Tips vir toue

17 05 2011

Oor ‘n paar uur moet ons ons plig teenoor ons land doen en ons kruisies gaan trek.  Soos ek die storie verstaan het amper 24 miljoen mense geregistreer om te stem by een van sowat 21 000 kiesstasies.  Dit is sowat 1143 mense per kiesstasie as ek die syfers van gisteraand reg onthou het.  Doenbaar, maar dit beteken nie dat daar nie rye gaan wees nie. 

Ek gee regtig nie om om te gaan stem nie.  Niemand kan egter van my verwag om opgewonde te wees om ‘n tou te gaan staan nie.  Elke minuut van my lewe wat ek in ‘n ry vermors is ‘n minuut waarvoor ek niks kan wys nie.  ‘n Vermorsde minuut en deur hulle almal saam te tel, gaan ek geskok wees oor hoeveel van my lewe ek gemors het.  Nie uit vrye keuse nie.

Die radio waarsku nou al vir dae dat mense maar ‘n stoel of ‘n ding saam moet vat as hulle gaan stem.  Ek beplan om na die stemlokaal te stap, dus wil ek nie vreeslik graag ‘n stoel saam sleep nie.  Ek hoop om my tyd fyn te kies, so dat ek nie die massas tref nie. 

Dit is ‘n wetenskap sonder reëls.  Mens wil nie saam met al die eager beavers heel eerste probeer stem nie.  Almal dink hoë vroeër hulle is, hoe vinniger gaan hulle dit agte die rug kry.  Wat beteken daar is nogal ‘n groot groep wat vroeg stem.  Die kuns is om ‘n tyd te kies wat niemand aan sal dink nie.  Mens wil ook nou nie noodgedwonge laat in die ry wees nie.  Ek gaan gewoonlik deur die loop van die oggend, so net nadat al die vroeë stemmers hulle ry gekry het.  Dit was nog altyd redelik suksesvol. 

Ek weet nog steeds nie wat om met myself in die ry te doen nie.  Ek moet dalk my kamera en ‘n boek saam vat.  En hoop dat ek dit onnodig saamsleep.

Hoe oorleef jy lang toue?  Wie gaan more eerste gestem wees?

Breinvasbrand:  Watter provinsie het die meeste geregistreerde partye?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Pukke.