Chariots of fire 011

12 12 2009

Algemene Kennis

  1. Wie is die hoof van Pick n Pay wat onlangs afgetree het?
  2. Wie is die swerferskind, van die reën en wind?
  3. Wie se ma is Mother Mary in die liedjie Let it be?
  4. By watter politieke party het Mangosuthu Buthelezi aangesluit terwyl hy ‘n student in University of Fort Hare was?
  5. Wat is die chemiese formule van soutsuur?

Uilspieel 

  1. Elton; Denver; Legend
  2. Dinotopia; Britanje; Ysland
  3. Victoria; Catherine; Elizabeth
  4. Micra; Run X; Auris
  5. Beeste; Skape; Perde

Liedjiepret

Ons kom by die laaste aftel van die paar dae van 2009 wat oor is.  As ek nog dink wat ek alles moet doen voordat ek kan gaan leeglê, soek ek beslis nog so 6 maande.  In Suid-Afrika het ons dalk nie ‘n wit kersfees nie, maar die lang dae en winkels wat langer oopbly, beteken dat ek dalk my inkopies kan afhandel.  Wel, daar is een genade.  Trek jou stewels aan en trek vinger.  Anders gaan niks gedoen word nie.

Nommer kopkrap

 4; 12;  __; __; 36

Toorwoorde

  1. Manisme?
  2. MOS?
  3. _ U _ _ _ _ _ D _
  4. RINGEDD