Al die winkels sê dat die amper Kersfees is. Die Merriegriet sê Kersfees is net 7 slapies weg. Sy het dit vir my vir my eie ore op die salmander gewys. Ek sien die groen takke met balle en liggies, ek sien die Kersvader op wie se skoot die maatjies sit en vertel wat hulle vir Kersfees wil hê. Maar dit voel amper soos konsert. Almal speel-speel sommer dat dit Kersfees is.
Gewoonlik moet ek tjoef-tjaf deur die winkels vlieg as dit amper Kersfees is. Die jaar kan ek my besem buite los. Daar is so min mense in die winkel, ek is glad nie bewortel dat iemand op my gaan trap nie. Die maatjies loop ook almal mooi stadig, nie soos ‘n weghol kar op spore nie.
Ek het maar op die bankie gaan sit en gewonder hoekom die mense Konsert-Kersfees hou. Is dit nie meer vir hulle lekker nie? Merriegriet sê hulle lyk so sout omdat die winkels so duur is. Ek dink nie dat dit al rede is nie. Die maatjies hou Konsert-Kersfees omdat hulle nie ‘n keuse het nie. Hulle wil nie regtig Kersfees hê nie.
Dit is hoekom hulle vir mekaar knor en mens uit die pad stamp. Hulle wil nie die Tannies gebetaal om hulle geskenkies toe te draai het. Hulle wil nie vir die weeskindertjies presentjies koop nie. Kersvader het tot vir my gesê hy is nie lus vir my simpel heksstories nie. Hy moet maak of hy na al die maatjies se wense luister.
Die Tannies en die Tannie-Ooms wens eintlik dat dit nie Kersfees is nie. Daarom sê hulle vir niemand geseënde Kersfees nie, hulle wil nie eers aan Kersfees dink nie. Hulle wil nie bly en vrolik wees nie. Hulle kan nie eers meer glimlag en lag nie. Hulle wil net kwaai wees en soos die ou Perse lyk.
Ek wil regtig Kersfees hou. Ek wil liedjies sing en koekies bak en vir die Tannie-Oom wat honger is ‘n lekker kossie gee. Ek wil kerk toe gaan en kyk hoe almal bly is dat dit Kersfees is. Ek verlang sommer na my Ouma en al die kabouters.
😥
Breinvasbrand: Wie het besluit dat Kersfees op 25 Desember gevier moet word?
Breinlosbrand: Olga was reg met Dawid Minnaar.
Wie runnik saam?