Hart Omgedop

26 05 2011

Een verseker manier om nie ‘n bloedneus te kry nie, is om jou neus in jou eie besigheid te hou.  Nogtans is geen mens ‘n eiland nie en elkeen behoort seker ‘n poging aan te wend om die wêreld ‘n beter plek te maak.  Die vraag is hoe?  Daar is soveel sake vir ‘n goeie doel, dat dit onmoontlik is om met alles betrokke te raak.  Nie juis dat dit nodig is nie.  Elkeen van ons het mos maar ons belangstellings en goed wat tot ons spreek.  Om by een of twee van die sake betrokke te raak, is seker meer as genoeg.

Dit het egter mode geword om jou saak te adverteer.  Jare terug het mense balkies gedra om te wys tot watter organisasies hulle behoort.  Goed, jy hoef nie noodwendig aan ‘n organisasie te behoort as jy simpatie met hulle missie het nie.  ‘n Ander gewilde metode is om op wat jou hart lê op jou vel te sit.  So sal mense hulle geliefdes se name op hulle self tatoëer of hulle waardes en liefdes op een of ander manier op hulle self in ink.  Solank jy nog in jou vel is, sal almal kan sien waarvoor jy gestaan het.

T-hempe is ‘n minder drastiese manier om jou hart mee om te dop.  Bekers, almanakke en sleutelhouers is ‘n manier om ‘n geldjie vir saak te win en is darem bruikbaar ook.  Bufferplakkers lyk deesdae nie meer te vars nie, maar met Gauteng verkeer sal dit verseker gelees word.  Daar is ook die strikkies van verskeie klere, wat veral gebruik word om die verskillende bewusmakingdae te vier.  Dink aan die wit strikkie om bewustheid teen kindermishandeling, ‘n swart strik teen misdaad, pienk vir borskanker en rooi vir VIGS.  Jy kan maar lint van elke kleur koop, daar is iewers ‘n dag wat daarmee baat sal vind.

My persoonlike gunsteling saak-maak-gebaar is gewrigsbandjies.  Jare terug het ‘n mens die WWJD bandjies gewees, maar dit het nie juis lank gehou nie.  Toe kom Lance Armstrong met sy helder geel bandjies.  Kort voor lank was daar ‘n bandjie vir alles gewees, daar is deesdae tot ‘n grys bandjie teen uitwissing van renosters.  Dit is prettig en maklik, jy hoef dit nie vir elke bakatel af te haal nie. 

Ons kan natuurlik vra hoekom dit vir ons belangrik is om die goed te adverteer?  Waarvan die hart mos vol is, loop die mond mos oor.  Is dit net ‘n manier vir die individue om uiting te gee, sonder om almal te verveel?  Is dit ‘n advertensie vir iets waarvoor jy omgee?  Help dit die omgee saak enigsins?

Breinvasbrand:  Wat is die woorde wat op die Lance Armstrong Bandjies gekry word?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met afval (hart en lewer).  Die pastei is eindelik umble pie, maar dit klink humble en is humble – dus het dit humble pie geword.





Lunch Week 20 / 11

26 05 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Amy; Charmaine; Darlene; Dorothy; Lorelai; Maxine; Rory; Roseanne; Sophia; Vanessa.

Gemeenskaplike faktor?