfanklik onder haar neus gedruk. Hy, sy volgelinge en selfs sy vrou basuim uit: Jy het geweet hy is ‘n getroude man. Hoe kon jy hom verlei?
Sy is die flerrie en hy die slagoffer wat onbeskaamd uitgebuit is. As daar nou al ooit ‘n lam was wat met ‘n glimlag ter slagting gelei is. Hy het elke oomblik saam met haar geniet, alles uit gehaal wat hy kon en nou kruip hy weg sodat sy alleen die spervuur moet aandurf. Wat het tog van manlike durf geword?
Is hy nie die een wat ‘n ring op sy vinger dra en self sy huwelik heilig moet hou nie? Het hy nie ‘n gelofde afgelê om getrou aan sy vrou bo alle ander te wees nie? Watter gelofde het die Jesebels en Delilahs afgelê? Nie een sover ek weet nie.
Is selfbeheer iets wat ‘n man nie kan uitoefen nie?
Breinvasbrand: Met wie is Tiger Woods getroud?
Breinlosbrand: Fokker was reg met koms of aankoms.
Wie runnik saam?