Piet Bobbejaan

2 12 2010

As julle ooit ‘n foto van my van naby sien, let gerus op.  Op elke skouer is daar ‘n duiwel wat lekker ingeburger is.  Daar is maniere om daardie duiwels behoorlik te voet.  Soos byvoorbeeld wanneer ek by ‘n dokter se spreekkamer inloop en die dokter spreek my uit ‘n hoogte op my naam aan.  ‘n Geval van ek is die dokter hier en as sulks is jy my mindere.  Dit is dan wanneer daardie duiwels my vertel dat ek mos eintlik die verhewe dokter se klient is.  Die een wat die botter vir sy brood moet betaal en dus die een is wat goeie kliente diens verdien.  Dit is net daar waar ek my gat aan al sy grade afvee en hom op sy naam noem al is hy 300 jaar ouer as ek.

Dit gaan nie oor die gebruik van my naam nie, daar is niks fout met my naam nie en dit is tog die heel mooiste woord op aarde.  Mense kan dit met liefde gebruik.  My probleem is die verhewe manier waarop dit gedoen word.  As die dokter dit op ‘n ordentlike manier doen, sal ek hom ordentlik terug aanspreek.  Ek sal hom dokter noem, tensy hy dit anders verkies.  Moet egter nie van my verwag om voor jou voete te val en jou te aanbid omdat jy ‘n MBChB graad agter jou naam het nie.

Soos julle sekerlik al weet, steur ek my nie juis aan titels, respek of goeie maniere nie.  Ek voel dat iemand respek moet verdien en daarom behandel ek mense met die respek wat hulle verdien.  Respek lê tog immers nie in ‘n aanspreekvorm of titel nie, maar eerder in jou algemene optrede teenoor iemand.  Buitendien hang die aanspreekvorm ook van die situasie af.  Ek gaan beslis nie die dokter, tandarts, dominee of advokaat wat ek in die gim ontmoet op hulle titel aanspreek nie.  Iets wat die lewe my al geleer het, is dat die mense wat die meeste respek verdien gewoonlik nie omgee of jy hulle Piet Bobbejaan noem nie.

Daar is egter ‘n ander kant van die argument ook.  Ek praat egter nou die dag met iemand wat ‘n dominee is.  Die persoon vertel my toe dat hy dit uiters ongeskik vind as mense hom net so op sy naam noem.  Dit is ‘n persoon wat nie ‘n chip op sy skouer het nie.  Hy voel dat hy baie hard geleer het om sy twee grade te kry en dus verdien om Dominee genoem te word.  Dieselfde geld dus vir dokters, professors ens ook.

Hy het seker ‘n punt beet, maar dan weer, daar is mense wat 3 of 4 grade het en nog steeds nie ‘n titel daarmee saam gekry het nie.  Die aantal grade agter jou naam maak tog nie van jou ‘n mens wat respek verdien nie.  Dit is egter net my mening, iemand wat haar nie steur aan titels, respek of goeie maniere nie.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie was die ontwerper van die Neutron bom?

Breinlosbrand:  Olga was reg.  Dit is die verwerping van verantwoordelikheid deur die pa wanneer die ma nog vroeg in haar swangerskap is en nog ‘n aborsie kan kry.





Lunch Week 22

2 12 2010

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Moskou; Eiffel Toring;  Red Square; Praag; London; Astronomiese Klok;Rome;  Big Ben;  Parys; Colosseum

Gemeenskaplike faktor?