Die Voordrosters

17 12 2010

Hallo Maatjies

Tannie Voordroster het my genooi om vir haar te kom kuier.  😀  Daarso, by die voordroster monster.  Sy het my gevertel dat sy nie rooikoeldrank het nie, 😯  maar dat sy my ‘n storie gaan vertel.  Ek hou van stories.  :mrgreen:  My se ouma vertel die mooiste stories.

Lank terug, eeure terug was daar tannies en tannie-ooms wat nie in Kaapplek wou woon nie.  👿  Hulle was bang dat die wind hulle om gaan waai en dat hulle dan Ingels moet praat.  😯  Ek sou ook my besem gevat het, ek weet nie mooi van Ingels praat nie.  :blaas:

Die mense het met ossekarre gery en hulle laaaaaannnnnnkkkk getrek.  😯  Daar was nie lorries eeure terug nie.  Osse is beeste wat nie kan eiers lê nie.  😆  Die voordrostertannie is ook maar lekker dom.  Beeste maak melk, nie eiers nie.  :mrgreen. 

Daar was ‘n tannie-oom Piet Retief  gewees wat by tannie-oom Dikgans plase gaan koop het.  Tannie-oom Dikgans het ‘n groot partytjie gehad en toe wou hy nie meer die plase gee nie.  😯 Hy het hulle toe almal doodgemaak.  😥  Hy het ook die maatjies wat vir tannie-oom Piet gewag het, gaan dood maak.  😥

Die voordrosters was baie hartseer 😦  .  Hule het die plase gesoek wat hulle gekoop het.  Hulle het toe vir Tannie-oom Andries Pretorius gesms om hulle te kom help.  Die Tannie-Oom het dadelik op sy perd gespring en hy het vir tannie-oom Sarel Cilliers vertel om ‘n gelofde te skryf.  🙂  Ek is ‘n slim heks, ek weet wat ‘n gelofde is.  Dit is wanneer mense vir Liewe Jesus iets belowe. 

Die maatjies het gabelowe dat as Liewe Jesus hulle help, dan sal hulle vir Hom ‘n kerk bou en altyd maak of daardie dag ‘n kerkdag is.  😛  61 Desember 1838 het die Zoekoes toe weer met die Voordrosters kom baklei.  😯  Die voordrosters was reg vir hulle.  Tannie-oom Andries het hulle gevertel dat hulle nie mag skiet, nie voordat hulle die snot in die Zoekoes se ore kan sien nie.

Maatjies, hulle het so baie Zoekoes geskiet dat daar ‘n rivier van bloed was.  😯  Regtig, die Voordroster tannie sal nie jok nie.  Daarna het die voordrosters ‘n kerk gebou en het hulle elke jaar ‘n ekstra kerkdag. 

Sjoe, nou weet julle hoekom is ek die mooiste en slimste heksie wat julle ken.  Tata Maatjies





‘n Geskikte Geskenk

17 12 2010

Goed, goed!  Ons almal ken die storie.  Dit is die gedagte en nie die prys op die geskenk wat tel.  Jy kan tog nie materieële dinge eendag saam met jou neem as jy die tydelike met die ewige wissel nie.  Wat is geld nou eintlik?  Veral as dit by ervarings kom?

Ek het netnou gou so ‘n bietjie rondgekrap vir geskenk idees.  Ek kom toe op op English Electric Lighting Jet Flight af.  In ander woorde, jou een keer in ‘n leeftyd kans om Top Gun te speel.  Jy sal as passasier in ‘n gevegsvliegtuig van swaartekrag ‘n gek te maak.  Dit alles terwyl jy die spoed van klank breek.  Klink nogal opwindend, met so ‘n bietjie groen om die kiewe.

Jou 3 uur lange ervaring in Kaapstad sluit nadere kennismaking met die vliegtuig in.  Jy gaan soos ‘n regte egte vlieënier aangetrek word en jou persoonlike vlienier met die hand groet.  Natuurlik gaan jy eers ‘n lesing moet bywoon en geleer moet word wat om in nood te doen, hoe jou stoel uitgeskiet kan word en hoe die suurstof en kommunikasie daarbo werk.  Wanneer jy uiteindelik jou voete in die vliegtuig sit, gaan jy loodreg klim tot ‘n hoogte van 50 000 voet.  Dit gaan jou ‘n uitsig van die buiging van die aarde se oppervlak gee.  Die werklike vliegtyd is omtrent 30 minute.

Alles teen die spesiale prys van R145 000.  Onthou, jy kan nie eendag geld of sekuriteit saam met jou neem nie.  Wat is R145 000 nou eintlik?  Maar net ‘n kleinerige kar of  ‘n maandlikse salaris van R12 083 vir ‘n jaar lank.

As dit te veel andrenalien vir jou is of effens buite jou begroting, kan jy altyd die BAe Buccaneer Jet Flight Experience teen R109 000 vir 3 ure doen.  Die vlieënier in die geval is glo jou gewillige slaaf, wat enige iets sal doen om jou gelukkig te maak.

Noem my middelklas en banaal, maar ek sal nou nie sommer soveel betaal vir ‘n geskenk nie.  Hoe voel julle daaroor?  As finansies nie ‘n faktor is nie, wat sal jy graag wil ervaar?





Kersoplossing

17 12 2010

Algemene Kennis

  1. Joseph Mohr (Demoerin)
  2. goud, wierook en mirre (Demoerin/Cinderella)
  3. Martin Luther
  4. 4 (Demoerin)
  5. Oliver Cromwell (Demoerin)
  6. Kerskaartjies (Demoerin)
  7. Turkye (Demoerin)
  8. Bethlehem (Demoerin/Cinderella)
  9. Herodes (Demoerin)
  10. Elisabet (Demoerin)

Uilspieël

  1. Monnik – nie ‘n benaming vir Jesus nie (Demoerin)
  2. Chancer – nie een van Kersvader se takbokke nie (Demoerin)
  3. Geskeer – nie ‘n kenmerk van Kersvader nie (Demoerin)
  4. Eet – geen verband met mistletoe en soen nie. (Demoerin)
  5. Geskenke – geen verband met die Engele en Skaapwagters nie (Demoerin)

Couples Theraphy

  • St Nicholas – Nederland (Demoerin)
  • Santa Claus – VSA (Demoerin)
  • Father Christmas – Engeland (Demoerin)
  • La Befana – Italië (Demoerin)
  • Joulupukki – Finland (Demoerin)

Draers van geskenke in die verskillende lande.  (Demoerin)

Liedjiepret

  1. All I want for Christmas is my two front teeth (Demoerin)
  2. Silent Night (Demoerin)
  3. Jingle bells (Demoerin)
  4. Away in a manger (Demoerin)
  5. Frosty, the Snowman (Demoerin)
  6. Somer Kersfees (Demoerin)
  7. Sonneblom in Bethlehem (Demoerin)
  8. I saw Mommy kissing Santa Claus (Demoerin)
  9. First Noel (Eerste Kersfees)
  10. O come all ye faithfull (Demoerin)

Liriekeraai

  1. Die Heiland is gebore (Demoerin)
  2. Stille Nag (Demoerin)
  3. Mary’s Boy Child (Demoerin)
  4. Little Drummer Boy (Demoerin)
  5. Blonde oomblik (Demoerin)
  6. Hark the Herald Angels sing (Demoerin)
  7. Ding Dong Merrily on High (Demoerin)
  8. Joy toe the World (Demoerin)
  9. O Little Town of Bethlehem (Demoerin)
  10. O Bethlehem Ster (Demoerin)