Hie Hie Hie!!!
Ekke het gewen. Niemand kon my den kry nie. Tannie Ougat, Tannie Skrabbel en Tannie Rondeneusie het geweet dit is in Windhoek, maar daar is baie denne in Windhoek.
Laviga Heks is ‘n wegkruipkampeerder. Ekke was in Joe’s Beerhouse. 😯 Maatjies, daardie plek is deurmekaarder as Merriegriet se huis. Julle moet gaan kyk as julle weer na die Winderige Hoek gaan.
My den vandag is nie ver van die laaste den nie. Dit is by ‘n bul sonder knolletjies. ‘n Tannie-oom het dit lank terug met geweerdoppies gemaak, maar hy het gevergeet van die knolletjies.
Weet julle waar my den is?
1
2
3
Julle is aan!
Wie runnik saam?