Sussies en Boeties

4 12 2009

Hallo Maatjies!

Die Merriegriet het al weer gedink sy is snaaks.  Tannie Ousie het gesê ek moet haar alles vertel van Sisters with Blisters, maar nee.  Koningin By het gesê ek moet wag tot dit my beurt is.  Ek het haar gevertel dat ek Vrydag weer alles gaan vergeet, maar sy sê dat dit dan my profout is.  GRRRR.  👿

Ek het tog lekker haar tronkfoon gevat toe sy nie gekyk het nie.  Ek het baie foto’s geneem en ‘n paartjies gemms ook.  Ek kon net nie bel nie.  Hie Hie Hie!  Daar was ooms wat met rokke geloop het.  Hulle het seker gedink boeties mag nie loop nie en dat hulle soos sussies moes aantrek. 

Ons het pienk sakke gekry.  Ek het vir die Merriegriet vertel dat ek in die sak moet ry.  Gmf!!  Ek kon netsowel met die klippe gepraat het.  Sy het net gesê dat ek twee gesonde lelike voete gekry het waarmee ek kan loop.  Tannie Gansie van Dam (Girl van die Suburbs) ek moet nie huil nie. 

 Tannie Gansie het gesê ek is te klein, die mense sal my vertrap.  Buitendien sou my die teer my velle afgetrek het.  Sy het net gewag tot die Merriegriet weg was, toe het sy my gedra.  Al die pad.  Sy sê ek is g’n niks swaar nie, die Merriegriet is net te lui om my te dra.  Sjoe, daar het baie maatjies geloop.  Van die maatjies het sommer hulle honde saam gebring.  Merriegriet het gesê dat ek nie my kat mag vat nie.  Ook maar goed, Tewissie hou nie van brakke nie. 

 Dit was ver wat ons moes loop.  Hulle het vir ons twee keer water langs die pad gegee.  Tannie Ougat het gesê dit is sodat ons nie ontwater nie.  Hoe lyk dit as ‘n mens ontwater, word hulle dan soos papier?  Die son het ons geskroei, ek was die rooi heks toe ons klaar geloop het.  Die tannies en ooms het vir ons skoene gegee by die eindpunt.  Tannie Ougat sê dit is medaljes. 

Ek gaan volgende jaar weer loop.  Ek is nie bang nie.  Ek het buitendien nie een blasie gehad nie.

Breinvasbrand:  Hoe word ‘n bloedblaas veroorsaak?

Breinlosbrand:  Fokker was reg met goue tye, of te wel, golden age. 





Koerantbrokkies

4 12 2009

Teresa McDonald (41) is dood nadat sy vermoedelik op die N14 dood gery is.  Sondagoggend omstreeks 01h00 het sy en haar verloofde Anthony Hutchinson gestry oppad terug huis toe.  Sy het uit die motor geklim en huis toe geloop.  Hutchinson het haar later as vermis aangegee, maar die SAPD het gesê hy moet eers 24 uur wag.  Hulle het hom later gebel om hom te vra om McDonald in die lykshuis te gaan uit ken.  Is dit net ek, of stop ‘n mens nie op snelweg vir iets so nietig as ‘n rusie nie.  As jy wel doen, kom soek jy nie net ‘n paar minute later vir die persoon nie?

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingverenigings (NRDBV) het gereageer op aantygings dat hulle dierkarkasse op vullishope gooi waar mense dit klaarblyklik eet.  Hulle reken die DBV in Randfontein het nie genoegsame mannekrag om op ‘n ander manier van die karkasse ontslae te raak nie.  Hulle sê die organisasies wat nie diere uitsit nie, dit soms wel aan die DBV oorlaat om dit te doen. 

Rudolf Gersteling is gister met weerlig doodgeslaan toe hy sy ma en suster gehelp het skape aankeer.  Die skape was glo troeteldiere gewees.  Die Gerstelings het self noodhulp toe gepas terwyl hulle vir die ambulans gewag het.  Hulle was net oppad om self te jaag, toe die ambulans op daag.  Die nooddienste het oorgeneem, maar hy is by die hospitaal dood verklaar. 

Harold Venter (36) en Albert Olckers (21) is gearresteer op aanklag vir die onwettige skiet van springstowwe en die onwettige berging van springstowwe.  Volgens hulle het hulle petrol aan die brand gesteek om bye uit te rook.  Kort na 3 uur was daar ‘n slag gewees wat etlike kilometers verder gehoor is.  Niemand is beseer nie, maar ‘n aantal huise is beskadig. 

‘n Groep graad sewes het ‘n jong onderwyseres tot trane gedryf terwyl sy skolierpatrollie gedoen het.  Volgens Maryke du Plooy (22) het sy die leerlinge van ‘n bankie opgejaag waar die onderwyser gewoonlik sit wat aan diens is.  Hulle het haar vertel dat haar naam nie op die bankie staan nie.  Sy het gedreig om hulle te verkla, waarna hulle haar begin treiter het.  Een het gedreig om haar te bliksem (sy direkte woord).  Sy het besluit om te kla omdat sy nie dink onderwysers behoort die teikens van kinders te wees nie.  Sy voel die skool neem nie haar klagte ernstig op nie.