Nuttelose Inligting oor Kersvader

23 12 2010

Ek het nou die dag gedink dat ek dalk Kersvader moet vervang die dag wat hy aftree.  Ek is dik genoeg en daar is seker niks wat sê dat hy manlik moet wees nie?  Hier is vir julle ‘n paar interessanthede oor Kersvader.

  • Kersvader het aanvanklik nie een kleur jas gedra nie.  Daar is antieke prentjies van hom in groen, blou en pers.  Dit was seker voordat hy getrou het en sy vrou besluit het rooi is sy kleur.
  • Sy troue moes dus in 1920 gewees het, van dit is van daardie tyd wat hy net rooi dra.
  • Kersvader moet op Kersdag by 842 000 000 huise uitkom.  Dit wil gedoen wees.
  • Kersvader het aanvanklik net 8 takbokke gebruik.  Hulle was Dasher en Dancer, Prancer en Vixen, Comet en Cupid, en Dunder en Blixem.  Rudolph het eers in 1939 deel van die span geraak.  As ek moet raai, was dit om al die ander verkeer wat Kersvader moes trotseer te waarsku.
  • Jy sal 364 geskenke kry as jy alles moet kry in die “The 12 days of Christmas” genoem word.
  • Kersvader se elwe kom van die heiden nasies se Natuurvolk.
  • Coca Cola was die eerste maatskappy wat Kersvader in hulle bemarking gebruik het.

Aksies

Information

4 responses

23 12 2010
Olga

coco cola is ook altyd voor in die koor.

23 12 2010
demoerin

Enige iemand wat Coke bemark mag maar voor in die koor wees!! 😆

23 12 2010
Vir almal in Blogland « Kouevuur

[…] Merrieperd – ek oorweeg nog of ek jou moet laat leef – synde dat jy helemaal te veel weet. LOL! Tot dan, mooiste feestyd. […]

23 12 2010
toortsie

JAMMER! Jy is nog nie dik GENOEG nie!! hehe

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: