Laviga in die Karoolse

20 05 2011

Hallo Maatjies

😯  Ek het geweet dat daar duikkarre is.  Ek is ‘n slim heks, dit is ‘n kar waarmee jy onder die see ry.  :mrgreen:  Jy ry van die bitch reguit in die see tot jy al die vissies sien.  😀  Ek soek so ‘n duikkar. 

Maar het julle geweet dat daar akwassies is.  😯  Dit is ‘n huis waarin die see en al die visse ingetrek het.  Njannies, ek sal nie vir julle jok nie.  😮  Daar is tot haaitande in. 

My ouma het my altyd gevertel van die See Heks wat in die Karoolse bly.  🙂  Ek weet nie hoe haal sy asem onder die see nie, maar die see is seker maar haar asem.  😉  Sy moet vir al die vissies kos gee en die see ook so af en toe skoon maak.  😆  Die mooiste vissies bly by haar in die Karoolse en help haar om na die see te kyk. 

Sy was nie by die huis gewees om vir my rooi koeldrank te gee nie.  😕  Dink julle ‘n heksie kan in die see rooi koeldrank dink?  Maar die mooi vissies en Niekie-Aan was daar gewees.  😆  Hulle het gebalowe om haar te sms dat ek kom kuier het.  😈  Netnou raak sy vries vir my en gooi al porrels weg.

Tata maatjies





Lunch Week 19 / 11

20 05 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Daar word gesê dat die hemel is ‘n plek op aarde, maar wat is die nut dan van wolk nommer 9?  Dink julle dat gaan maar lukraak sy rigting of kan ‘n mens voorspel wanneer jy dit gaan sien?  Maak dit dan enigsins saak?  Jy het dit nie nodig om te klop aan hemel se deur nie.  As daar ooit ‘n deur is.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. People always told me
    Be careful what you do
    Don’t go around breaking young girls’ hearts
    And mama always told me
    Be careful who you love
  2. Said, said, said I remember when we used to sit
    In the government yard in Trenchtown
    And then Georgie would make the fire light
    Log wood burnin’ through the nigh
  3. There’s a lady who’s sure all that glitters is gold
    And she’s buying the stairway to heaven.
    When she gets there she knows, if the stores are all closed
    With a word she can get what she came for.
  4. oh baby I’m beamin
    I’m tryna holler at you, I’m screamin
    Let me love you down this evenin
    Love you love you ya you know you are my demon
  5. Out along the edges
    Always where I burn to be
    The further on the edge
    The hotter the intensity




Moord se Vyand

20 05 2011

In die 80’s en seker ‘n groot gedeelte van die 90’s was stories met privaat speurders nogal baie gewild.  Ek dink nou byvoorbeeld aan “Murder she Wrote”; “Culombo”; “Tropical Heat”; “Magnum PI”; “Remington Steele”; “Hardcastle and MacCormick” om net ‘n paar te noem.  Die ooreenkomste was baie.  Hulle was gewoonlik deur die polisie weggejaag, maar kon die saak baie vinniger as enige polisielid oplos. 

Deesdae is die private speurders nogal in die minderheid.  Daar was uitgevind dat DNA aansienlik vinniger is as enige speurder.  Boonop kan ‘n prokureur nie die DNA goed laat sê wat hulle nooit wou nie.  Dit is dus baie meer betroubaar.  Vandaar ook dat die dapper manne in blou (of swart of privaat klere) met die oom en tannies in wit jasse vervang is.  Almal nog op die staat se rekening, dit is darem nie in die gemiddelde (of selfs baie goeie) lab werker se salaris om ‘n goed toegeruste laboratorium in die motorhuis op te stel nie.  Dalk in Suid-Afrika, nadat hulle alles wat iemand iewers aangekoop het huis toe gedra het.  Met al die chemikalieë.  Nie dat ek sal kla nie, mits hulle vinniger uitslae lewer. 

In die 80’s en 90’s het kinders met speelwapens rondgehardloop en elke denkbeeldige moordenaar aangekeer.  Deesdae is dit mos ondenkbaar om te dink dat ‘n kind die verskil tussen ‘n regte wapen en speel ding gaan ken.  Hardloop hulle deesdae rond met handskoene en ‘n oorpluisies vir die DNA monster? 

Vroeër was boeke soos The Hardy Boys en Nancy Drew verslind gewees.  Self nog op hoërskool, maar darem oud genoeg om te bestuur, het hulle ook links en regs moorde opgelos.  Selfs die gewone boere kinders soos Trompie, Saartjie, Bienkie en Jasper het hier en daar ‘n misdaad opgelos.  Hoe het die polisie ooit sonder hulle klaar gekom?   Die neiging is vandag meer vampiere en towernaars. 

Ek het iewers ‘n punt gehad toe ek met die relaas begin het en dalk sal een van die baasspeurders vir my dit kan ontsyfer.  Ek het dit tussen al die leidrade verloor. 

Moorde het seker altyd die mens gefassineer.   Is dit omdat die mens stilletjies hoop om die held te wees om die mensdom van ‘n moordenaar te red?  Dalk is dit die moordenaar binne ons wat hoop om weg te kom.  ‘n Onopgelosde moord is tog soveel meer opwindind as knap speurwerk.  Dit smeek net vir ‘n beter speurder.

Ek moet egter bieg – ek hou nie van misdaadstories nie.  Ek het natuurlik hier en daar die programme gekyk, maar ek sal nou nie my lewe om die programme beplan nie.  Netso is speurverhale nie hoog op my prioriteitslys nie.  Wie wil in elk geval ‘n speurder word as jy ‘n spioen kan wees?

Wil jy eendag ‘n moord oplos?

Breinvasbrand:  Wat was Magnum se voornaam?

Breinlosbrand: Roland Emmerich