Ek is een van daardie mense wat altyd weet. Dit is seker hoekom ek nog altyd die skaapwagters bewonder het wat uitgesonder was om eerste die goeie tyding te verneem. Kyk net hoe het die engele hulle gegroet. “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.”
Dit is dan my Kerswens vir julle. Mag julle nooit bang wees nie en altyd die ontvangers van goeie tyding wees. Mag julle vreugde sommer almal rondom julle ook aansteek. Mag Kersfees vir julle ‘n tyd van vreugde en blydskap wees, so dat julle dit 365 dae saam kan dra tot julle die volgende dosis ontvang.
Mag julle Kersfees waarlik geseënd wees.
eerste!
Dankie, dankie. Dieselfde vir jou.
Geseënde Kersdag, en 2011, aan jou en jou familie ook.
Dankie. ‘n Geseende Kersfees vir jou en jou familie ook.