Boys and their toys

15 03 2015

Dit was die naweek groot nuus nadat die eerste suksesvolle penisoorplanting in Suid-Afrika gedoen is.  Die operasie was in Desember uitgevoer en die man kon 5 weke na die oorplanting seks hê.  Die operasie word as ‘n wetenskaplike deurbraak gesien en word sommer al klaar in dieselfde asem genoem as die eerste hartoorplanting in 1967.  Dit is dalk om appels met prentjies te vergelyk, maar dit is tog lekker om te weet dat SA nog steeds op mediese vlak gat kan skop.

Wat my wel verbaas is dat daar blykbaar baie mans is wat ‘n penis oorplanting benodig.  Nie omdat daar een of ander frats ongeluk was of dat die arme man ‘n slagoffer van peniskanker was nie.  Blykbaar is die hoofoorsaak van penisverliese besnydigings.  Natuurlik nie die besnydings wat deur ‘n mediese dokter uitgevoer raak nie, maar die soort wat iewers in die middel van nêrens gedoen word.  Die soort wat seuns blykbaar mans maak.

Siende dat die meerderheid van seuns mans raak sonder dat hulle besny is, is seker genoeg bewys dat die gebruik onnodig is.  Dit is egter nou nie heeltemal so eenvoudig nie.   Die mans wat weier om hulle aan die tradisionele gebruike onderwerp, word gewoonlik in hulle gemeenskappe as minderwaardig gesien.  Die tienerseuns het nie eers altyd ‘n keuse nie.  Daar is glo seuns in die voormalige model C skole wat glad nie die bohaai kan insien nie.  Hulle ouers dring egter daarop aan dat hulle besny word.

As die besnydenis (by inisiasie skole) dan so belangrik is, sal ‘n mens aanneem dat die uitvoerders dan darem sal verseker dat die messe skoon en steriel is.  Nie net veroorsaak die vuil messe dat jong mans se penisse afgesit moet word as gevolg van infeksie nie, maar elke jaar sterf van die jong mans by die skole.  MIV versprei ook natuurlik maklik by die skole en dan praat ons nie eers van die ander onheile nie.

Hoekom word dit nog enigsins geduld?  Tradisie gaan ook net so ver.  Wêreldwyd word tradisies wat gevaarlik en/of onmenslik is ten strengste veroordeel en afgekeur.  Is dit nie tyd dat tradisionele besnydenis waar daar wesenlike gesondheid risiko’s is finaal uitgeroei word nie?  Duidelik is tradisionele leiers nie van plan om eers te probeer om dit veiliger te maak nie.

Wat dink julle daarvan?  Is daar nog nut vir sulke gebruike?

Breinvasbrand:  Watter Leon Schuster liedjie is op My Ding a Ling se wysie gesing?

Breinlosbrand:  Olga en Sparkle was reg.  Jy “lend” iets aan iemand wat dit van jou “borrow”.

 

 


Aksies

Information

12 responses

15 03 2015
scrapydotwo

Dit het tot die nuus hier gehaal- sommer so in die verbygaan gesê! Jong party se tradisies is mos belangriker as ander sn. Mens kan nie regtig wen nie.

16 03 2015
Xena Phoenix

Een of ander grootkop se seun moet seker eers sy penis in die proses verloor. Ek wonder of dit as straf van die voorvaders gesien word?

15 03 2015
Olga

Eh, wee jy. Jy mag nie ‘n weerbarstige kind pakslae gee nie. Maar seuns mag maar met klippe, blikke en al wat ‘n potensiele snyding is, vermink word. Hulle gebruik nie eers altyd ‘n vuil mes nie. Die afgeleefde, gevaarlike gebruik is net so dêm logies as die wet wat sê ‘n kind moet oor sestien wees om sigarette te koop maar mag al op twaalf sex hê en moord pleeg as die vrug van die sex voetjies groei.

16 03 2015
Xena Phoenix

😉 Die wet is eintlik nog meer onlogies. Niemand onder 16 mag aan enige seksuele aktiwiteit deelneem nie, maar niemand ouer as 12 mag voorbehoeding of aborsies geweier word nie.

15 03 2015
Olga

Oeps, amper vergeet ek ‘n baie belangrike punt. Twee jaar gelede het die plaaslike dr R900 gevra vir besnydenis. Die inisiasie skool was toe iets soos
R1500 per seun. So wie weet? Hulle betaal dalk prima paye op daardie geld.

16 03 2015
Xena Phoenix

Ek is seker daar is mediese dokters wat die takie kan verrig. Terloops, ek verstaan die Joodse en Moslem seuns word as babas besny. Hoekom hoor ‘n mens nooit daar van infeksies en messe wat gly nie?

16 03 2015
Spokie sny spoor

Aardeland! Het nie eens geweet van die oorplanting. Interessant.

16 03 2015
Xena Phoenix

Spokie? Is daar geen radio opvangs in die bos nie? Elke koerant was ook vol daarvan.

16 03 2015
Spokie sny spoor

Hiehie – ek gaan dan juis bos toe om ontslae te raak van al die koerante en tegnologie. Eks bly daar is niks.

16 03 2015
Sparkle

Ek het ‘n vraag, ek het ‘n vraag!

Ek wonder nou net, is daar dan nie alreeds tottermanne oorgeplant met mense wat geslagsveranderings operasies ondergaan het nie?

16 03 2015
Xena Phoenix

Goeie vraag, Blinker. Ek weet ook van gevalle waar mans se penisse afgesny en dan weer vasgewerk is. Die verskil hier is blykbaar dat die penis van ‘n kadawer geoes is. Daar was nog nooit iemand anders se penis vasgewerk nie.

Geslagsveranderinge is ‘n ander storie. Daar word ‘n penis gebou met spiere en vel wat op die persoon ge-oes is. Dit is dus ook nie iemand anders se penis wat van baas verander nie.

16 03 2015
Olga

Ek 5c nou onder korreksie, maar ek dink amper die persoon se “Antiverwerpings” meds kos amper R70 000 pm. Laat my wonder, sou die opgeboude outjie nie ‘n goedkoper opsie of is dit oepsie gewees het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: