Waar is die heksie?

7 03 2015

Hallo Maatjies!

Tannie Ougat en Tannie Rondeneusie was die meeste reg.  Merriegriet sê dat Duin 7 wel naby Walvisbaai is, so Tannie Tossel is ook reg.  Duin 7 is in die Namibwoestyn, so Tannie Skrabbel was ook reg.  Jong!  Julle is darem vreeslik slim.

Vandag gaan julle julle oor ‘n mik soek.  Nee, Tannie Ougat mag nie kroek nie.  Sy is aan, nie ekke nie.

P1100791

Dit is ‘n plek in die Winderige hoek waar heksie kan kos en rooi koeldrank kry.  Dit is ‘n vreeslike deur mekaar den, julle gaan julle dood soek.

1

2

3

Ek is weg.