Die see steler

3 12 2010

Hallo Maatjies

Ek het uitgevind wat van Tannie Ougat se plek se see geword het!  👿  Hy is gesteel deur ‘n Seesteler!  😯  Njannies, ek is nie ‘n heks wat liegstories verkoop nie.  😀  Myse Ouma het altyd gevertel dat ‘n lieg ‘n heks altyd aan die hoed kom hap.

Ek het nou die aand hierdie snaakse maatjie met die toon gegroet!  Hy het my gevertel hy is ‘n Seesteler!  😯  Ek wou hom nog vra wat maak hy met die see nadat hy dit gesteel het, maar hy was ‘n bietjie konynig!  😈  Ek weet sommer hy het beplan om die Durbie see te steel.  😯  Dan gaan daar net in die Kaapplek ‘n see wees. 😡

Ek dink ek moet die Kaapplek se see steel.  😆  Dan gaan ek Laviga, die mooiste heks word wat tog al ‘n see gesteel het.  😛  Merriegriet kan dan maar lekker speel sy is Koningin By en my nie see toe vat nie.  😡  Ek gaat tog my eie see hê en sy sal nie eers ‘n kokkie daarvan kan neem nie.  😈  Dit sal haar leer.

Julle hoef nie te huil nie.  My maatjies sal altyd in my see kan speel.  🙂  Ek is nie soos die ou perse nie, ek weet van deel.  My ouma het altyd gesê goeie heksies deel altyd met die maatjies.  😛  Ons gaan tog te lekker in die rollertjies speel en aan-aan met die vissies speel.

Ek moet nou net aan ‘n slim plan dink hoe om die see te steel.  Ek het nie so ‘n groot emmer dat ek alles daar in kan sit nie.  😈  Dalk moet ek vir Ouma Heldina vra hoe kan ‘n heksie so ‘n groot emmer steel.

Tata Maatjies.





Die treffer van 2010?

3 12 2010

Die jaar is so te sê op ‘n einde, so ons kan gerus seker ‘n bietjie kopkrap oop wat die grootste treffer was.

Die grootste gebeurtenis die jaar in SA was seker die wêreldbeker.  Daar was liedjies in daardie tyd wat ons 10 000 keer ‘n dag gehoor het, maar nie voor moeg geraak het nie.  Ek neem aan ons gaan dit nie weer hoor nie.

Daar was Wavin’ Flag van K’naan,

en dan ook Waka Waka van Shakira en Freshly Ground.

Ek hoop natuurlik om nooit weer in my lewe ‘n vuvuzela te hoor nie – al moes ek die jaar leer om een te blaas.  Die Black Eyes Peas is eintlik van 2009, maar dit het in 2010 – saam met die sokker – regtig vir my bekend geraak.  Ek dink die mense gaan 30 jaar van nou af steeds I’ve gotta feeling as hulle op die vooraand van ‘n groot gebeurtenis is.

Lady Gaga is toe nog nie ‘n een jaar wonder nie.  Haar Alejandro was ook orals.

Lady Antebellum het die jaar ook ons ore getref en ek dink hulle kan dalk ‘n paar jaar lank in die omtrek wees.  Hulle het jou nou ‘n rede gegee om jou eks dronk in die oggend te bel.

Daar was Michael Bublé se Hollywood;

Bruno Mars se Just the way you are

en die The Parlotones se Remember when….

Blykbaar gaan  Rihanna & Emienem I like the way you lie to me ‘n groot treffer by die Emmy’s wees.

Wat was jou gunsteling lied van 2010?





Lunch Week 22

3 12 2010

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Sarel Seemonster is die koning vir wensvolle denke.  Hy gly op die reenboog, ry op die vrede trein en selfs dit is nie genoeg nie.  Hy wil groener gaan en wend hom nou na die Ooste.  Hy het net een ding in sy kop.  Hy soek iemand wat hom kan neem op ‘n tower mat rit.  Geen masjienerie en gee brandstof koste nie.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. I told that girl I can start right away
    When she said listen babe I got something to say
    I got no car and it’s breaking my heart
    But I’ve found a driver and that’s a start
  2. Hush my darling don’t fear my darling
  3. When I’m working, yes I know I’m gonna be
    I’m gonna be the man who’s working hard for you
    And when the money, comes in for the work I do
    I’ll pass almost every penny on to you
  4. I’m a blonde single girl in the fantasy world
    Dress me up, make your time, I’m your dollie
  5. So dance dance
    Like its the last last night
    of your life life
    Im’ma get you right