Een van die torre

8 12 2009

Vandag, 29 jaar gelede is John Lennon voor sy woonstel in New York deur Mark David Chapman geskiet. 

Ek is self nie ‘n groot Tor aanhanger nie, maar Lennon het darem ‘n paar liedjies geskryf wat baie mooi is.

Wat is jou gunsteling Lennon/Beatle liedjie?  Kan jy sy dood onthou?

Breinvasbrand:  Wat was Lennon se eerste vrou se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Elin Nordegren.





Nuusbrokkies

8 12 2009

‘n Dertienjarige verstandelike is deur ten minste 5 mans om die beurt in Piet Retief (Thandukukhanya) verkrag.  Die verkragtings het al vanaf 2008 gebeur.  Die inwoners van die buurt het geweet, maar weggekyk uit vrees vir die bende wat betrokke is.  Die meisie het glo vir hulp geskree, maar haar ma het gesê sy moet stilbly en wag tot hulle klaar maak.  Die bende het betaal om die kind te verkrag.  Sy het met die laaste voorval met haar R5 wat sy verdien het vir haar jonger broer en suster gaan brood koop.  Al die kinders is uit die ma se sorg verwyder.  4 mans en die ma is gearresteer.

Twee Shosholoza Meyl-treine het gister reg van voor tussen Potchefstroom en Carltonville gebots.  Hulle was onderskeidelik oppad Johannesburg en Kaapstad toe.  ‘n Swanger vrou is in die voorval dood en meer as ‘n 107 mense beseer. Onder andere die masjienis wat nie by die kruisig stil gehou het waar beide treine moes stop nie. 

Die “junior” dokter wat ‘n ruk terug betrap is waar sy mediese afval probeer verbrand het, is nie as ‘n dokter of ‘n mediese student geregistreer in Suid-Afrika nie.  Sy is tans in die buiteland.  Volgens haar pa is sy ‘n mediese student in Indië waar hulle junior dokters genoem word.  Hy het intussen die toestelle gekry om die afval en naalde veilig te vernietig. 

‘n 4de Air-link vliegtuig vanjaar is by ‘n insident betrokke gewees.  Die keer het ‘n vliegtuig ‘n pletterlanding in George uitgevoer.  7 mense is vir waarneming in die hospitaal opgeneem.  Burger Lugvaart gaan ‘n ondersoek na al SA Airlink se vloot  loots.