
Ons het as studente ‘n kapelaan gehad, kom ons noem hom Fr H. Dit was Fr H vreeslik lekker om vir my gas te gee. Om elke hoek en draai, selfs van die kansel af. Hy het seker verkeerdelik gehoop dat die kansel hom teen wraak sal beskerm. Snaaksie! Niks intimideer my nie, nie eers ‘n predikant op die kansel nie. Ek het terug getart, selfs as hy op die kansel gestaan het.
Fr H het nogal ‘n langasem gehad het. Ons was eintlik nie veel gepla, hy het baie boeiend en vermaaklik gepreek. Hy, lief vir sy eie stem soos hy was, was ook lief vir sy eie tyd. Hoe langer hy preek, hoe langer voordat hy huis toe kon gaan. Eendag vertel hy ons vol bravade dat ons hom moet stop as hy 10 minute lank preek en sommer dood moet skiet as hy by 15 minute kom. Niemand het dit ernstig opgeneem nie, maar ek het van daardie dag af altyd die oor op die horlosie gehou.
Die een dag van hy my terloopse blik op my horlosie gevang. Hy het nie eers gebloos nie. “Onthou om my te stop!” het hy my herinner en met sy preek begin. Die volgende oomblik word ek uit my ry gepluk om ‘n voorbeeld van te maak. Hy wou wys wat die verskille tussen my en hom was en dat elke mens uniek is. Die hoofverskil – volgens hom – was dat ek baie mooier was as hy. Natuurlik het ek bloedrooi gebloos en hy het net vir die gemeente vertel dat hulle my nie jammer moet kry nie. Ons het dit glo vooraf beplan. Ek kan tot vandag toe nie glo dat ‘n predikant so in sy preek kan lieg nie.
Na ‘n paar insidente soos die, het ons natuurlik ‘n band van kattekwaad gebou. Elkeen het natuurlik been en steen gekla oor die ander een, maar dit eintlik in die stilligheid geniet. Fr H is later gestuur om sy PhD te doen en ek het graad gevang. So ‘n paar jaar later land ons weer saam in die kerk. Hy as ‘n hulppriester vir die spesifieke diens opgetree en ek was een van die gemeentelede.
In die openingslied vang ons mekaar se oë en bars altwee van die lag uit. Natuurlik het een of ander sot mos eeue terug besluit mens mag nie in die kerk lag nie, tensy dit ‘n beleefde Ha Ha is vir ‘n predikant se flou grappie. Dus probeer ons altwee ons lag in die gesangeboek wegsteek. Te vergeefs. Elke keer wat ons op kyk, begin ons weer. Ons moes maar later eerder sorg dat ons nie vir mekaar kyk nie.
Hoekom is goed altyd so besonders snaaks in ‘n kerk?
Breinvasbrand: Wat gee Le Bafana vir stout kinders?
Breinslosbrand: Vee was reg met 1987.
Wie runnik saam?