Ek is die wenner

14 03 2015

Hie Hie Hie!!!

Ekke het gewen.  Niemand kon my den kry nie.  Tannie Ougat, Tannie Skrabbel en Tannie Rondeneusie het geweet dit is in Windhoek, maar daar is baie denne in Windhoek.

Laviga Heks is ‘n wegkruipkampeerder.  Ekke was in Joe’s Beerhouse.  :shock:  Maatjies, daardie plek is deurmekaarder as Merriegriet se huis.  Julle moet gaan kyk as julle weer na die Winderige Hoek gaan.

P1100682

My den vandag is nie ver van die laaste den nie.  Dit is by ‘n bul sonder knolletjies.  ‘n Tannie-oom het dit lank terug met geweerdoppies gemaak, maar hy het gevergeet van die knolletjies.

Weet julle waar my den is?

1

2

3

Julle is aan!


Aksies

Information

21 responses

14 03 2015
dalenatjie

Nasionale museum van Namibië se voortuin? Hulle het n baie leersame San uitstalling gehad laas….

15 03 2015
Laviga Heks

Sjoe!!! Tannie Darselaam gebruik groot woorde.😉 Moenie vir die ander tannies sê nie, maar ek kruip agter die ruiter weg. Sien, ek ken ook groot woorde. Weet tannie wat die standbeeld se naam is?

15 03 2015
dalenatjie

Die tannie het iewers in die argiewe ‘n foto van die ruiter maar sy sal dit ook maar moet gaN google…

14 03 2015
Olga

Der Reiterdenkmal by der Alte Feste Viga?

14 03 2015
Olga

BTW……
Touch Viga! Jy is aan.

15 03 2015
Laviga Heks

Unfair!!!!

Ekke was nog nie reg gewees nie.

15 03 2015
scrapydotwo

Ooo jul hol te vinnig vir my. Sou elke geval nie geweet presies waar die knollose ou is nie he he. Ek like jou sommer dubbel Viga

15 03 2015
Laviga Heks

Hi Tannie Skrabbel!!!

Ek het nie gekyk of die ou knolle het nie. Net die bul! Hie Hie!!! Merriegriet sê hy speel seker vir die blou osse.

15 03 2015
scrapydotwo

HA HA nou het jy die klomp aan die bolle beet wat nie meer daar is nie. Bly jy het gevang wat ek bedoel jou ou slim kind!

15 03 2015
rondomtaliedraai

Sug … ek dink ek moet vroeér hier inloer, maar ek was nog net een keel in Namibia en toe het ek nog nie na knolle van bulle gesoek nie

15 03 2015
rondomtaliedraai

Keel = KEER!

15 03 2015
Toortsie

Mauritius! Met al daai palmbone MOET dit Mauritius wees!

15 03 2015
Laviga Heks

Tannie Tossel

Merriegriet het n palmboom en sy het my nie eers gevertel ons bly in Morrieskorrie nie. Gmph

15 03 2015
Toortsie

Sies vir haar. En Mauritius is so ‘n lekker plek! Bly jy sowaar daar?

15 03 2015
Laviga Heks

Merriegriet sê nee, maar ek dink sy jok!

15 03 2015
Laviga Heks

Hallo Tannie Rondeneusie

Ek sal volgende week iewers anders heen gaan.

16 03 2015
Sparkle

Haai oe blommie, ek was nog uit feeland uit gewees nie! Tannie Laviga kan ook orals op haar besem vlieg.🙂

18 03 2015
Laviga Heks

Oe!!! Ekke wil ook n mouterbrul hê. En daardie hardedoppe met die brille. Dan gaan ek ook soos Tannie Spatsel kan rond ry. My besem het nie n engrrrr nie.

Ek is n heksie, nie n tannie nie

16 03 2015
Spokie sny spoor

So bly Laviga word darm soms opgespoor. Dink net as niemand haar ooit kon vind nie. Wanneer kom sy bietjie Limpopo toe? Hiers baie wegkruipplekke. Zuma se huis is ook hier naby …

18 03 2015
Laviga Heks

Tannie Laken moet met Merriegriet praat. Sy vat my nooit Limpossel toe nie. Ek sien ook maar niks!

18 03 2015
Olga

Leer ook nooit nie.
1
2
3
TOUCH Laviga HEKS, jy is aan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: