Ras Sensitiwiteit

23 05 2011

Die ANC gaan my nog wragtig ‘n voorstaander van ongeletterheid maak.  Nie juis dat dit seker sal help nie.  Al kan ek nie hulle bogstories lees nie, kan ek nog hoor en sien.  Deesdae wanneer hulle ookal hulle monde oopmaak, styg my bloeddruk.  En al belowe hulle om Nasionale Gesondheids Versekering vir almal te gee, weet ek dat ek beslis heel agter gaan staan om bloeddruk medisyne te kry.

Die nuutste is Gwede Mantashe wat reken dat blankes te sensitief is oor ras.  Verskoon my?  Hierdie is weer ‘n sprekende voorbeeld van wys ‘n vinger na iemand en drie wys terug.  Reg oor die wêreld het die swartes probleme, is almal teen hulle en het hulle glo nie ‘n regverdige kans nie.  Almal staar hulle glo vas aan ‘n velkleur.  Wie is nou sensitief?

Ek het nog nooit ‘n blanke teëgekom wat aanstoot neem as hulle wit genoem word nie.  Hulle voel nie in die gesig gevat as hulle Boere genoem word nie.  Ons aanvaar selfs as ons Dutchmen genoem word, al was ons nie almal voor die voet Hollanders nie.  In ‘n mate word die name met trots genaam.

As jy egter net verwys na ‘n swarte se vel, dan is jy in die moeilikheid, behalwe nou as iemand as gevolg van ‘n swart vel bevoordeel kan word.  Jy sal met jou agterent in die tronk land as jy hulle enige naam toe dig.  ‘n K word is deesdae baie krasser as enige benaming na ‘n geslagsdeel.  Eerlik, die meeste mense respekteer dit en skram weg van die k-woord.  Bewaar jou siel as jy ‘n lied sing wat enigsins negatief teenoor die swart bevolking is. 

Al is die getalle duidelik (jammer dat ras nie eers as persentasie per bevolking uitgedruk word), mag jy nooit as te nimmer skimp dat alle misdadigers swart is nie.  Let wel, ek praat nie eers daarvan om te verwys daarna dat alle swartes misdadigers is nie.  As jy oorlog soek, waag dit om iets te sê soos dat alle swartes doodgemaak moet word. 

Dink aan Annelie Botes wat, nadat sy erken het sy is bang vir swart mense, van haar wel verdiende boekprys ontneem is.  Dit was seker nie sensitief nie.  Net soos dit nie sensitief was toe Hofmeyr die naweek uitgejou was oor sy k-woord liedjie terwyl hy ‘n SAMA gewen het vir beste album.   

Net vir die blote rede dat blankes moet begin om vir selfbehoud op te staan, is ons skielik te sensitief oor ras.  Dubbel standaarde as jy my vra.  Een stel reëls behoort tog vir almal te geld.  As dit sonde is om na iemand se ras te verwys, behoort dit vir alle rasse te geld.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie is die voorsitter van die ANC Vroueliga?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Kit de Luca.





Lunch Week 20 / 11

23 05 2011

Algemene Kennis

  1. Wie is die nuwe burgermeester van Kaapstad?
  2. As wat is ‘n Thomson Gazelle beter in Suid-Afrika bekend?
  3. Wie gaan die rol van Charlie Harper van Charlie Sheen oorneem?
  4. Hoe lank is die dratydperk van ‘n seekoei?
  5. Wat is die langste rivier in die wêreld?