Is Vakke Omvattend Genoeg?

29 05 2011

Suid-Afrika het, soos die meeste ander lande, ‘n wet dat elke mens van ‘n sekere ouderdom op een of ander manier skool moet gaan.  Dit hou seker in ‘n mate die bloedjies van die straat af en ontwikkel die brein – wel, ten minste soort van.  Skool is nie die enigste plek waar ‘n kind kan kennis op doen nie.  Dit is ook nie die enigste plek om die brein te ontwikkel nie.  Ek sal selfs so ver gaan as om te sê dat skool seker maar die minste is vir die ontwikkeling van ‘n kind.

Dit ter syde, skole is nou ook nie juis bruikbaar met hulle silabus nie.  Wanneer laas moes jy ‘n trig probleem oplos?  Het jy al ooit in jou lewe buite skoolverband kaartwerk gedoen?  ‘n Woord in lettergrepe verdeel of ‘n rympatroon uitgewerk?  Genugtig, wanneer laas het jy omgegee of iets ‘n selfstandige naamword of selfs ‘n werk word is?  Jou algemene kennis het waarskynlik ‘n stoot in die regte rigting gekry, maar hoe dikwels neem ‘n mens aan Flinkdink deel?

Goed, ek soek darem nie ‘n samelewing met nog meer kluite as wat daar op die oomblik is nie.  Die goed lyk dalk onbruikbaar, maar daar was tog ‘n doel daaragter.  Al was dit net om ons almal “Jacks of all Trades” te maak, tot ons die dag besluit het waarvan ons meesters wil wees.  Die basiese fondasie het ons beslis nie slegter af gelaat nie. 

Ek wonder tog of skole dalk nie ‘n paar meer bruikbare goed kan inwerk nie.  Om mee te begin, ons is Suid-Afrikaners en selfs die suidpunt van Afrika raak onmenslik warm.  Dit is net natuurlik om in water af te koel, maar kyk net hoeveel mense verdrink elke jaar.  Behoort elke kind nie sommer in Gr 1 te leer swem nie? 

Hoekom word almal nie in Gr 11 geleer hoe om te bestuur nie?  As deel van die leerplan, ek meen, mens verwag deesdae dat almal ‘n lisensie moet hê.  Op die manier kan daar verseker word dat hulle die regte manier geleer word.  Maak dit sommer deel van die vereisde om st 9 te slaag (en op die manier ‘n lisensie te verwerf). 

Ek dink daar moet dalk ‘n basiese kursus van regte (bedoelende die wet) ingedruk word.  Iets soos arbeidsreg is van toepassing op almal, maar die meeste mense se kennis is gegrond op wat hulle iewers gehoor het.  Wie weet hoe jy in die hof moet optree?  Het julle geweet dat die polisie nie ‘n lid van die publiek hulp mag weier nie?  As jy byvoorbeeld nie ‘n slaapplek vir die aand het nie, kan jy by die polisie aanklop en hulle moet jou help.  Daar is altyd ‘n moontlikheid dat ‘n mens vir ‘n noodgeval iewers heen moet jaag.  Jy kan (moet?) egter polisie begeleiding daarvoor kry, wat dit nie net makliker maak nie, maar ook veiliger. 

Skole behoort ook sommer kinders te leer hoe om persoonlike belasting te doen.  Dit is oor die algemeen baie eenvoudig en dit is ‘n mors om altyd iemand aan te stel om dit te doen. 

Net ‘n paar gedagtes.  Ek weet ouers kan baie van die goed self vir kinders leer, maar hulle kan ook self die kinders Afrikaans, Engels en Geskiedenis leer.  Lewens Orientering kan soveel verder strek as veilige seks.  Iemand moet net gaan dink wat nog benodig word.

Wat behoort nog by die leerplan ingesluit te word?

Breinlosbrand:  Wat het die Maasdorp en Keurboslaan reekse in gemeen?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Live Strong.


Aksies

Information

5 responses

30 05 2011
J W W

Sjoe, ek dink basiese beskawings opleiding – somige kinders gedra hulle hopeloos soos bobjane, en het geen maniere nie, en lets face it, deesdae se ouers het nie tyd nie want hulle werk albei hulle gatte af om daai mercedes/bmw te kan bekostig om met die Joneses langsaan te kompeteer, om nie te praat van die R1000+ Nike tekkies wat die kinders moet hê nie om “in” te voel saam met sy anner maatjies by die skool.
Of hulle wil eenvoudig nie hulle kinders dissipline leer nie, die arme bloedjie is mos van porselein gemaak en sal breek as jy hom/haar so biekie tugtig !

30 05 2011
Selene Phoenix

Die reeks boeke is deur dieselfde skrywer geskryf – Theunis Krogh

Ek stem, mens moet in graad 11 jou leerling lisensie kry, en dan in Matric jou bestuurs lisensie! (Of altans wanneer jy 18 is)

Ek weet my sus hulle was op skool ‘n video gewys van hoe ‘n aborsie gedoen word, en voel dat dit ook terug gebring moet word! Dalk sal kinders twee keer dink voor hulle weer saam slaap, of sonder ‘n kondoom. En nog iets is hulle moet sommer elke skool onverwag toepak en so paar 100 kinders stuur vir dwelm toetse! Ek as ouer sal instem vir soo iets.

30 05 2011
Olga

goeie uiteensetting van hoekom vroue deesdae werk tot hul horing droog en stokoud is, jww.
Selene, ek twyfel of dit vir swart jeugdiges gaan werk. Hul dink in terme van r218 pm. Vir die nie swartes kan dit n stok in die wiel wees.
Grieters
stella blakemore?

30 05 2011
Selene Phoenix

Dis waar!!

30 05 2011
demoerin

Ek stem saam, daar is addisionele dinge wat die kind moet leer bv. basiese noodhulp ens.
Ek hou egter voet-by-stuk dat die wetenskaplike vakke bv. Wetenskap en Wiskunde verpligtend moet bly. Jy moet dink om jou brein te oefen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: