Lunch week 17 / 11

6 05 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Jy sal my altyd in die kombuis kry met partytjies.  Beslis nie omdat die klein borrels van die skottelgoed water my trek nie.  As jy dit dink, het jy duidelik op jou kop geval.  Nee, net omdat dit lekker is om met my sokkies op die vloer te draai en skee.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. When I find myself in times of trouble
    Mother Mary comes to me
    Speaking words of wisdom
  2. Whatcha gonna tell your brother? – oh oh oh
    whatcha gonna tell your father? – I don’t know!
    Whatcha gonna tell your mother? – Let me go…
  3. It’s the heart afraid of breaking
    that never learns to dance.
    It’s the dream afraid of waking
    that never takes the chance.
  4. When I’m watchin’ my TV
    and a man comes on to tell me
    how white my shirts can be.
    Well he can’t be a man ‘cause he doesn’t smoke
  5. Didn’t hear your wicked words every day
    and you used to be so sweet, I heard you say
    that my love (my love) was an addiction.
    When we cling (we cling) our love is strong.
    When you go (you go) you’re gone forever.
    You string along, you string along.




Moderne Kaarte

6 05 2011

Modern klink altyd so maklik.  Jy druk net jou bestemming in, die naam van die gebou is meestal al wat nodig is.  Om veilig te wees, maak ‘n mens net seker dat die gebou se adres met jou inligting ooreenstem.  Kliek op rit aanwysings en jy is oppad.  Dit is ideaal vir iemand soos die uwe wat nie ‘n goeie verhouding met ‘n GPS het nie.  Die uwe moet soms in ander provinsies en lande gaan skoor soek en het soms ‘n bietjie ekstra hulp nodig.

Siende dat die uwe nogal oulik is, het ek voor my laaste reis Google Maps geraadpleeg met elke rit wat ek op die reis sal moet onderneem.  Ek is nie lus om te sukkel nie.  Ek het Google Maps ook gebruik om gangbare verblyf naby my bestemming te kry.  5 km, selfs in ‘n vreemde plek is nie te ver nie.

Tot die vriendelik, tog nuuskierige gasheer by my wou weet waar my besigheid is.  Ek vertel hom en hy verseker my dat dit in die heel ander kant van die stad is.  Die nuus skok my liggies en hy verseker my dat dit ‘n hele 45 min weg is.  My aanwysings danksy Google sê dan net 11 minute.  Ek kry gaan kla toe by Google Maps op my selfoon, wat skielik alles beaam wat die oom sê.

So skiet ek daar reg met my selfoon wat die pad vir my uitlê.  Alles gaan goed tot ek die volgende oomblik in die boendoes is waar almal ‘n spul bokke het.  Ek kan regtig nie dink dat my bestemming in die omgewing moet wees nie.  Terug tot waar ek nog in beheer voel en ek sit die Straat sig aan.  Dit skree bloumoord, ek is op die regte pad.  Later het ek omtrent die hele lokasie plat gery, maar helaas.  Geen bestemming nie.  Terug beskawing toe en ek bel toe maar vir aanwysings.

“Nee!  Nee!  Nee!” verseker die dame my.  Jy is in die heel verkeerde plek.  Blykbaar ‘n ou laai van GPS en Google Maps.  Sy teken gou prentjies en gou klop ek aan die deur.  Met vaste voorneme om nooit ooit weer op ‘n moderne kaart staat te maak nie.  Ek maak ook seker van die pad omdat ek nie vir die res van die week my boendoe bashing skills wil beproef nie.

Op my heel laaste dag terwyl ek oppad, kyk ek toe weer na my heeleerste aanwysings.  En raai wat?

Dit was die presiese pad wat ek moes ry.  Nou praat ek nie weer ‘n woord nie.

Breinvasbrand:  Watter jaar is Google Maps geloots?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met Human Chorionic Gonadotrope.