Ek het dit al van te vore gesê: Die dag wanneer jy nie meer droom nie, kan jy maar net sowel dood wees. Nou praat ek nie van die drogbeelde van wanneer jy slaap en jou brein probeer om jou draadwerk probeer uitstryk nie. Droom met jou oë oop is soveel meer vermaaklik. Om mee te begin is die kanse beter dat jy dit sal onthou en dan kyk hoe jy die goue eendag binne jou bereik kan kry.
Ek glo wel dat drome waar kan word. Terselfde tyd dink ek wanneer iets binne grypafstand is, al moet jy jouself verrek om dit te kry, is dit nie meer ‘n droom nie. Die droom het omgesit in beplanning. Dit gaan nie in jou skoot val nie – jy moet sorg dat jy dit werklikheid maak. As jy dit ‘n droom gaan hou, neem jy die plek van die nuwe meer opwinde droom op. Die nuwe een wat jy nader moet lok en joune maak.
Wat is die nut aan ‘n droom met ‘n beperking op? Beperkinge maak dit ‘n projek, iets haalbaar, iets wat die plek van ‘n droom steel. As jy wil droom, maak dit wild en onbevange. Niks is ooit so onmoontlik soos wat dit aanvanklik lyk nie. As jy vir die onmoontlike mik en dan nog faal, is die kanse goed dat jy verder sou kom as wanneer jy van die begin af realisties gewees het.
Iemand het my eenkeer vertel: Mik vir die verste ster. As jy vir die boomtoppe mik, gaan jy met jou gesig in die grond val as jy mis. As jy vir die verste ster mis, gaan jy nog steeds tussen die sterre wees.
Wat is jou filosofie omtrent drome? Glo jy aan drome?
Breinvasbrand: I have a Dream van ABBA se oorspronklike opnawe het iets unieks wat dit anders van ABBA se ander liedjies maak. Wat omtrent dit is uniek?
Breinlosbrand: Demoerin was reg met Victorinox.
Wie runnik saam?