Toeka Tokkel: Skryf ‘n boek

31 03 2015

Scrapy se taak vir die week is om oor boeke te skryf.  Wat ek al ten minste 300 keer gedoen het en ek haat dit om myself te herhaal.  😉  Dus moes ek verder as my neus dink om die onderwerp ‘n ander baadjie aan te trek.

Ek dink menige mense wat blog droom daarvan om eendag ‘n regte egte skrywer te wees.  In ag genome dat meer as 80% van die wêreldbevolking gelettered is, is dit seker ‘n redelike gevolgtrekking dat meer as 80% van die wêreldbevolking kan skryf.  Tog is nie almal wat kan skryf, skrywers nie.  As jy jouself regtig die dag ‘n skrywer wil noem, moet jy sekerlik iets daarvoor kan wys.  Wat beter is daar om jou skryf mee te bewys as ‘n gepubliseerde boek?

Die probleem is egter om ten minste 50 000 woorde aanmekaar te flans in iets wat ander mense sal betaal om te lees.  As ek die storie regverstaan moet jy ook bereid wees om redelik vinnig die proses te herhaal sodat die uitgewer waarde vir hulle belegging kry.  ‘n Belegging waarvan jy (al is jy redelik goed en gemiddeld suksesvol) baie min van sal sien.  Almal is nou nie J.K. Rowling of E.L. James wat die mark gaan storm loop nie.  Ons praat hier van uiters harde werk, terwyl jy jou regte werk moet doen om jou brood en botter te kry, vir bittermin beloning.  Behalwe nou vir ‘n boek, ‘n regte boek, wat eintlik joune is.

‘n Eie boek is dus ‘n baie mooi prentjie wat net so moeilik is om in te kleur.  Nogtans bly dit vir baie mense ‘n droom vir eendag.

Ek weet darem nie of ek myself as ‘n skrywer sien nie.  Benewens die feit dat ek ‘n luiaard van die eerste waters is, is ek nou nie regtig die letterkundige tipe nie.  My swakste vakke op skool was Tale.  Ek het my al verstout dat my Afrikaans beter as gemiddeld is, maar Better Afrikaans het my oortuig ek verkeer onder ‘n waan.  Wie sou nou ooit kon raai daar is 3 verskillende maniere om ‘n woord te spel?  Ek dwaal nou egter af.  Ek is nie ‘n goeie storieverteller nie, mense begin altyd te gaap as ek ‘n sappige skinderstorie vertel.

Maar kom ons verbeel ons vir ‘n oomblik dat daar ‘n boek in my broek sit.  Watter tipe boek sal ek wil skryf?  Die reine waarheid?  Iets anders.  Ek sal beslis nie die moeite doen vir iets wat ander al gedoen het nie.  Vir vandag sal ek ‘n storie oor ‘n vroulike spioen wil skryf.  Sy sal egter nie haar ding met geweld doen nie (daarvoor is James Bond, Jason Bourne en Evelyn Salt daar).  Nie dat ek iets het teen vrouens wat gatskop nie, kyk maar na wie ek myself vernoem het.  Ek dink net dat daar ‘n gaping is vir ‘n vroueheld wat op ‘n slim manier die wêreld red.  Slim beteken nie seksueel nie.  Ek dink eerder aan manipulasie, listigheid en outydse kul jou hier en kul jou daar.

Die toon sal sarkasties wees, hopelik met vlymskerp humor.  Dit moet ‘n lekker leesboek wees, maar intelligent en realisties.  Ernstig, maar tog vermaaklik.

Dalk moet ek eerder die idee verkoop.  Ek sal beslis nooit so ‘n vrou (of man) kan skep nie.

Skryf jy ‘n boek in jou wildste drome?  Watse tipe boek sal jy graag wil skryf?

Breinvasbrand:  Wie is die skrywer agter Jason Bourne?

Breinlosbrand:  Blykbaar die Romeine.  Dit is ook waar die woord Plumber sy ontstaan te danke het.


Aksies

Information

26 responses

31 03 2015
rondomtaliedraai

Nee wat my gedagtes is heeltemal onsamehangend …

1 04 2015
Xena Phoenix

Dit word kuns genoem. Jy wen dalk een of ander prys of iets.

1 04 2015
rondomtaliedraai

Nahhhh … mens moet weet waarin jy jou nie moet begewe. Ek het darem ‘n mooi glimlag – dit troos darem.

31 03 2015
Olga

Robert Ludlum?

31 03 2015
Olga

ek kan nie gped jok nie. Maar as ek wel ‘n boek sou skryf watse soort boek? Verkieslik ‘n lekker gesels resepte boek.

1 04 2015
Xena Phoenix

Dit is juis die gesels om ‘n resep wat resepteboeke interessant maak. 😉 Alhoewel, almal google deesdae resepte. Jy moet dalk n resepte blog oopmaak.

1 04 2015
seegogga

Klink my jy HET ‘n boek. Miskien moet jy tog maar begin om te skryf. Ons sal hom lees!

1 04 2015
Xena Phoenix

Het dalk die boek, maar nie die vaardighede om reg daaraan te laat geskiet nie. Wil julle darem nie martel nie. 😉

4 04 2015
seegogga

jy het beslis die vaardighede! moenie jouself onderskat nie!

1 04 2015
Toortsie

Skryf daai boek! 🙂 En jy hoef nie ‘n held te skep nie. Gebruik sommer jouself as held… 😉

1 04 2015
Xena Phoenix

Snork!! 😉 Ek is nie held materiaal nie. Jy soek nie ‘n held wat die leser gaan wens dat sy moet vrek nie. Ek is eerder die antagonis.

1 04 2015
scrapydotwo

Dis lekker om te borduur oor n onderwerp. Ek het beslis jou brein n bietjie gekielie om jou 301 se stuk oor boeke te skryf! Jy mag maar skryf hoor! Dankie vir deelname dit was lekker leesstof! 😀

1 04 2015
Xena Phoenix

Wel, jaaaa! Ek het nog 7 ander idees, maar hulle wou nie lekker vloei nie. Volgende keer.

1 04 2015
scrapydotwo

Weet presies wat jy bedoel me vloei. Het bv nog nie volgende Toeka begin nie. Dis nog besig om te “ontwikkel” in my agterkop. Sal more vroeg myself in rat moet kry om klar te wees voor julle Donderdag begin!

1 04 2015
Sparkle

Gaan daai spioen van jou hoe hakke of plat “plums” dra Merrie? 😉

Ek dink ons almal droom van boeke skryf. Ek persoonlik sal eerder artikels wil skryf wat ‘n mengsel van verbeelding en navorsing is. Een van die beste dinge wat ek onlangs aangepak het is om te blog. Hoe meer jy vertel en saam gesels hoe meer wil jy dit doen. EN, mens ontmoed die wonderlikste mense wat ander perspektiewe as jy het. 🙂

1 04 2015
Xena Phoenix

Blinkertjie, wat dink jy? Sy gaan boom klim met 10 cm hoë hakke. 😉

Weet jy, die beste stories is so met werklike feite saam geflans dat jy nie seker is waar die storie begin en die feite ophou nie.

Uhmm! Dalk moet ek ‘n storie van Grace O’Malley skryf net vir pret.

1 04 2015
Sparkle

Klink of jy vir haar van daardie Hitech stap stewels moet aantrek. Xena, jou fanclub sit nou almal al reg met hul springmielies. Vertel ons van daai “plain Jane” 🙂

1 04 2015
Toeka tokkel boeke. | OLGA SE OKSELTJIES

[…] het weer gaan kers opsteek by Scrapy.  Grieters vertel so graag hoe vevelig ‘n storie verteller sy is, ek weet darem nie of ek haar glo nie. […]

1 04 2015
pienkpantoffels

Ai, as ek dink hoeveel ‘story starters’ ek in my leêrs het, dan raak ek skoon moedeflippenlooslikdepressief! Ek wil so graag ‘n storie skryf, dan dink ek … wie sal dit nou wil lees … of … is dit goed genoeg. Dan kliek ek ‘save’ en skryf nie verder nie. Eendag as ek groot is, maak ek dalk een klaar. Ek het lekker gelees hier – en as jou boek in die trant van jou blog gaan wees, sal ek hom beslis lees!

1 04 2015
Xena Phoenix

Slippertjies, kom ons gaan ‘n ruil ooreenkoms aan.

Gee vir my ‘n storie (kom ons sê 10000 woorde) en ek gee jou ‘n Grace O’Malley storie. Of jy dit wil hê of nie.

1 04 2015
pienkpantoffels

Mmmmm herhinder my weer so oor ‘n week. Ek sal bietjie gaan rondkrap in my argiewe 🙂

1 04 2015
Spokie sny spoor

Ek stem ook dat die meeste ouens wat ‘n blog het, daarvan sal hou om te skryf of boek op die mark te sit. Iemand het gesê, die beste manier om te begin skryf is om op jou boude te gaan sit en te skryf, skryf, skryf.

Jys doodreg as jy sê dis nie maklik. En jy sal defnitief ook nie ryk word daarvan nie. Dit moet eerder ‘n passie wees, dink ek.

Maar wat ek ook agtergekom het, is dat sommige blogmense dit doen vir ‘n familierede. Miskien is hul baie alleen …?

1 04 2015
Xena Phoenix

Iemand anders het weer gesê as jy in die oggend wakker word en aan niks anders as skryf kan dink nie, dan is jy ‘n skrywer.

2 04 2015
8 04 2015
Kameel

Miskien kan ‘n mens ‘n storie uitdink, maar hoe de swernoot skep jy karakters wat nie êrens langs die pad platval nie? Nee wat…. ek lees die ou classics, want ek het nog nie weer iemand teëgekom wat soos hulle kan skryf nie.

13 04 2015
Olga

1
2
3
Blok vir Grieters.

Lewer kommentaar op pienkpantoffels Kanselleer antwoord