Waarskuwing: Gim Kleedkamers

29 03 2015

As ek kon het ek natuurlik nooit ‘n voet daar gesit nie.  Ek praat nou nie van die gim nie, maar van die gim se aantrekkamers.  Helaas is dit nie altyd moontlik.  Sien, my neus vra gewoonlik nie vir toestemming om te loop nie.  Water drink is goed en gesond, maar dit het ook ander newe effekte wat ‘n besoek aan die aantrekkamer regverdig.  Soms smeek jou hande om gewas te word.  Dit is ook nie altyd moontlik om te verklee voordat jy by die gim kom (Nota aan self:  baie mense verklee terwyl hulle bestuur.  Wat keer jou?).  Tussen jou dagboek en ESKOM is dit ook met tye noodsaaklik om by die gim te stort.  ‘n Lang relaas om te verduidelik dat ek nie die kleedkamers kan vermy nie.

Hoekom wil ek dit vermy?  Doodeenvoudig.  Elke keer wat ek my lewe in een waag is daar ‘n vrou (of meer) wat haar volle Evasgewaad in my oog steek.  Nee, dit is nie dat ek staar nie.  Ek is halfpad blind (Nota 2:  Haal dalk jou bril af as jy die kleedkamer moet betree), maar dit is blerrie moeilik om dit mis te kyk.  Dit is aansienlik minder pynlik om te aanskou as sy diskreet is.  Helaas, party vroue het geen voorbehoude nie.

Ek sien gereeld hoe iemand haar so met room smeer dat alles bespat word.  Dit is nie vreemd om ‘n vrou poedelnaken op ‘n bankie te sien sit terwyl sy met haar selfoon speel nie.  Ander van hulle blaas weer hulle hare droog voordat hulle aantrek.  Party loop ook skynbaar doelloos rond.  Diegene wat diskreet voor hulle toesluitkassie hulle ding doen, is nogal skaars.

Toegegee, mens kan hulle nou nie regtig blameer nie.  Die gim het ‘n spul afgeskorte (dankie tog!) storte.  As jy nou regtig issues het (soos die uwe) kan jy wel daar aan en uit trek.  Dit is egter baie beknop en daar is geen waarborg dat jou skoon klere droog gaan bly nie.  Die akrobatiese toertjies wat jy moet uithaal om dit reg te kry, tel seker as ekstra oefening.

Dit gaan net my verstand te bowe dat hulle nie ordentlike aantrekhokkies kan maak nie.  Ek dink aan ‘n toonbank (te hoog vir kaal, dik stêrre om op te kan spring) vir jou klere, plek om aan en uit te trek en natuurlik ‘n stort met deure sodat dit wat moet droog, droog bly.  Daar is Gims wat so ingerig is, sekerlik kan die Besige Maagde dieselfde doen?  Dalk kan hulle sommer ook die toilette van die kleedkamer skei.

Ek weet al die vroue het niks wat ek nie ook het nie.  Dit beteken nie dat ek dit wil sien nie.  ‘n Klein bietjie privaatheid het niemand al ooit skade gedoen nie.

Wat dink julle?  Is ek die een met die probleem?  Hoe voel jy oor gemeenskaplike kleedkamers / badkamers?  Hoe voel jy daaroor om sulke geriewe te deel?  Wat as jy dit met die teenoorgestelde geslag moet deel?

Breinvasbrand:  In watter gemeenskap was die eerste loodgieters gekry?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Mr. Brownlow.


Aksies

Information

23 responses

29 03 2015
vuurklip

Besige Maagde oftewel Active Virgins is een van daai oulike oksimorons soos ‘n Climax Windpomp.

30 03 2015
Xena Phoenix

Ek waardeer woordkuns baie. Daar is min dinge soos ‘n oksimoron of ‘n goeie stukke sarkasme.

29 03 2015
Sparkle

Ek dink nie van die dames kliek dat sommige van ons hulle nie in hul geboortepakkies wil sien nie. Ek is een van daai wie nog toehou met die handdoek en met my plakkies stort toe trippel. Ek droog ook af in die stort en nie in die ontklee area nie. Gelukkig stort meeste dames nie by die gym nie en is ons badkamers redelik stil. (So 4 na 5 mense op die meeste)

30 03 2015
Xena Phoenix

Ons gim se aantrekkamer is ook betreklik stil. Die handvol kere wat ek wel daar gestort het, was ek die enigste mens in die storte. Toegegee, ek het nog nooit in Peak tye die stort gebruik nie. Ek dink daar is aansienlik meer dames dan.

30 03 2015
scrapydotwo

Jy hoef nie alleen te voel nie. Ek voel ook soos jy, oor die geriewe wat nie rerig gerieflik is nie. Hoekom moet daardie vruens afshow met wat hul het of nie het nie. Hou niks daarvan nie!

30 03 2015
Xena Phoenix

Ek dink daar is party van hulle wat kaalstert (soos in letterlik) sal daan gim as hulle kon. Daar is ‘n wesenlike verskil tussen ‘n vrou wat gou-gou so diskreet as moontlik voor haar ‘locker’ aan of uittrek. Niemand kla daaroor nie. Ander het bloot net nie daardie diskresie nie.

30 03 2015
Toortsie

Ek besoek nou glad nie meer ‘n gym nie, so eintlik kan ek seker nie saampraat nie.
In my skooldae het ons almal aan- en uitgetrek voor en na die liggaamsoefeninge klas, maar ons onderklere aangehou. Ons het nie gestort nie.
Ek sou ook maar grillerig wees. Regtig.

30 03 2015
Xena Phoenix

Ons het op skool ook almal saam aan- en uitgetrek voor LO. Siende dat ons in die somer geswem het, moes alles met tye gewaai het. Nogtans het ons so aangetrek dat ons so min as moontlik bloot gestel het. Soos om jou kortbroek onder jou rok eerste aan te trek of om jou swembroek onder jou handdoek uit te trek.

30 03 2015
pienkpantoffels

Ek is saam met jou met die een. My privaatheid is vir my baie belangrik! Al wanneer ek kaal rondloop is wanneer ek stoksiel alleen by die huis is.

30 03 2015
Xena Phoenix

Ek doen nie eers dit nie. Die bure kyk daar en ek wil nie die heks blind maak nie.

Ek en my suster het op ‘n stadium saam gewoon. Sy het nou wragtig nie ‘n saak gehad nie. Sy sal sommer ‘n hele fliek kyk terwyl sy haarself room smeer in die sitkamer. As ek oor die bure gemaan het, was haar antwoord dat dit haar huis is. Natuurlik kan sy kaal TV kyk in haar huis.

30 03 2015
pienkpantoffels

Gelukkig het my huis hoë mure reg rondom. As hulle my wil sien moet hulle op ‘n leer staan 🙂

30 03 2015
Spokie sny spoor

STem. Hierdie is wesenlike probleem. Ek dink sommige dames gaan oorboord met die vertoon van hul liggame. Glo dat sommige van hul eerder ‘n manie het, en dit nie soseer oor fitness gaan nie.

31 03 2015
Xena Phoenix

Wat my verstand te bowe gaan is dat dit dikwels nie die dames is wat iets het om te vertoon nie.

30 03 2015
rondomtaliedraai

NNNNNNeeee sulke vrouens wat nie gephotoshop is nie is te veel vir my gestel …

31 03 2015
Xena Phoenix

En selfs al is hulle gephotoshop, is daar niks verkeerd om so gou as moontlik aan te trek nie.

31 03 2015
rondomtaliedraai

Nee wat sulke openbare aantrekkery is sommer ‘n show … mens trek maar in die toilet aan indien nodig

31 03 2015
Sparkle

, Okey ek gaan se wat ek al lankal wou. Ek dink dis ‘n kultuur ding. Dalk. Want in ons gym is dit net die Xhosa sprekende dames was so poedelkaal rondloop, nie die Afrikaanse of kaapse dames nie

1 04 2015
Xena Phoenix

😉 Jy weet ‘n mens mag dit nie sê nie. In ons gim dink ek nie daar is veel Xhosa sprekendes nie. Hoewel, die Zulu, Sepedi, Tswana ens is regtig geneig om dit te doen. Daar is wel ‘n paar Engelssprekendes / Afrikaanssprekendes ex-kolonialiste wat dieselfde doen, maar hulle is ver in die minderheid. Ek moet sê; ek het nog nooit ‘n Indiër dame dit sien doen nie.

1 04 2015
rondomtaliedraai

O ok dit kan ek verstaan Ek hou nie van gym nie maar nie een van my vriedinne sal so in die openbaar uittrek nie

30 03 2015
Olga

If you’ve got it, flaunt it. Beauty is after all in the eye of the beholder. Ai, hulle kan seker nie genoeg van hulle self kry nie.

31 03 2015
Xena Phoenix

Dit is nie ‘n geval van dat hulle dit het nie. Hulle flaunt maar net.

7 04 2015
Klip

Ai tog ………….. al hierdie prentjies in my gedagtes………….. CTRL-ALT-DELETE ………… Remove all cookies. Clear cache!!!! format harddrive!!!! Start in safe mode

7 04 2015
Klip

Goggas skuil in snaakse plekke.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: