Lunch Week 17 / 11

5 05 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Oog; Lippe; Wimpers; Gesig; Wange; Onderlaag; Maskara; Oogskadu; Blush; Lipstiffie

Gemeenskaplike faktor?





12 en op die pil

5 05 2011

Iemand het nou die dag kwyt geraak dat die land se skole kraamsale geraak het.  Dit is ‘n kommerwekkend uitlating en een wat niemand eers probeer betwis nie.  Helaas, ook nie eers iets daaromtrent probeer doen het nie.  Tot nou – die ANC Jeug Liga het ‘n plan.  Dit nadat hulle hofnar nou die dag gevra het dat hulle ondersteuners soos hase moet teel.

Die ANCYL wil by hulle nasionale kongres voorstel dat dit verpligtend moet word vir meisies om vandag hulle 12 is op die pil te gaan.  Let wel, hulle praat nie van die pil wat tussen die knieë vasgeknyp moet word nie.  Nee, dit is DIE PIL – die een wat seker maak dat daar geen onwelkome babas kom nie.

Ek gee toe, die snotneuse probeer darem iets doen omtrent die skokkende hoeveelhede tienerswangerskappe.  Tog – is die verpligting van die pil vir tieners die beste manier om dit te doen?  Ek ondersteun die toegang vir tieners tot voorbehoedmiddels, maar daar is ‘n wesenlike verskil van verpligting van voorbehoedmiddels.

Noem my oudtyds, naief of sommer pleinweg dom.  Persoonlik dink ek enige 12 jarige behoort nog gewalg te wees deur die idee van seks.  Dit was seker nog nooit die geval gewees met ouer tieners nie.  Ek dink wel daar is nog plek vir iets soos selfbeheersing en ja – ek dink tieners behoort nie seks te hê nie.  Baie tieners en hulle ouers verskil van my, dus is die toegang tot voorbehoeding noodsaaklik.  Maar om dit voor die voet verpligtend te maak van ouderdom 12 af?

Ek is seker dat dit ‘n oortreding van ‘n basiese mensereg is om iemand te dwing om teen hulle sin medisyne in te neem.  Ek kan nie dink dat dit goed vir jou hormone kan wees om so vroeg in so iets geforseer te word nie.  Die pil het ook newe-effekte en daar is geen rede hoekom onskuldige dogters gedwing moet word om dit te verduur nie.

Die wortel van alle kwaad is dan nog steeds daar.  Die toelaag wat betaal word vir kinders onder 6 jaar oud.  Terwyl dit beskikbaar is, gaan dit in elk geval so maklik wees om die pil so per ongeluk te vergeet.  Ek is dus ook nie so seker dat dit enigsins gaan help nie.

Verder is 12 jariges nog vir 4 jaar staatskos.  As hulle voor die voet almal vrygestel is van swangerskappe, gaan die wolwe dan nie juis op hulle toesak nie?  Daar kan dan geen glipsie wees waarvoor hulle pa moet staan nie?  Moontlik (waarskynlik?) teen die meisie se sin?

Dit kan ook niks goed tot gevolg hê vir morele waardes nie.  Die “stoute” meisies sal dan geen rede hê om enigsins uit die bed uit te klim nie.  Ten spyte van al die STD’s in omtrek, is daar nog steeds geen groter afskrikmiddel as ‘n baba nie.  Sou die voorstel op een of ander manier wet word, gaan STD’s fees vier.

Ek hou nie van die idee nie.  Wie gee om wat ek dink?  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Na watter hormoon in die uriene word daar gesoek vir ‘n swangerskap toets?

Breinlosbrand:  44ste