Bestaan Goedkoop Nog?

22 05 2011

Ek is nie seker hoekom die Beatles hiervoor blameer word nie, maar ons kan maar sê dat die laaste dekade of 3 die samelewing meer seksueel geword het.  Van die goed wat voorheen in die naam van goeie sedes gedoen het, was pleinweg belaglik.  Dit is seker ‘n wonder werk dat hulle soveel eeue saam met die mens gekom het.  Dalk tog ook nie, hoe lank het die mens so te sê kaal rond gedraf voordat die dun lagie beskawing opgesit is. 

Klere was seker die begin.  Ek skree natuurlik heel eerste halleluia daaroor.  Ek hou daarvan om asem te haal en rokke is wragtig vir die voëls.  Siende dat ons in Afrika bly, is dit selfmoord om elke stukkie vel te bedek.  Klere moes doodeenvoudig gemakliker, funksioneler en korter geword het.  Die fokus het later geskuif na aantreklikheid en nog later na uitlokkend.  Nie noodwendig iets verkeerd daarmee nie, mens kan mos maar die skepping waardeer.

Dit was egter nie genoeg nie.  Weereens is enige mens met ‘n brein dankbaar dat gereelde huwelike deesdae eerder die uitsondering as die reël is.  Eers was daar baie formeel vlerk gesleep.  Die pa moes in kennis gestel word, voordat die onderwerp van die hofmakery genader is.  Daarna het die meisie darem geweet sy word die hof gemaak en die pa het brommend gewonder wat is die ou se bedoelinge nie.  Die aantal verhoudings het meer en meer geword en die pa het al minder geweet.  Ironies eintlik – in teenstelling met die oppervlakkige verhoudings, het die seksualiteit daarvan toe geneem. 

‘n Eeu terug was ‘n meisie goedkoop as sy haar polse gewys het.  Later was daar geen hoop vir haar as sy haar knieë oop gehad het nie.  Iewers in die verlede was ‘n meisie ‘n slet as sy op haar eerste afspraak gesoen het.  Vandag is dit nie snaaks as die eerste afspraak in die bed opeindig nie.  Klink ek nou na ‘n ou vrou.  Jy het nie eers ‘n verskoning van ‘n afspraak nodig om in die bed te spring nie.  Jy het in der waarheid nie eers ‘n verhouding nodig nie. 

Dit laat my wonder wat die definisie van goedkoop vandag is.  Bestaan daar nog iets soos ‘n los meisie?  Wat bepaal dit?  Kan ‘n mens ook ‘n los man kry?  Wat is vandag se definisie van ordentlik?

Breinvasbrand:  Wat was Vivian in Pretty Woman se kamer maat se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Thomas.





Oplossing Week 19

22 05 2011

Algemene Kennis

  1. Lindiwe Mazibuko (Pofmuis / Olga)
  2. Groen olywe (Pofmuis / Demoerin / Olga)
  3. 1.6km (Pofmuis / Demoerin / Olga)
  4. Klavier (Pofmuis / Demoerin / Olga)
  5. Jaws (Pofmuis / Demoerin / Olga)

Uilspieël

  1. Sinker – Dryf nie (Demoerin)
  2. 5c – nog in gebruik (Demoerin / Olga)
  3. Roosevelt – Amerikaanse President (Demoerin)
  4. Shrek – nie ‘n karakter van die buitenste ruimte nie (Demoerin / Olga)
  5. Feetjies – kan vlieg (Demoerin *)

Couples Theraphy

  • pipet – volume (Olga)
  • horlosie – tyd (Olga)
  •  Barometer – lugdruk (Olga)
  • Richterskaal – aardbewing (Olga)
  • Maatstaaf – lengte (Olga)

Meettoerusting en wat hulle meet (Olga)

Liedjiepret

  1. Heaven is a place on earth – Belinda Carlisle.
  2. Cloud number nine – Bryan Adams.
  3. Knocking on heaven’s door – Guns n Roses.

Liriekeraai

  1.  Billie Jean – Michael Jackson (Olga)
  2. No woman no cry – Bob Marley (Olga)
  3. Stairway to heaven – Led Zeppelin (Olga)
  4. Just can’t get enough – Black Eyed Peas (Olga)
  5. Danger zone – Kenny Loggins (Olga)