Blogsondes

2 05 2011

Ek het nou die dag iewers iets gelees oor Blogtrolle.  Verskoon my dus as ek nie die verwysing insit nie, maar ek kan wraggies nie onthou waar ek dit gelees het nie.  Volgens die artikel is ‘n Blogtrol iemand wat ‘n bespotting van iemand se hartseer en pyn maak.

Om ‘n voorbeeld te gee – iemand stig dalk ‘n blog waar hulle ‘n mollige dogter wat selfmoord gepleeg het na ‘n gespottery wil onthou.  Die Trolle sal dan toeslaan met ‘n verdere verspotting.  Daar sal goed soos wees dat die dogter almal ‘n guns gedoen het om selfmoord te pleeg, dat die ouers aandadig was aangesien hulle niks aan haar dik gat gedoen het nie ens.  ‘n Treitering oor die mense se hartseer tot die steen des aanstoots verwyder is.

Aangesien ek dikwels uit iets wat ek gelees het inspirasie vir my skrywes kry, het ek ook al ‘n Blogtrol gestalte aangeneem.  Smartvrate, simpatiesoekers en pleinweg belaglikhede staan my nie aan nie en ek sal gewoonlik nie skroom om daaroor ‘n herrie op te skop nie.  Ek het egter al geleer (persoonlike ervaring) dat mense wat die voorblaaie haal se familie en vriende soms ook blogs lees.  Een van my beginsels is om nie iemand te skop wat lê nie, dus hou ek maar eerder verby met persoonlike aanvalle op die slagoffer.

Elkeen kan op sy of haar blog seker maar doen waarvoor hulle lus het.  As hulle dus te nagedagtenis van iemand vir hulle lief ‘n blog wil stig, sal ek dit respekteer.  Ek kan eerlikwaar nie die nut insien om dit te gaan ontstig nie en dink beslis dat dit ‘n siek idee van ‘n grap is.  Veral as jy ure ‘n dag spandeer om sodanige blogs te gaan uitsoek, net omdat die tipe blogs jou walg.  Regtig, het jy dan nie ‘n lewe nie?

Aan die anderkant, is daar sekere “sondes” wat ek soms op ‘n blog sien wat my partykeer op en af van irritasie kan laat spring.  Die duiwel sal soms op my skouer intrek dat ek opsluit daarop moet reageer, anders sal ek nie ‘n oog opmekaar kan sit nie.  Dit maak dan seker ook van my ‘n blogtrol.  Terselfde tyd sal ek toe gee dat ek seker ook ‘n groot sondaar in ander mense se oë is.

Die top 5 blogsondes volgens my is:

  1. Copy en Paste.  Daar is seker ‘n tyd en ‘n plek daarvoor, maar om iets wat elke 2 maande in almal se posbusse land op te sit, is volgens my ‘n vermorsing van goeie blogspasie.
  2. Plagiaat.  Ek moet self fyntrap hiervoor – juis omdat ek soms ook van bronne gebruik maak.  Die geheim is egter om die inligting van jou bron joune te maak.  Sit jou eie grappies en sarkasme in.  Direkte vertaling kom ook neer op plagiaat, al het jy die link na die bron ingesluit.
  3. Bloggers wat openlik skoor soek en dan die kommentaar van hulle blog sluit om nie aangevat te word nie.  Vryheid van spraak het ‘n prys, mens moet verantwoordelikheid vat vir wat jy sê.
  4. Blogs waar elke liewe kommentaar sonder ‘n goeie rede modderdam toe moet gaan.  Ek modereer wel my speletjies se antwoorde, maar dit is om dit meer toeganklik te maak vir almal.  Almal kan egter sonder voorbehoud hulle mening lewer op enige iets wat ek kwytraak – sonder dat ek hulle goed gaan boelie soos dit my pas.
  5. Bloggers wat ‘n ander blogger stilletjies om ‘n hoek aanvat.  As jy oor iets wil blog wat jy by ‘n ander gelees het (al wil jy hulle sleg sê daarop), gee die skakel.  Dit is blote goeie maniere.
Wat irriteer julle soms van blogs?
Breinvasbrand:  As wie is Mario Armando Lavandeira, Jr beter bekend?
Breinlosbrand:  Saartjie Baumann




Oplossing Week 16

2 05 2011

Algemene Kennis

  1. Golgota (Olga)
  2. Kajafas (Olga)
  3. Jesus Barabbas (Olga)
  4. Petrus (Olga)
  5. Hulle het Hom met ‘n spies in die sy gesteek en daar het toe water en bloed uit geloop (Olga)

Uilspieël

  1. Bier – Pas nie by ‘n baba nie
  2. Koedoe – Nie ‘n tipe aap nie
  3. Skoene – Dit hoort nie op ‘n bed nie
  4. Johannesburg – Nie ‘n kusstad nie
  5. National Treasure – Nie uit die pen van Dan Brown nie

Couples Theraphy

  • Lam – Jesus
  • Kerse – Lig van die Wêreld
  • Kruis – Oorwinning oor die Dood
  • Paaseiers – Nuwe Lewe
  • Paashaas – Vrugbaarheid

Simbole van Paasfees

Liedjiepret

  1. Living next door to Alice – Smokie (Wipneus)
  2. Devil Woman – Cliff Richard (Wipneus)
  3. Good Vibrations – Beach Boys (Wipneus)

Liriekeraai

  1. Sultans of Swing
  2. I am a believer
  3. Rasputin
  4. Hit the road, Jack
  5. Crazy Little thing called love