Daar is ‘n brief in die Beeld wat my hardop laat skater het. Die opskrif lui: Kerk laat selfs al mense met denims toe. Die skrywer brei ondermeer verder uit dat ‘n mens nie denims skool, bal, werk of hof toe sal dra nie. Dit laat my nogal wonder of die skrywer ooit iets anders doen as om die heeldag briewe vir die koerant te skryf. Ek twyfel sterk.
En daar is mense wat voel dat hy ‘n punt beet het. Vir party mense is jeans blote ontspannings drag, wat net by die huis of vir ‘n baie informele geleendheid gedra kan word. Durf ek sê dat party mense in die laat 1800’s vasgehak het toe denim spesifiek vir werksdrag ontwikkel was. Kan iemand asseblief die verwelkomingsmatjie vir hulle uitrol? Hulle het 2 eeue om in te haal.
Deesdae is ‘n denim orals welkom, mits jy dit reg optert vir die geleendheid wat jy in gedagte het. Mans kan al lankal by formele dinee’s opdaag in denim. Vrouens ook, hulle moet net verder dink as wat hulle neuse lang is. Die geheim lê in die bykomstighede en in ‘n mate in die snit. Ek weet dit en ek is nie eers modebewus nie. Die regte skoene, juwele, bloes met die slim gebruik van die regte baadjie en handsak. Hoe meer formeel die geleendheid, hoe hoër moet die skoene.
Howe is al lankal nie meer ‘n plek waarvoor jy moet aan trek nie. Wel, mits jy nou nie kaal is nie. Dit is ‘n oortreding van die wet.
Daar was egter gekla oor denims in die kerk. Ek moet seker my mening daarvan ook gee. Verskoon my asseblief as ek vir ‘n oomblik prekerig word. As jy aanvaar God is jou vader en die kerk is sy huis, dan is dit mos jou huis ook. In jou huis is jy veronderstel om gemaklik te wees. Trek jy formeel aan as jy jou ouerhuis besoek? Sien my punt?
Lank lewe denim! Net waar dit jou behaag.
Breinvasbrand: Wanneer is Levi Strauss & Co. gestig?
Breinlosbrand: Olga was reg met ‘n heks wat soos Kersvader geskenke aan Italiaanse kinders uitdeel.
Wie runnik saam?