Goed, ons het nou al gepraat oor die ware betekenis van Kersfees en die toepaslikheid van Kerswense. Dalk moet ons nou na die meer praktiese kant beweeg. Wat gaan almal eet?
Kersfees is sinoniem met groot familie etes. Die soort wat dae vooraf gekook word en binne ‘n uur of twee verorber word. Langsaam. Die doel gaan meer oor die kuier om die tafel as om die magies vol te kry. Nie dat daar probleme met die laasgenoemde sal wees nie. Elke krieseltjie gaan smaaklik opgeëet word totdat niemand meer kan beweeg nie.
Dit is in elk geval die prentjie wat tydskrifte aan ons voorhou. In ons huis is die spyskaart net so ‘n tradisie as die Kersboom en geskenke. Dalk gaan daar ‘n effense variasie wees, maar geen groot verrassings word verwag nie. Dit kan dalk ‘n oorlog veroorsaak.
Al verruil ek nie my Kersmaal vir enige iets nie, sal ek graag wil weet wat gaan julle maak om te eet? Het julle ‘n ete tradisie? Enige gebruike of gebare wat net op Kersdag gedoen word? Beplan julle vooruit of is dit gewoonlik op die ingewing van die oomblik? Word die kos vooraf voorberei? Is daar disse wat jaar na jaar verskyn of selfs tradisie is?
Natuurlik moet ‘n Kersmaal met ‘n behoorlike poeding afgerond word. Ek het al gehoor van 5 c poeding. Kry ‘n mens dit nog? Ek neem aan ‘n mens moet seker R5’e deesdae gebruik en hoop die kinders word opgewonde daaroor. Breek niemand hulle tande nie en word niemand siek van die vuil munte nie? Hoe word die munte skoon gemaak?
Ek honger my solank uit. Ek vir een kan nie wag vir ons Kersete nie.
Breinvasbrand: Van watter deel van die vark kom gammon?
Breinlosbrand: Olga was reg met fees van die liggies en Flint oor wanneer dit gevier word. (Ek is in die Kersgees, shoot me)
Wie runnik saam?