Band Sake

31 01 2011

Dit is nou al ‘n hele paar jaar dat ek wettig kan rond bestuur.  Ek het al my deel van papbande gehad.  Elke keer was ek bereid gewees om self ‘n poging aan te wend om die band te ruil.  Wel, ek was ten minste self bereid gewees om Help @ Out te bel om die takie vir my te kom doen.  Gelukkig was daar altyd iewers ‘n ridder gewees wat die takie vir my oorgeneem het.  Ek het natuurlik nie gekla nie.

Kyk né, as ek sê ek het geen ondervinding van wiel ruil nie, dan sal ek jok.  Daar was die keer op varsity wat ek oor ‘n groep eerstejaars toesig gehou het terwyl ons die wiele van ‘n ampsmotor afgehaal het.  Ek is darem die tipe wat my hand uit my mou steek as ek toesig hou, dus het ek ook op ‘n paar wheelspanners gespring.  Ons was boonop vinniger as die jarre wat ons moes kom help het.  Ons het net die wiele afgehaal en ek is seker daar was nie ‘n domkrag te sprake nie.

Ek sal myself darem nie ‘n kenner op die gebied noem nie.  Ek haat vuil naels.  Vanoggend, dou voor dag het ek nie juis ‘n keuse gehad nie.  My vriendin het met ‘n pap wiel voor my deur gestaan en ek moes met my oë vol slaap help.  Boonop in my nagklere.  Tyd was ‘n faktor en ons kon nie vir die bure wag om wakker te word of vir Help @ Out wag nie.

Hoe moeilik kan dit nou wees?  Die spaarband is onder die motor vas en gelukkig het sy geweet dat dit in die kattebak los geskroef moes word.  Terwyl sy die band los maak, kry ek solank die domkrag reg.  Wat op aarde dink hulle as hulle ‘n domkrag maak?  Dit lyk nie na iets wat logies ‘n ton kan lig nie, maar wie is ek om te stry.  Ek het die ding in na waar dit min of meer funksioneel kan wees, maar daar is nog geen spaarwiel los nie.

 

Ek gaan kyk toe of ek meer geluk met die spaarwiel kan hê.  My vriendin gaan haal in die tussentyd my domkrag, want ek vertrou haar domkrag nog minder as wat ek die ANC vertrou.  Ek draai en draai en draai en al wat uitval is die spaarwiel.  Ek kan voel die skroef is losser, maar hoe lank kan ‘n skroef nou eintlik wees.

 

Ek gaan stel toe van onderaf ondersoek in.  Bietjie hier en daar gekrap en toe besef ek dat die wiel los moet hak. Die los geskroewery laat sak net die hak sodat jy die uithak kan doen.  Jy sal dus draai tot Piet gekom het en niks sal uitval nie.  Daar het ons toe die spaarwiel.

Nou moet die wiel los gemaak word soos ek die storie verstaan.  Daar sien ek dat die kar al lankal poot in die lig gereed staan.  Terwyl ek onder in gekrap het, het my vriendin haar maar met die domkragte besig gehou.  Glad nie beindruk daarmee dat sy dit eers weer moet laat sak sodat ons die wiel los kan maak nie.  Op is een ding, af iets heeltemaal anders.

Eers maak ons die wiel stywer vas.  Nee, dit was nie eintlik in die beplanning nie, maar daar is mos nie pyltjies wat sê draai die kant toe nie.  Ons het gou agter gekom dat dit eintlik ander kant toe moet kom.  Wiel los, kar weer op gestoei en die wiel af.  Nou moet die spaarwiel gepas word op die skroewe.  Ek is goed met legkaart bou, maar daardie skroewe het ‘n wil van hulle eie.  Nie lank nie, daar is die band weer omgeruil en die probleem in die kattebak geruil.  Die bandplek kan dit sekerlik terug sit waar dit hoort.

Alles voordat die buurman wakker is.  Ons het hom ‘n trip KFC toe gespaar om kos in die hand te kom verduidelik wat gedoen moet word.  Bowendien het ons nie een nael gebreek nie

Is jy handig met ‘n kar?  Wat is jy bereid om self te ruil of te vervang?  Wat maak jy as die kar haar gat vir jou wip?

Breinvasbrand:  Wanneer is Firestone gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met ‘n tipe lama wat wol produseer (en jou spoeg as jy hom kwaad maak).





Lunch Week 05 / 11

31 01 2011

Algemene Kennis

  1. In watter hospitaal het Nelson Mandela onlangs behandeling ontvang?
  2. Wie is die hoofsanger van Kings of Leon?
  3. Watter land verteenwoordig Novak Djokovic?
  4. Wie het die dames afdeling van die 2011 Australiese ope gewen?
  5. Wanneer word die 83ste Oscar toekennings gehou?




Oulik klein, groot ‘n pyn

30 01 2011

Daar is min dinge wat so oulik is as ‘n baba diertjies.  ‘n Handvol geel dons wat ‘n hoender gaan word of die platbek skugterheid van ‘n baba makou.  Daar is hondjies wat so hulpeloos en dom lyk en babakatjies wat astrant en nuuskierig ondersoek instel.  Klein pienk varkies wat jy glad nie as bacon kan sien nie.  Daar is ook kalfies wat skaam flikvlooi of ‘n lammetjie wat agter hulle ma’s moet gaan skuil.  Almal een ding in gemeen.  Reg om enige mens se hart te steel en jou te oortuig dat jy ‘n dieretuin wil hê.

Dit is net hier wat die paw-paw die waaier slaan en een vet gemors veroorsaak.  ‘n Redelike mens sal koppies krap en dreig om te steel.  Dit gaan net by dreigemente bly, want ‘n redelike mens neem eers die diertjie se welsyn in ag.  Kan hy/sy die nuwe baba bekostig, het hulle plek vir die nuwe baba, gaan hulle sorg vir spuite en mediese voorsorg?  Natuurlik onthou hulle realiteit ook.  Gaan hulle met die tienerstreke kan saamlewe en gaan hulle nogsteeds mal oor die baba wees wanneer die baba groot is? 

Ongelukkig kry ‘n mens ook diegene wat opsluit die baba soek, omdat dit so oulik is.  Die baba word soos ‘n menslike baba groot gemaak.  Die baba raak groot en is skielik nie meer so oulik nie.  Daar kom ‘n nuwe baba wat soveel ouliker is.  Die ouer baba moet plek maak vir die volgende.  Van hopeloos te veel aandag, is die enigste aandag wat die ding nou kry ‘n skop hier en ‘n skel daar.  Saam met al die oud-oulike babas van die verlede.  ‘n Hoop verwaarloosde ex-babas wat iemand se selfsug moes voed. 

Dit is nie ‘n sonde om nie van diere te hou nie.  Los hulle in vrede as dit die geval is.  Sou jy egter besluit om ‘n dier deel van jou lewe te maak, is dit ‘n lewenslange verbinding.  Een waar jy versorging, liefde en ‘n huis moet verskaf tot jy of die dier julle laaste asem uitblaas.  Nie net tot die babavet verval nie.

Watter vereistes behoort voornemende troeteldier eienaars aan te voldoen?

Breinvasbrand:  Wat is ‘n alpakka?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Babs Laker.





Oplossing Week 4 / 11

30 01 2011

Algemene Kennis

  1. Kimberley (Selene / Toortsie / Demoerin)  (BB is reg dat Cullinan se gat groter is, maar Kimberley is die dorp wat jy sal besoek om ‘n groot gat te sien)
  2. Koper (Demoerin)
  3. Winston Churchill (Selene / Demoerin)
  4. Christopher Latham Sholes (Demoerin)
  5. Telefoon (Selene / Demoerin)

Uilspieël

  1. Roulette – is nie ‘n kaartspel nie (Marile / Demoerin)
  2. Piepie – nie ‘n komponent van bloed nie (Marile / Demoerin)
  3. Trevor Manual – Nie ‘n voormalige president van Suid-Afrika nie (Marile / Demoerin)
  4. Ruben Kruger – Nie ‘n paralimpiese atleet nie (Marile* / Demoerin)
  5. Brug – nie ‘n dans nie (Marile / Demoerin)

Toorwoorde

  1. In borduur of hakwerk – uitstekende puntjie
  2. Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (Demoerin)
  3. Familie belanrikste (Demoerin)
  4. Bar (Demoerin)
  5. Sopnat (Demoerin)

Couples Theraphy

  • Ian Fleming – James Bond (Plaasjuppie / Demoerin)
  • Robert Ludlum – Jason Bourne (Plaasjuppie / Demoerin)
  • Tom Clancy – Jack Ryan (Plaasjuppie / Demoerin)
  • Deon Meyer – Bennie Griessel (Plaasjuppie / Demoerin)
  • Agatha Christie – Hercule Poirot (Plaasjuppie / Demoerin)

Skrywers met bekende karakters wat hulle geskep het (Plaasjuppie / Demoerin)

Liedjiepret

  1. Voor die storm kom – Theuns Jordaan (Demoerin)
  2. My lewe draai om jou – Bobby van Jaarsveld en Lika Berning (Demoerin)
  3. My kreet – Bok van Blerk

Liriekeraai

  1. Itsy bitsy teenie weenie yellow polka dot bikini – Brian Hyland/Bonbalurina (Demoerin)
  2. Wake me up before you go go – Wham (Demoerin)
  3. Wanted dead or alive – Bon Jovi (Demoerin)
  4. Maneater – Nelly Furtado (Demoerin)
  5. Come on Eileen – Dexy’s Midnight Runners (Demoerin)




Laviga en Madiepsa

28 01 2011

Hallo Maatjies

Het julle gehoor dat my maatjie Madiepsa in die horribaal is?  😀  Hie Hie Hie.  Julle weet mos dat ek die mooiste en slimste heks is.  🙂 Almal wil my met die toon groot.  Ek was in die Kaapplek toe ek in Madiepsa vas gevlieg het.  😆

Madiepsa was glad nie kwaai nie.  😯  Hy het tot gekyk of ek nie my besem gebuig het nie.  :mrgreen:  Ook maar lekker dom.  😈  Almal weet dat besems wat heksies vlieg nie kan breek nie.  😡  Dit werk net as heksies dit vlieg.  👿  Tannie Ougat en tannie Ousie het my besem lelik gestukkend toe hulle daarmee gespeel het.  Ek het hulle gevertel hulle kan nie groen koeldrank drink en dan met my besem vlieg nie.  👿  Maar hulle luister nooit vir my nie. 

Madiepsa het gesê hy het nog nooit met ‘n heksie gepraat nie.  Hy is bly dat hy Laviga, die mooiste heks ontmoet het. 

Die ou perse was tog lekker jaloers. 

Tata maatjies.





Lunch Week 4 / 11

28 01 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Before the storm arrives, I need to get this of my chest.  Hear my cry and pay attention.  You not Scottish, you can surely afford a bit.  My life revolves around you and that is not fair.  I am not a maid. 

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. She was afraid to come out of the locker
    She was as nervous as she could be
    She was afraid to come out of the locker
  2. You take the grey skies out of my way
    You make the sun shine brighter than Doris Day
    Turned a bright spark into a flame
    My beats per minute never been the same
  3. Sometimes I sleep, sometimes it’s not for days
    And the people I meet always go their separate ways
    Sometimes you tell the day
    By the bottle that you drink
  4. And when she walks she walks with passion
    when she talks, she talks like she can handle it
    when she asks for something boy she means it
    even if you never ever seen it
  5. Poor old Johnny Ray
    Sounded sad upon the radio
    Moved a million hearts in mono
    Our mothers cried




Wat laat jou gril?

27 01 2011

Ek dink nie daar is ‘n mens wat die aarde bewandel wat nie vir iets gril nie.  Party is voor die handliggend, ander is sommer net weird.  Natuurlik is daar mense wat meer grille het as wat hulle werd is, maar mens moet seker elkeen sy grille gun.  Of is dit dalk misgun, ek moet nog die mens ontmoet wat hou van gril.

Wat laat jou tone krul?

Een van die naarste geluide van alle tye is seker naels op ‘n swart bord.  Party onderwysers het nog boonop die nuk gehad om die kryt waarmee hulle geskryf het ook so te laat gil.  Blykbaar is die geluid op so ‘n frekwensie dat ‘n onderwyser dit nie kan hoor nie.  Terwyl ons nou by die bord is, bordkryt teen my naels laat my tot  in my kleintoontjie gril.  Ek sweer, ek sou nooit die bord gebruik het as ek ‘n onderwyser was nie.  Daar is mos iets soos transperante of beter nog, powerpoint. 

Nat skoene of nat sokkies staan my nie aan nie.  Ek loop nie sommer deur ‘n plas as ek dit kan help nie.  As daar geen ander uitweg is nie, sal ek eerder my kanse kaalvoet vat.  Mits ek nie op ‘n padda trap nie, ek sal dan in die buitenste ruim vir die res van my dae doelloos rondswerf. 

Papier en rommel optel is een ding.  Mens kry mos sulke stokke waarop jy die rommel kan ryg.  Maar liewe hel, hoekom te duiwel moet mense hulle stompies neergooi net daar waar hulle klaar gerook het.  Wie de duiwel dink hulle gaan dit agter hulle optel.  Ek weet wel dat dit nie ek sal wees nie. 

Ek drink nie saam met enige ploert uit dieselfde glas nie.  Erger nog, met dieselfde strooitjie nie.  Daar is mense wat geen probleem het om te hap waar ander gehap het nie.  Ek is nie een van daardie mense nie. 

Dit is seker genoeg van my geite vir eers.  Kom vertel ons sou bietjie wat laat jou gril?

Breinvasbrand:  Van watter Suid-Afrikaanse stad het Winston Churchill uit die tronk ontsnap tydens die Anglo Boere Oorlog?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Babs Laker.





Lunch Week 4 / 11

27 01 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

James Bond; Jason Bourne; Agatha Christie; Tom Clancy; Ian Fleming; Bennie Griessel; Robert Ludlum; Deon Meyer; Hercule Poirot; Jack Ryan.

Gemeenskaplike faktor?





Verpligde vakansie

27 01 2011

Dit is een van daardie oggende.  Die wekker was net te lank gesnooze en jy is hopeloos laat vir werk.  Jy vloek so onderlangs oor die algehele gebrek aan vakansie dae in Januarie en wens jy kan nog net 5 minute slaap.  Die vorige “5 minute dutjies” was net nie genoeg nie.  Jy kan maklik nog net 5 minute tot middagete toe.

Brom-brom is jy onder die stort in, waar jy sommer ook moet tande borsel om tyd te spaar.  Jy trek aan, besluit jy sal sommer ontbyt by die werk kry en begin na jou sleutels soek.  Hoekom loop die goed altyd in die middel van die nag rond?  Jy begin soort van jou gat in in rat kry vir die dag en dan val jy met ‘n slag oor ‘n stapel tasse in die gang.  Voordat jy nog die dekselse feetjie kan verwens, stamp jy jou kop teen die voordeur en dan sien jy net sterre.  Wat haar goed pas, want nou kan sy wegkruipertjie speel.

“Wat de duiwel gaan hier aan?” bulder jy, dalk met ‘n paar versterkende woorde aan.

“Ek wil gaan vakansie hou!” antwoord sy jou asof jy op jou kop geval het.  Wat, as jy my sal vergewe, presies die geval is.

“Nou gaan op vakansie, wie keer jou” skree jy met frustrasie.  ‘n Mens kan net soveel vat van ‘n pyn in die nek, al is die pyn in die nek ‘n engel.  “Wat de joos doen my tasse in die gang?”

Sy kyk jou vir ‘n oomblik onhuts aan.  “Maar jy moet saamgaan.”

“Nee, ek moet by die werk kom en jy het my nou behoorlik laat gemaak.”

Haar onderlippie begin bewe en sy kyk jou met sulke groot oë aan, net genoeg dat jy jou ongeduld berou.  “Ek mag nie sonder jou iewers gaan nie.  Die Feetjiekoningin sal baie kwaad wees en jy het self gesê dat jy wens dat jy vakansie kan gaan hou.”

Sy het natuurlik ‘n punt beet, maar verantwoordelikheid roep.  Jou arm is al so halfpad rubber en sy kom dit agter.  “Ag toe??  Ek sal maak of ek ‘n dokter is en jou baas vertel jy is afsiek.”

‘n Vakansie klink al hoe beter, maar jy weet daar is ‘n vangplek.  Niks is mos verniet nie.  “Laat ek hoor.” sug jy maar oorwonne.  Op vakansie gaan jy op vakansie, of jy nou wil of nie.

“Moet ons Himalayas of Antarktika toe gaan?  Hoekom?”

Hoe sou jy geantwoord het as dit jou orige feetjie was?





Mooi Vergaan

26 01 2011

Met verskoning aan Richard en Lochner. 

Ja, daar was voorheen ‘n tyd van dramas 
Waar en waneer het ons dit verloor 

Dalk in die tyd wat ons besluit het dat omdat ons ‘n Afrikaanse produksie het, dit maar aan kwaliteit te kort kan skiet.  Ons kan mos net die begroting blameer.  Die feit dat ons goeie skrywers, goeie akteurs en al die nodige talent maak seker nie saak nie.  Daar was ‘n tyd gewees waar daar nie skaam was om ‘n been hoog te lig om saam met die groot honde te pieps nie.  ‘n Tyd waar ons trots en parmantig vir almal wie ons kon tong uitgesteek het.

Ek dwaal egter af.  Vandat Ballade vir ‘n Enkeling die eerste keer uitgesaai was, was ek gek oor Gavin van der Berg.  Let wel dat ek op daardie stadium nog nie eers in die kleuterskool was nie.  Kaptein James Kerwin mag ‘n tommie gewees het, maar dit beteken nie ek het minder van hom gehou nie.  Al het hy elke oggend in sy onderbroek saam met Sloet Steenkamp gehardloop.  Ek het iewers besluit dat hy my absolute gunsteling akteur is. 

Iewers het hy sy blou oog held rolle ingeruil op die skruk tipe.  Teen die tyd kon ek sy talent waardeer, al het ek nie van die nuwe tipe rolle gehou nie.  Teen die tyd wat my hormone behoorlik ingespring het, was hy nie meer die man wat hy was nie.  Daar was egter niks fout met my hormone toe Ballade weer uitgesaai was nie.  Glo my, die man kan wragtig enige vrou liries maak.  Genoeg rede om alle planne te kanselleer wanneer hy op die kassie kom. 

Soos ek met vanaand gedoen het toe ek hoor dat hy op Pasella gaan wees.  Tot my innige spyt.  Kyk, ek weet oud word het sekere nadele en nie baie mense verouder goed nie.  Dit is nie net dat Gavin lelik oud geword het nie.  Die man lyk regtig sleg!

Hy het drasties agteruit gegaan.  Bleek, bewerig en uitgeteer.  Ek mag natuurlik nie my bedenkinge hardop noem nie, maar dit sal my nie verbaas nie.  Dit is nogal hartseer.  Hy mag dalk gister se held wees, maar mens wens hom tog voorspoed toe.  Dit is nie lekker om te sien hoe hy wegkwyn nie. 

Ek het altyd ‘n bek vol te sê oor sterre en hulle biografië of sensasiesoeke.  Alhoewel, ek sal graag wil weet wat het van die prins van Afrikaanse TV geword?  Ek het al gelees dat hy finansieel niks oorgehad het en in sy kar geslaap het.  Hoekom?  Net as gevolg van die Afrikaanse dramas wat taboe geword het?  Ek twyfel.  Ek wil graag weet wat fout is en of daar vir hom omdraai is.  Indien wel, hoekom het hy dit nie geneem nie. 

Dit klink kras, maar hy het nie meer veel van ‘n loopbaan nie.  Kom maar met alles uit – as daar iets is – en laat ander dan uit Gavin se foute leer. 

Hoe voel julle?  Wie was groot aanhangers van Gavin van der Berg?  Wil julle graag weet wat het gebeur?  Watter ander ou akteurs en sangers wonder julle?

Breinvasbrand:  Wie het die rol vertolk van Jacques Mynhardt se teeflike ma?

Breinlosbrand:  Alle “immortals” is weeskinders / vondelinge (babas was gevind is sonder ouers).  Olga was dus amper reg.