Kersfeesboom

10 12 2010

Ek dink min mense sal die artikel van Charlize vergeet waarin sy beweer het dat Suid-Afrika nie Kersfees vier nie.  Volgens haar is daar geen tradisies nie, baie mense doen glo nie moeite met ‘n Kersboom nie.  Ek is nie seker in watter Suid-Afrika het sy groot geword nie.  Ek weet van bittermin huise wat nie ‘n Kersboom het nie.  Dit sluit my huis in.

Kersboom is vir die meeste van ons ‘n groen plastiese boom wat een keer ‘n jaar uit ‘n houer gehaal word.  Dit kry dan ‘n paar balle, kieries, kersvaders en natuurlik liggies.  Ek onthou ‘n tyd wat wit kersbome baie gewild was.  Edgars het jare lank die wit bome gebruik rondom kersfees.  So ‘n paar jaar terug was metaal “kersbome” baie gewild.  Jacaranda FM gaan ‘n 8 m hoë Jakaranda boom met pers liggies versier vir hulle kersboom vanaand.  Daar is ook baie mense wat die eerste en beste groot boom in hulle tuin gryp en versier met liggies oor Kersfees.

Ek lees vanoggend van ‘n man wat ‘n daggaboom sommer ingespan het as ‘n Kersboom. Die daggaplant is 1.8 m hoog en hy het getrou die liggies vir die boom opgesit.  Hy wou nog versierings bysit en later geskenke onder die boom geplant het, maar die Duitse Polisie het nie gedink dat hy baie oorspronklik was nie.

Watter ongewone Kersboom idees het julle?


Aksies

Information

7 responses

10 12 2010
BB

Dit hang seker daarvan af van hoe tradisioneel mens dit wil hou en of mens die konnotasie van die kersboom met die oorspronklike rede wil handhaaf…
Ek het met die hele duitse tradisie daarvan grootgeword. Oupa of pa het die boom gaan haal Oukersdag. Hy is die middag versier en het agter geslote deure gebly tot met geskenkuitdeling (na ‘n laaaaaang en uitgerekte aandete – en voor die middernag kerkdiens) – dit was nou vir jou ERG vir ons as kinders. Eers moes ons eet 🙄 (en wie kan nou onthou hoe proe kos as die kosbaarste goedjies onder die boom lê en wag??) en dan moes ons kerk toe SONDER ons persente – en het amper die hele diens ‘gemis’ oor ons nie kon wag om by die huis te kom nie. Teen daardie tyd het ons ouers ons moes indra en het ons regtig eintlik eers op Kersoggend die persente behoorlik kon gadeslaan.
Die kersboom word dan die 7de Januarie weer weggevat.
Noudat die kinders die jaar met Oupa en Ouma see toe gaan tot na Kersfees, sal ek maar nie die boom opsit nie. (Ek doen wel die adventskrans ens…).
Elkeen moet ook oor die feesgety sy eie kersbord kry. Koekies, neute, sjokolade, en allerhande peuselgoedjies – plus ‘n blinkgevryfde appel of twee – en hier terlande sommer stukkies biltong, droëwors en gedroogde vrugte (ons is afterall in Afrika).
Weet jy wat mis ek van Kersfees? Kerskaartjies in die pos!! Ek stuur nog vir my familie oorsee elk jaar kaartjies – met ‘n foto van die kinders daarop – erg XMas versier – lekker kitsch, ek weet…
Ek het 3 jaar terug die top van ‘n sisalplant gevat – die droë stam met die arms wat lyk of elkeen ‘ spul vingers aan het (hulle groei oral langs die pad) – plant in ‘n emmer met klippe en sand – versier die emmer met geskenkpapier en lint – en decorate daardie tak op ‘n ‘less is more’ manier. Ek het rooi en silwer gegaan… was beautiful. Hmmmm – dalk kry ek tog vir my weer so een die jaar? :mrgreen:

10 12 2010
Xena Phoenix

Min kulture vier Kersfees soos die Duitsers. Ek is mal oor ‘n adventkrans.

10 12 2010
demoerin

Ek moet sê ek like nodal daardie kaktus.

10 12 2010
demoerin

…nogal…

10 12 2010
Xena Phoenix

Daardie kaktus is cool. Mens kan dit seker ook met ‘n alwyn doen.

10 12 2010
cinderella

charlize het dalk sonder n kersboom grt gewrd toe dink sy dalk almal doen dit so!

10 12 2010
cinderella

toets

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: