Ek is nie seker wat mense gedoen het vir musiek voordat daar plate was nie. Hulle moes dit seker maar self maak of na konserte gaan. Moontlik self sing om deur die dag te kom. Dit was eers in 1857 wat die eerste gramofoon speler gepatenteer en daarmee kon mense die musiek van hulle keuse huis toe vat.
Vir baie jare was plate (wel, een of ander vorm daarvan) goed genoeg. Dit was dalk ‘n bietjie lomp, nou nie maklik om in jou kar te speel nie en kon nou nie ‘n paar kleuters wat op hulle geskaats het oorleef nie. In die vroeë 70’s was daar kassette. Nie regtig meer duursaam nie, maar makliker om jou eie te maak en rond te dra waar dit jou pas. Selfs in jou kar en later was dit ook die eerste medium wat jou toegelaat het om dit orals saam met jou te dra. Solank die kasset gehou het, was die klank ook beter as die van ‘n plaat.
In die 80’s het laser skywe die mark getref. Die klank kwaliteit was uitstekend. Die CD het vinnig lang speel plate vervang en na ‘n rukkie het dit sommer kassette ook nek om gedraai. Dit was draagbaar, meer duursaam (nou nie perfek nie) en mens kon nog steeds jou eie CD’s maak. As dit nog nodig is.
Die laaste dekade of so, is dit amper geldmors om ‘n CD te koop. As jy eerlik is, koop jy sommer jou musiek aanlyn. Dit is elektroniese media, wat dus uiters draagsaam is. Verder is dit absoluut krap bestand. Buitendien het jy nie meer nodig gehad om die hele album te koop as een liedjie jou sokkies op en af rol nie. Mens kry nog CD’s, maar die doodklokke begin hard en duidelik te lui.
En nou? Nou is ons snaaks genoeg terug na plate. Moenie dink dat dit die ou mense is wat terug verlang nie. Elke radiostasie het hulle “vinyl” oomblik om mense te ? Ek is nie seker nie. Daar is ‘n skimp dat elke mens wat ernstig oor musiek is, ernstig plate versamel. Musiek is net musiek as dit lewendig gehoor word of van ‘n plaat afgespeel word.
Persoonlik is ek maar ‘n CD meisie. Hoe verkies julle julle musiek? Is plate nou hier om te bly?
Breinvasbrand: Die eerste pop musiek CD van Polydor Pressing Operations was The Visitors in 1981. Wie was die kunstenaars agter The Visitors?
Breinlosbrand: Kameel was reg met Herbert Baker.
Wie runnik saam?