Kersfeesete 1

15 12 2010

Vir vandag maak die sangers nie juis saak nie, almal sing die liedjies

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 10 liedjies (moet nie gevang word nie) is verskuil.  Identifiseer dit.)

Liewe Kersvader.

Ek gaan volgende jaar groot skool toe.  Al wat ek vir Kersfees soek is my twee voortande.  Ek is bang die maatjies lag vir my as ek nie stille nag so mooi kan sing nie.  Ek gaan die klingende klokkies in die kerk lui en ons gaan Daar ver in ‘n krippie ook speel.  Pappa sê ons kan nie vir Ysie, die sneew man bou nie, ons het ‘n Summer Xmas.  Kersvader, mamma soek  ” A sunflower out of Bethlehem” boek, maar jy moet dit nie vir haar bring nie.  Sy was stout, ek het gesien mammie soen Kersvader.  Dit was seker ‘n fake kersvader, jy sal dit mos nooit doen nie.  Kersvader, was jy een van die Wyse Manne by die eerste Kersfees?  Hoe het jy geweet dat Jesus soet was?  O aarde, kom alle getroues, dit is 9 uur ek ek moet gaan slaap.

xoxo

Klein Susie

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. KOM NA DIE KRIP SO NEEDRIG,
    DAAR Lê DIE KINDJIE TEER,
    HY IS DIE SPRUIT VAN DAWID,
    HY IS ONS LIEWE HEER!
  2. Busuku obuhle.
    Kuthulile konke nya.
    Emuzini eBethlehema,
    uMsindisi azelwe kuwo.
    Akadunyiswe uJesu!
    Akadunyisw’ uJesu!
  3. While shepherds watched their flocks
    by night they see a bright new shinig star
    they hear a choir sing a song
    the music seemed to come from afar.
  4. Mary nodded, pa rum pum pum pum
    The ox and lamb kept time, pa rum pum pum pum
  5. OM, LOFSING DIE HERE,
    LOFSING, ENG’LEKORE!
    WEES VROLIK, WEES VROLIK,
    O SALIGES –.
  6. Christ by highest heav’n adored
    Christ the everlasting Lord!
    Late in time behold Him come
    Offspring of a Virgin’s womb
  7. E’en so here below, below,
    Let steeple bells be swungen,
    And “Io, io, io!”
    By priest and people sungen.
  8. Repeat the sounding joy,
    Repeat the sounding joy,
    Repeat, repeat, the sounding joy.
  9. For Christ is born of Mary
    And gathered all above
    While mortals sleep, the angels keep
    Their watch of wondering love
  10. SO WONDERSKOON,
    LIGSTRAAL VAN DIE HEMELTROON,
    LIG VIR HEID’NE, HEINDE EN VER;




Vir almal wat nou waai . . .

15 12 2010

Ek kan nie glo dat dit al die 15de Desember is nie.  Die dae het omtrent gevlieg.

Vir almal wat nou op blogvakansie gaan, wil ek graag ‘n baie Geseënde Kersfees toewens.  Mag die tyd se belofde van liefde en vrede vir julle vervul word.  Reis asseblief veilig en bly asseblief verantwoordelik.  Ek lyk belaglik as ek toi-toi, so wil dit nie graag onnodig doen om jou uit die tronk te kry nie.

Soos almal hulle jaaropsommings opsit, sien ek dat meeste mense so effens vuisvoos is.  Mag 2011 jou goedgesind wees en breed saam met jou glimlag.

Ek gaan nie self op blogvakansie gaan nie, maar ek gaan dinge rustiger vat.  Julle sal dus nog van my hoor.





Disgrace to the race

15 12 2010

Suid-Afrikaners gaan ‘n baie kleurvolle Kersfees te gemoet.  Ek vind dit eintlik uiters bekotsingswaardig dat ons in die tyd van liefde en vrede vuurspoeg oor rassisme.

As ek uit Pieternella van die Kaap van Dalene Matthee kan aanhaal:

“Haar ma het eendag ‘n riffelskulp op ‘n klip gesit en met ‘n ander klip begin fynkap.  Soos baie kwaad. . . . Kap en kap die skulp al fyner; vee die hopie gruis in ‘n bollinkie bymekaar.  Verskuif na ‘n ander klip, tel ‘n perlemoenskulp op, begin hom ook fyn te kap. . . . Ek sê hom die Hottentotte is van dieselfde gedagte.  Leeu en Luiperd dra nie dieselfde pak nie, maar maal hulle fyn, dan’s daar nie verskil nie.  Selfde met mense se binnestes. . . . Toe het sy twee hopies skulpgruis.  Toe sien mens nie die verskil nie.

Blaai gerus deur die koerante en jy sal sien hoe waar dit is.  In Beeld en Nuus 24 skree blankes van rassisme teenoor hulle, met ‘n paar goedgekose voorbeelde.  In die Soweto skree die Swartes presies dieselfde.  Hulle voel veral dat blankes hulle rassisme agter ‘n bree glimlag wegsteek, maar eintlik wens dat al die swartes in die see moet verdrink.  Almal voel dat die ander hulle messe vir hulle uit het en hulle uit die land uit wens.  Baie hou hardnekkig vol dat hulle hier is om te bly.  Die paar mense wat redelik probeer bly word deur die res met minagting behandel.  Geen wonder dat tot die regering nou besef het dat onmin tussen rasse al erger raak. Dit word glo meestal deur misdaad aangevuur.

Ek onthou ‘n insident in my eerste jaar.  ‘n Man(netjie) wat aan kort mannetjie sindroom(KMS)  ly waarvoor my met ‘n 9 mil op die heup opgemaak het, het gevra dat ons ‘n meisie roep.  Ek het toevallig met die (swart) meisie aan diens gesels toe hy daar opdaag.  Nadat hy weg is, vra sy my of ek nie bang is vir hom nie.  Die stuk yster aan sy heup het haar bang gemaak.  Ek was nie juis daardeur gesteur nie en het haar so ‘n bietjie van KMS vertel.  Sy vertel my toe dat sy nie van vuurwapens hou nie, maar eerder ‘n wit man een sien dra as ‘n swart man.  Half verdwaas vra ek haar toe hoekom.  “‘n Wit man dra dit net.  ‘n Swart man het of gaan iemand daarmee skiet.”

Daar is ‘n persepsie in die land dat net swart mense misdadigers nie.  Niemand sê dat alle swartes misdadigers is nie, maar daar is ‘n gevoel dat alle (geweld)misdadigers swart is.  Behalwe nou die paar idealogiese blankes en die wat uit selfverdediging opgetree het.  My varsity storie wys nogal dat dit nie net blankes is wat vir swartes “versigtig” is nie.  Persepsies is egter selde waar.

Ek dink die persepsie word aangehelp met die Media wat nie die ras van die aanvallers mag gee nie.  (Hoekom nie?  Iemand se ras is tog een van die kenmerke waaraan hulle identifiseer kan word?) Daar word dus aanvaar dat dit swartes moet wees.  As jy fyn oplet, sal jy besef dit is nie altyd die geval nie.  Name, beskrywings (bruin hare, blou oë) en foto’s is leidrade.

So was daar ‘n blanke sindikaat oopgevlek betreffende renosterstropery.  Daar is die 8 familielede wat met die kinders in hulle sorg pornografie gemaak het (mag ek hulle white trash noem?).  Daar is die blanke man wat die kind in die kamer toegemaak het, voordat hy die huishulp aangerand en die huis beroof het.  As ons eerlik wil wees, niemand het rassisme in die geval ingesleep nie.  Net gister was daar berig van die blanke paar wat petrol gesteel het.  Daar is op die oomblik selfs ‘n blanke reeksverkragter, bekend as die Sondagsverkragter, los.

Die grootste fout wat jy dus kan maak is om iemand op grond van ras of geslag te vertrou.  Blankes kan ook gewetenlose misdadigers wees.

Natuurlik is daar meer swart misdadigers as blankes, want daar is ‘n baie groter swart bevolking as wit bevolking.  Ek dink nog al die pad dat dit ‘n baie interessante statistiek kan wees om die misdadigers in verhouding met bevolking van ras te kan sien.  Is almal dan dieselfde of is ras ‘n bepalende faktor vir misdaad?  Mens sal daardie antwoord in getalle kry.

Hoe voel julle hieroor?  Of is julle al gatvol verby?