Prys van waarin jy glo

15 05 2011

So dikwels word mense aangemoedig om op te staan waarin hulle glo.  Dit klink so edelmoedig, dapper,  die regte ding om te doen.  Dit kom egter met termes en voorwaardes.  Dit kan ook met ‘n prys kom, een wat nie net deur jou vereffen moet word nie.

Ek het ook uiteindelik so ver gekom om “Fees van die Ongenooides” te lees. Die storie van Wynand van Wyk het my nogal aangegryp.  Wynand was een van die wat voor die oorlog gemaan het dat die Boere versigtig moet wees waarvoor hulle wens.  Wynand was ‘n man vir vrede en het nie gedink oorlog sal ‘n oplossing wees nie. 

Ten spyte daarvan het hy toe die oorlog aangekondig is, gedoen wat sy volk, familie en vrou van hom verwag het.  Hy het teen sy beterwete aangesluit en gaan baklei.  Met bedenkinge wat hy af en toe geopper het.  Hy was uitgeskel van ‘n lafaard tot ‘n verraaier en het dus maar voort baklei.  Tot die vroue en kinders in kampe opgesluit is.  Wynand het hom toe vir vrede beywer.  Hy het nie meer saam baklei nie, maar het ook nie teen sy volk gedraai nie. 

Dit het hom die verwyte en agterdog van sy mense op die hals gehaal.  Sy eie broer het hom met ‘n geweer gedreig om verder te baklei.  Sy vrou het hom nooit vir die “verraad” vergewe nie, sy het selfs die dood van hulle enigste kind aan sy voete gelê.  Nogal ironies, hy het juis vir vrede gepleit om die sterftes in die kampe te probeer verhoed.  Tot die einde van sy lewe het hy probeer versoen, maar sy wou van niks weet nie.  Selfs vir jare na sy dood het sy hom verag vir wat hy gedoen het – iets waarin hy geglo het. 

Die probleem om vir iets op te staan waarin jy glo, is dat nie almal saam met jou glo nie.  Niemand sien dalk jou punt in of keur dit goed nie.  Aan die een kant beteken dit nie dat die meerderheid altyd reg is nie maar terselfde tyd kan ‘n mens ook nie aanvaar dat die minderheid of enkeling altyd reg is nie. Reg en verkeerd vereffen nie altyd die kostes van ‘n besluit nie.

Ek het eendag in ‘n onderhoud van Beyers Naude gesien het, waarin hy beweer het dat hy net oor een ding spyt is.  Sy gesin het almal gely onder sy besluite wat hy as gesinshoof gemaak het.  Die ding waarvoor hy opgestaan het, sonder dat hy hulle ooit gevra het of dit iets is waarvoor hulle wou opstaan.  Hulle het bloot nie ‘n keuse gehad het nie.

Daar word gesê dat “Evil prevails where good men do nothing”.  Was al die SS soldate en Nazi wagte voor die voet sleg gewees?  Het nie een agtergekom dat hulle nou eintlik booshede verrig nie?  Al het hulle net opdragte uitgevoer, kon hulle seker vir hulle self besluit wat reg en verkeerd is.  Sou ‘n luukse van ‘n keuse vir hulle beskore gewees het?  Wat sou met hulle geliefdes gebeur het as hulle vir Hitler en Himmler ‘n vinger gegooi het?  Daar is immers ook ‘n gesegde van “Charity begins at home”.

Dit kan nogal ‘n tameletjie raak.  Moet jy jou gewete verkrag omdat jy jou familie wil beskerm of hulle verwagtinge nie wil teleurstel nie?  Moet jy opstaan vir wat jy in glo ten spyte van die prys?  Of moet jy ‘n balansstaat opstel van jy (julle) kan wen en verloor met jou durf, moet en/of domastrantheid. 

Wat weeg swaarder?  Jou geliefdes of jou gewete?

Breinvasbrand:  Oor watter jare het die tweede Vryheidsoorlog gestrek?

Breinlosbrand:  Seegogga was reg met Enkel, Dubbel, Koningin en Koning.  Olga was reg dat ons van ‘n 3/4 bed vergeet het, wat tussen Enkel en Dubbel hoort.





Oplossing Week 18 / 11

15 05 2011

Algemene Kennis

  1. Douglas Engelbart (Demoerin)
  2. Ushaka Marine World (Demoerin)
  3. agt (Demoerin)
  4. Nico Panagio (Demoerin)
  5. Smarag (Demoerin)

Uilspieël

  1. Sokkie – Nie iets met hare te doen nie (Olga / Gerda / Demoerin)
  2. Koets –  Nie masjien aangedrewe nie (Olga / Gerda / Demoerin)
  3. Swaeltjie – Nie ‘n roofvoël nie (Olga / Gerda / Demoerin)
  4. ER 24 – Nie ‘n bank nie (Olga / Gerda / Demoerin)
  5. Ulna – Nie ‘n vinger nie (Olga / Gerda / Demoerin)

BB het gewis die kreatiefste antwoorde gehad.  😆  😆 

Toorwoorde

  1. Weddenskap op perderesies waarby wenners van twee afsonderlike wedrenne gekoppel moet word
  2. Europese Gemeenskap
  3. Gaan nooit gebeur nie
  4. paljas
  5. Kannibaals
     

Couples Theraphy

  • Boot – Kattebak (Olga / Demoerin)
  • Clutch – Koppelaar (Olga / Demoerin)
  • Starter – Knormoer (Olga / Demoerin)
  • Plug – Vonkprop (Olga / Demoerin)
  • Bonnet – Motorkap (Olga / Demoerin)

Afrikaans en Engels van dele van kar (Olga / Demoerin)

Liedjiepret

My visserman vriend se pa – Robbie Wessels (Olga)
Blou ballon – Steve Hofmeyr (Olga)
Beter as liefde – Karlien van Jaarsveld

Liriekeraai

  1.  Only Girl – Rihanna (Olga)
  2. Lemon Tree – Fool’s Garden (Olga)
  3. You’re the one that I want – Olivia Newton-John en John Travolta (Olga)
  4. Kokomo – Beach Boys (die een woord titel reël tel net vir Liedjiepret) (Olga)
  5. Hey Sexy Lady – Shaggy (Olga*)