Kersgeweld

13 12 2009

Kersfees is eintlik ‘n tyd om die koms van Christus te vier.  ‘n Vreugdevolle tydperk waar ons in die vreugde van die Heilige gesin wil deel.  Ongelukkig is dit vir te veel mense ‘n verskoning om baie te drink.  Te veel drank benewel ons brein en ons goeie oordeel.  Met die gevolg . . .

 

Waar die meeste van ons met ‘n aangename afwagting Kersoggend wakker word, is daar soveel ander wat wens hulle kan slaap tot die swelsel gesak het.  Die derde Sondag van Advent is veronderstel om die vreugdevolle Sondag te wees.  Kersfees is vir soveel presies die teenoorgestelde.  Dit is ‘n tyd vir pyn, vernedering en vereensaming.  Die swartste tyd van die jaar.  ‘n Tyd wat soveel mense nie gaan oorleef nie.

Die voorkoms van gesinsgeweld, verkragting, ongelukke en selfmoord neem skrikwekkend toe juis toe die tyd van die jaar.  Baie van dit kan toegeskryf word aan die verhoogde alkohol verbruik hierdie tyd van die jaar.  Tog kan ‘n mens nie vergeet dat die eensames en verstotes juis oor Kersfees hulle alleenheid voel nie.  Daar word soveel klem geplaas op familietyd en daar is mense wat bloot nie families het nie.

Kom ek skets vir julle die tipiese voorbeeld.  ‘n Droë Kersfees is ondenkbaar en ‘n ietsie ekstra word gekoop, want dit is darem Krismis.  Laat middag word die vuurtjie aangesteek, die kinders word vuurwerke in die hand gestop (hopelik gaan hulle nie ‘n oog uitskiet nie, maar daardie skrywe kom nog) en pa en ma maak die kele nat.  Die drankies soek maatjies en pa en ma drink nog ‘n dop.  En nog een en nog een. 

Ma sê iets verkeerd en Pa is verskriklik ontsteld.  Ma moet haar straf, wel, seker soos ‘n vrou dra.  Pa timmer haar ‘n bietjie reg sodat hy nie Krismis met haar sukkel nie.  Ma gaan sluit haarself toe.  Die volgende oggend kan Ma nie kerk toe nie, almal sal weet.  Pa het dronkverdriet, die kinders dink nie eers aan geskenk nie.  Dit word ‘n dag van skuld, berou en alles behalwe ‘n fees. 

Kersfees is vir my ‘n feesviering, maar daar is niks wat jou verplig dat jy jou aan drankmisbruik moet skuldig maak nie.  Wat is verkeerd om stigtelik te wees?  ‘n Mens kan jouself geniet sonder die plesier wat uit ‘n bottel kom?

Ek bid dat almal wat hier lees die feestelike geweld sal vryspring. 

Breinvasbrand:  Wie is La Befana?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Sheila.





Oplossing 011

13 12 2009

Algemene Kennis

  1.  Raymond Ackerman (Nell / Olga / Maxie)
  2.  Remi (Olga / Maxie) (Hierdie swerwerskind, van die reën en wind, Remi, jy’s allenig op die wêreld.
  3.  Paul McCartney (Nell / Maxie)
  4.  ANC  (Nell / Maxie)
  5.  HCl (Nell / Olga / Maxie)

Uilspieel

  1.   Elton. Sy van is John, terwyl dit Legend en Denver se voornaam is (Nell / Maxie).
  2.   Dinotopia. Dis ‘n fiktiewe eiland (Olga/Maxie)
  3.   Catherine was ‘n Koningin van Rusland, die ander van Engeland.
  4.   Micra is ‘n Nissan maak die ander is Toyota (Nell / Olga / Maxie)
  5.   Perd het ‘n gesplete hoef nie. 

Liedjiepret

  1. The final countdown – Europe. (Nell / Olga / Maxie)
  2. White Christmas – Bing Crosby. (Nell / Olga / Maxie)
  3. Get your boots on – U2. (Olga).

Bonuspunte:  Nell:  Six months – Yellow Card; Gotta move faster – Sean Kingston  Maxie:  Mercy – Duffy

Nommer kopkrap

20 & 28 (Nell / Olga / Maxie)

Toor met Woorde

  1. Dodeverering. (Nell/ Maxie)
  2. metropolitaanse oorgansubstruktuur (Olga)
  3. vuuroonde en suurbrode (Maxie) muilbande, muishonde, muntkunde,  muistande (Olga)
  4.  Staan oor.