Hello, you fool, I love you

3 12 2009

Joyride was dalk nie Roxette se eerste treffer nie, maar dit is die liedjie wat die duetpaar aan my bekend gemaak het.  Destyds was ek ‘n laerskooldogtertjie wat so pas my eerste (en enigste) draagbare radio gekry het.  Benewens die openingslirieke, is dit die gefluitery in die lied wat dit vandag nog een van my gunstelinge maak.

 Per Gessle en Marie Fredikson ken mekaar al van 1979.  Hy was toe die hoofsanger van Gyllene Tider en sy was lid van Strul and MaMas Barn.  Die laasgenoemde groep het nie juis baie sukses behaal nie, so Marie moes ander werkies ook doen.  Dit het onder andere werk as ‘n agtergrond sanger vir Gyllene Tider ingesluit. 

In 1984 het die Gyllene Tider aan ‘n Engelse Album gewerk .  Die plate maatskappy wou dit egter nie internasionaal onder die naam bemark nie.  Die groep moes ‘n ander naam kry en hulle het op Roxette besluit.  Roxette was ‘n 1975 liedjie van Dr Feelgood.  Die Engelse Album het nie baie goed gevaar nie en die lede het besluit dat Gyllene Tider se dae vir eers getel is. 

Per het aan sy sololoopbaan gewerk, hy het ‘n album uitgebring waar Marie weer die agtergrond sang behartig het.  Sy het ook haar tweede solo album laat opneem.  In 1986 het Rolf Nygren aanbeveel het dat hulle saam behoort te sing.

“I remember that Per had written a damn good song. I thought that Per and Marie would fit in as Per writes great music and Marie can sing a phone book and get it (to) sound good. Of course I’m a bit proud of getting the idea for Roxette”

Die res is geskiedenis.  Van hulle heel eerste vrystelling, Neverending Love (Per se lied wat hy vertaal het) was ‘n treffer.  Hulle het van 1986 – 2002 met tye saam opgetree en treffers gelewer.  In September 2002 is daar ‘n breinvergroeisel by Marie ontdek.  Die tumor was met ‘n operasie verwyder.  Dit het Roxette vir eers laat halt terwyl Marie herstel het. 

Die paar het op onderskeie projekte gefokus.  Per het weer ‘n album met Gyllene Tider opgeneem wat baie suksesval was en Marie het haar eerste Engelse album vrygestel.  Tot op datum was daar nog verskeie solo pogings van beide gewees.

April vanjaar het Per geskimp dat dit van Marie afhang of hulle weer saam sal optree.  ‘n Maand later het hulle aangekondig dat hulle ‘n konsert in België sou doen.  Marie het ook al ‘n paar keer saam met Per as gaskunstenaar op sy konserte opgetree.  Einde Oktober 2009 het hulle aangekondig dat hulle aan ‘n nuwe CD werk.

En hier wag ons nou in spanning.  Sal Roxette wel ‘n groot terugkoms kan maak of moes hulle eerder met dankbaarheid die goeie jare onthou het.  Tyd sal ons wel leer. 

Breinvasbrand:  Wat beteken Gyllene Tider?

Breinlosbrand:  Fokker was reg met Ackermans.





Koerantbrokkies

3 12 2009

‘n 14 jarige meisie is gister by die Tswane Distrikshospitaal (voorheen HF Verwoerd) deur ‘n brandweerman gered waar sy gedreig het om van die derde verdieping te spring.  Blykbaar het sy beide haar ouers verloor en is sy juis in die hospitaal om behandeling vir ‘n selfmoordpoging te ontvang.  Vergewe my om die ironie te sien, maar die sielkundiges kon nie hondhaar met haar af maak nie.  Dit het die brandweerman 40 minute geneem om haar te oortuig om nie te spring nie.  Nadat hy haar na veiligheid gekry het, is hy met ‘n luide applous beloon van omstanders. 

Chris Eksteen, die regter in die Klay-Els saak, het sy bedenkinge oor die Klay’s se weergawe van die saak.  Wat hom veral pla is dat hulle verklaring by ‘n prokureur saamgeflans is en aan die polisie gefaks het.  Ondersoekbeamptes neem gewoonlik die verklarings waar die klag ingedien word, maar Klay se ma is spesiaal Benoni toe om met sy prokureurs te praat. 

Al Annemarie Nolte (52) van Krugersdorp se gesigsbene is met ‘n ysterpot gebreek.  Sy het bloeding op die brein en word in die Krugersdorpse Privaathospitaal behandel.  Sakkie Nolte se bure het hom 22:00 ingewag nadat hulle glas gehoor breek het.  Hy is die huis binne en het gesien hoe iemand by die sydeur uitvlug.  Hy het sy vrou in ‘n plas bloed gekry.  Ek gaan dit sommer reguit vra:  Sou sy vrou dalk nie beter af gewees het, as die besorgde bure haar te hulp gesnel het nie?

Dit neem 42 minute vir die polisie om op ‘n 10111 oproep te reageer.  Nathi Mthethwa, minister van polisie, het dit erken nadat  Debbie Schafer van die DA hom gevra het.  In die Oos-Kaap en Noordwes is dit selfs nog erger.  Kan ek noem dat dit by moeilik is om iemand te skiet as hy nie meer op die toneel is nie? 

F. de Kock het ‘n vrou, Bianca, in 1998 van verder verkragting gered, deur te maak of hy haar ook wil verkrag.  De Kock was aanvanklik saam met Dirk Fletcher en Rudolf du Plessis aangekla.  Sy getuienis het ook gehelp om Fletcher en Du Plessis se appél saak te laat misluk.  Hulle het gehoop om hulle vonnis van onderskeidelik 12 en 6 jaar te laat skrap.  Du Plessis het Bianca vasgehou terwyl Fletcher haar verkrag het.  De Kock het destyds sy gulp oopgemaak en Bianca vertel sy moet maak of sy dit geniet.  Hy het die ander gevra om hulle te los, want hulle wil dit geniet.  Nadat hulle weg is, het hy met haar weggehardloop. 

En ten slotte:  ‘n Tekort aan vroedvroue is dalk die rede hoekom baie Afrika babas sterf met geboorte.  Ideaal moet daar 16 vroedvroue wees vir elke 100 swangervroue, tans is daar minder as 8.  Om dit reg te stel, moet daar na makliker maniere gesoek word om die vroue op te lei.  Daar word gekyk na ‘n diploma kursus na ‘n jaar, wat die houers in staat sal stel om vir ‘n graadkursus aansoek te doen.