Tone Krul

16 05 2011

Daar is niks verkeerd met lekkerkry nie, mits dit nou nie ten koste van iemand gedoen word nie.  Soos met alles op aarde is daar natuurlik die uitsonderings. 

Ek sal natuurlik baie lekker kry as die DA Soweto wen in Woensdag se verkiesing.  Dit mag dalk ten koste van die ANC wees, maar ek is seker dat dit vir die inwoners ‘n oorwinning sal wees.  Dit is dus nie ten koste van iemand nie.  Ek belowe, die dag wat dit gebeur krul my tone van lekkerte boontoe op om. 

Ek is een van daardie mense wat van die underdog hou.  Waar is daar iets meer opwindends om te sien hoe iemand wat almal afgeskryf het met die trofee wegstap nie.  Dit maak nie saak of dit op die sportveld of in die lewe gebeur het nie.  Dit bly ‘n plesier hoe iemand kan bewys dat hulle onregverdig geonderskat was.   Ek hou nie juis van boksies nie.

Ek hou daarvan as die uitvaagsels van die samelewing op hulle neuse kyk.  Dit laat ‘n mens sommer weer glo dat goed altyd kwaad sal oorwin.  Ek het nou die dag van iemand in ‘n gewapende roof gehoor wat haar ringe in haar mond weggesteek het toe die skurke juwele geëis het.  Dalk gelukkig om daarmee weg te kom, maar sy het die rowers goed op hulle neuse laat kyk.  Al wat my tone nog meer sal laat krul is dat hulle dit moet weet en onmagtig moet wees om enige iets daaromtrent te doen.

Ek hou dalk nie van inkopies nie, maar soms tref die lekkerte van iets wat jy bittergraag wil hê teen ‘n appel en ‘n ei teë te kom.  Ek het byvoorbeeld met een boekuitverkoping Pieternella van die Kaap teen R10 raakgeloop.  Natuurlik het ek ‘n stapel Pieternellas gekoop en glo my – as so ‘n gelukkie my vandag tref doen ek dit weer. 

Daar kan nie genoeg gesê word van die regte lied op die regte oomblik nie.  Dit is seker die naaste wat die lewe aan ‘n musical kan kom.  Heeltemaal toevallig, maar ook so geskik.  ‘n Kind wat uit hulle magie lag.  Die stories van waar diere (die 4 potige soort) op ‘n manier tot mense uitreik.  ‘n Volmaakte toneel of ‘n pragmotor.  Grootdoenerigheid wat voor iemand se oë opgeblaas word.

Dit is eintlik snaaks my tone is nie die heeldag gekrul nie. 

Wat laat julle tone krul van lekkerkry?

Breinvasbrand: Wie se slagspreuk was:  Waar ons graadkry met lekkerkry klaar kry?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1899 – 1902





Lunch Week 19 / 11

16 05 2011

Algemene Kennis

  1. Wie is die derde gesig op die DA plakkate saam met Helen Zille en Patricia de Lille?
  2. Watter kleur olywe word gebruik om olyfolie te maak?
  3. Hoe ver is ‘n myl in kilometer?
  4. Met watter instrument het Liberace beroemdheid verwerf?
  5. Met watter fliek sal jy mens vreter haaie verbind?