‘n Ware Christusfees

20 12 2009

Ek het verlede jaar vir advent ‘n reeks gehad wat gekonsentreer het op die geskiedenis oor die tradisies waarom ons Kersfees vandag draai.  Goed soos die Kersboom, Kersvader, die datum, geskenke en so meer.  En soos klokslag het Klip kom kla dat dat Kersfees ‘n klug geraak het. 

Die debat oor hoe kommersieel Kersfees is, is heelwat ouer as wat ek is.  Dit gaan verseker nog jare lank met ons wees.  Tog bly dit ‘n spesiale tyd van die jaar, een waarna ek jaar na jaar uitsien.  Ja, ek is skuldig aan ‘n kommersiële Kersfees, maar ek dink tog dat ek die ware rede van die feesvieringe ingedagte hou.

Iets wat my die jaar nogal erg opval is hoe liefdadigheidorganisasie nie stuit om die ware gees van Kersfees tot hulle eie voordeel uit te buit nie.  Ek ondersteun liefdadigheidsorganisasies graag oor die tyd, maar voorheen was dit omdat ek wou.  Deesdae voel ek verplig om dit te doen, wat my natuurlik handeviervoet laat vassteek.  Wat my veral irriteer is die buitensporige pryse wat van die groepe vra om pakkies toe te draai.  ‘n Regverdige prys is een ding, maar ek het nie aangebied om al hulle papier volgende jaar te borg nie.  Hulle is nie eers besonders netjies nie. 

Dit laat my dink aan ‘n gedig wat ons op skool gedoen het, wat ek ongelukkig nie op die internet kan kry nie.  Ek dink dit was deur Eybers geskryf.  Iemand nooi Jesus om die Kersmaal by hulle te kom nuttig, maar Hy hardloop weg oor al die blink van die geleendheid.  Ek dink dit is nogal kras gestel, maar dit laat ‘n mens nogal dink. 

Vandag wil ek van julle weet, hoe vier ‘n mens ‘n ware Kersfees?  Is daar ‘n middeweg tussen die mensgemaakte tradisies en die Kind wat vir ons verlossing gebore is?  Wat is vir julle die kern van Kersfees?

Ek gaan dat Eybers wel die laaste woord spreek:

MARIA

‘n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap – en jy het
‘n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink, eenmaal sou hy
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langs
jou liggaam stryk… die stilte instaar….
Wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hy sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen
om in jou nood by jou te staan –
Het jy geweet dat hy alléén
Getsémané sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon
wis jy hoe die soldate hom
tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was : Ek het dors!

Toe dit verby was, en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan –
Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan?

– Elisabeth Eybers –

Breinvasbrand:  Wat was Charles Dickens se bekende kersverhaal?

Breinlosbrand:  Die besluit was deur Pous Julius I geneem.





Oplossing 012

20 12 2009

Algemene Kennis

  1. Hy het geen ander geskenke gehad om aan te bied nie (Nell/Olga/Maxie)
  2. Versoeningsdag (Nell/Maxie)
  3. 2003 (Nell/Olga/Maxie)
  4. Onoorwinbaar (Nell/Olga/Maxie)
  5. Paul Walker (Nell/Olga/Maxie)

Uilspieel 

  1. Jennifer Coates, was ‘n karakter in JAG,  nie in NCIS nie. (Nell/Olga/Maxie)
  2. April het net 30 dae, nie 31 dae nie. (Nell/Olga/Maxie)
  3. Bruce Fordyce, daar is nou nie ‘n medalje na hom vernoem nie (Nell/Maxie)
  4. Die Jive tel as ‘n Latynse dans (Nell)
  5. Ackermans is nie deel van die Edcon groep nie (Nell)

Liedjiepret

  1. Mama Thembu’s Wedding – Ipi Tompi (Olga) (Mama is ook Tannie in Xhoza)
  2. Living on a prayer – Bon Jovi (Nell/Olga/Maxie)
  3. Haven’t met you yet – Michael Buble (Nell/Maxie)

Bonus:  Nell:   White Rose – Toby Keith;  Point The Finger – Gerald Levert; Welcome – Christina Aguilera; Open heart – Justin Garner; Old School –  2Pac.  Olga: A day to remenber – Kelly Clarkson.  Maxie: White roses – Deborah Conway
Open heart – Justin Garner

Nommer kopkrap

Staan oor (Xena)

Toorwoorde

  1. Epos of heldegedig (Olga)
  2. Ditto (Olga) (ek het net die klein letters afkorting gegee). 
  3. Staan oor (Xena)
  4. REDDING (Olga)