Toeka Tokkel: Operasie Herriemerrie
6 03 2015Scrapy wil die week van operasies weet. Maklik. Ek het een operasie in my lewe gehad. Ek was die oggend ingeboek en die middag ontslaan, minus my verstandtande. Ek het die narkose vining afgeskud en was amper dood van die honger. Ons was al amper by die huis voordat ek vaste kos kon sluk.
Ek is nog verveliger as my een operasie. Ten minste was daar darem met die operasie bloed betrokke gewees en het daar bene gespat. Dit is al amper genoeg rede tot ‘n fliek. Met die nodige onderskrifte en regtige lang intense tonele kan dit selfs ‘n kunsfliek wees. Een wat niemand sal kan deursit nie, maar wat die kritici sal ophemel uit vrees dat hulle dit sal moet kyk.
Ek het nou heeltemal afgedwaal. Ek het besluit dat vandag Operasie HerrieMerrie is. As daar enige vrae is wat julle my wil vra, is dit nou julle kans.
Kommentare : 11 Comments »
Kategorieë : Huiswerk
Wie runnik saam?