Amper Vakansie

11 12 2009

Hallo Maatjies!!!

Ek voel nie baie lekker nie.  Ek bak die hele week lank koekies.  Koekies van die more tot die aand.  Die maatjies gaan tot by die wêreld snoekerbeker kan koekies eet.  Ek gee nie om nie, ek kan baie lekker koekies bak. 

Dit maak ‘n heksie net dors.  Gelukkig was daar baie rooi koeldrank gewees. En nou is my koppie baie seer.  Iemand het gif in die rooi koeldrank gegooi!  👿  Ek dink dit was die pers heks!!!

Ek is ook verskriklik dors en my ogies wil nie oopbly nie.  Hier is nie rooi koeldrank nie, so ek gaan maar so bietjie onder die hoed lê en ‘n vlooi doodknip.

Praat miskien later, maatjies.

Liewe Heksie Laviga Heks.

Breinvasbrand:  Wie moet vir Mac Davis die tequila aangee?

Breinlosbrand:  Sonkind was reg met naby Lüderitz naby Namibië.





Kind van die tagtigs

11 12 2009

Dinge is vandag op hulle kop!!  Ek kom nie vanoggend by die koerant uit nie, maar dit sal julle hopelik uit die kwaad uit hou vir ‘n wyle. 

As jy twee dekades terug ‘n kinders was, gaan die video’s ‘n glimlag op jou bakkies sit.  Onthou jy nog?

Heidi

Maya, the Bee

Mannemarak

Gummibears

Nils Holgersson

Wat was jou gunsteling kinderprogram?  Onthou julle nog die liedjies?