Seisoen Trane

12 12 2010

Die derde Sondag van Advent is veronderstel om die Sondag van vreugde te wees.  Dit bly vir my ironies dat wanneer ons ons juis moet verheug in die kom van Christus, dat Kersfees vir baie mense die tyd van trane is.  Ek hoor juis die naweek dat dit vir die meeste mense ‘n hartseer tyd is.  Baie mense vier nie Kersfees nie, maar vrees dit.

Dit is vir my onverklaarbaar dat Kersfees vir baie mense ‘n verskoning is om te kyk hoeveel alkohol hulle oor ‘n kort tydjie kan gebruik.  Die meeste mense het ‘n bietjie ekstra geld in die sak en dit word gewoonlik aan ekstra drank spandeer.  Boonop het die meeste mense ‘n paar dae af, dus is daar baie tyd om ‘n bielie van ‘n hoofpyn te paai.  Die ekstra paar dae gee ook ‘n paar dae ekstra om in te drink.  Praat van ledigheid wat die duiwel se oorkussing nie.

Saam met die verhoogde alkohol inname, is daar ook ‘n verhoging in al die ander euwels.  Bakleiery en huishoudelike geweld is natuurlik voorop.  ‘n Paar bloedspatsels teen die mure dra seker tot die feestelikheid by.  Kerstyd is ook die tyd wat verkragting hooggety vier.  Nie net in die strate nie, maar ook in mense se huise.  Kersfees is traumasenters se besigste tyd. 

Die swart hond besoek mense ook graag vir Kersfees.  Juis omdat dit ‘n familiefees is, maak dit die sonder familie juis meer bewus daarvan.  Hulle is dus nog eensamer as gewoonlik.  Dit is ook die tyd wanneer daar na familie en vriende verlang word wat dood is of dalk net ver bly.  Mense word aan hulle eie sterflikheid herinner wat nooit ‘n aangename gedagte is nie. 

Daar is ook die kinders wat te vergeefs gaan wag vir Kersfees.  Diegene wat nie arm genoeg gelyk het (of te trots is) om van die geskenke wat ingesamel is te kry.  Daar kon dalk ook bloot net nie genoeg geskenke gewees het nie.  Party van hulle sal nie eers ‘n broodkorsie hê om die dag te eet nie.  Daarmee saam sal hulle dalk ook moet wegkruip om nie die slaansak van die aand te word nie.  Snaaks hoe daar nie geld vir kos is nie, maar wel vir drank. 

Ek glo dit is elkeen se plig om te kyk hoe hulle die Kersvreugde kan versprei.  Maar ‘n mens kan ‘n perd net tot by die water bring maar nie maak drink nie.  Dit is nutteloos om mense te help wat nie hulle self te maak nie. 

Kom ons dink aan die wat nie ‘n lekker Kersfees gaan hê nie.  Onthou, dit is nie noodwendig gesiglose vreemdelinge nie.  Ander se boeke is duister om te lees.





Oplossing Week 23

12 12 2010

Algemene Kennis

  1. Pieter-Dirk Uys (Demoerin)
  2. 16 Desember (Demoerin)
  3. Gottlieb Daimler en Wilhelm Maybach (Demoerin)
  4. Arizona (Demoerin)
  5. Daar was nooit silwer gewees nie, dus niks nie

Uilspieël

  1. Miss Congeniality – nie ‘n Kersfeesfliek nie (Demoerin)
  2. Wit – nie ‘n primêre kleur van lig nie (Demoerin*)
  3. N17 – nie ‘n hoofroete see toe nie (Demoerin)
  4. The Moonpress – geen verband met wikileaks nie (Demoerin)
  5. Game – nie ‘n brandstof verskaffer nie. (Demoerin)

Toorwoorde

  1. Lewendige, astrante, voorbarige meisiekind (BB)
  2. Rand (BB)
  3. Dit is hoe dit is
  4. Joernalis (BB)
  5. Vakansie (BB)

Couples Theraphy

  • Petrus – Padda (Demoerin / Charms)
  • Karel – Kraai (Demoerin / Charms)
  • Sarel – Seemonster (Demoerin/ Charms)
  • Gertjie – Papegaai (Demoerin/Charms) (Seun van Papegaai en Mamegaai 😉 )
  • Bennie – Boekwurm (Demoerin/Charms)

Wielie Walie karakters (Charms)

Liedjiepret

  1. Sweet Caroline – Neil Diamond (Demoerin)
  2. Like a Prayer – Madonna (Demoerin)
  3. We are family – Sister Sledge (Demoerin)

Liriekeraai

  1. Hold my hand – Akon (Demoerin)
  2. We are the world – Artist for Haiti / Michael Jackson (Demoerin)
  3. Shout – Tears for Fears (Demoerin)
  4. The Twist – Chubby Checker (Demoerin)
  5. Let’s get it started – Black Eyed Peas (Demoerin)