Is jy hoe jy behandel word?

2 02 2012

Daar is ‘n uitdrukking van “If you pay peanuts, you will get monkeys”.  Vertrou my om die uitdrukking heeltemal te kom befomfaai of dalk dit eerder uit hulle nate te ruk. 

Mense is geneig om op te tree presies hoe dit van hulle verwag word.  As ‘n man chronies as ‘n lamsak uitgeskel word, gaan hy een of ander tyd ‘n lamsak word.  As ‘n viswyf soos ‘n prinses behandel word, gaan sy een of ander tyd soos ‘n dame optree.  ‘n Kind wat beskuldig word dat hy altyd leuens vertel, gaan gatvol raak en lieg soos niemand hom kan nadoen nie.  Dieselfde geld vir wanneer iemand die heeltyd beskuldig word daarvan sy steel. 

Daar kan dalk geargumenteer word dat die skeller of die opheffer altyd die kwaad (goed) sluimerend in die persoon gesien het.  Tog het elke mens die mag van goed en kwaad inhom.  Wat hy of sy gaan laat wen, is wat die mens in ‘n sekere rigting swaai.  Wanneer iets dan nog van die kantlyk aangemoedig word (hoe ander mense die persoon behandel) gaan daardie iets wen. 

Dit bring my nou na die ET verhoor.  Daar is erken dat die werksmense se woonkwatiere haglik is.  Daar is ook erken dat die mense vervalde hondekos kon eet, al was dit uit eie keuse.  Mens kan ook net so lank pap en melk eet om die honger te verjaag, maar een of ander tyd gaan jy iets met oemf soek.  Ek wil sommer lelik praat, maar as jy nie vervalde kos vir jou diere gee gee nie, hoe de duiwel gee jy dit vir mense??  Daar is ook erken dat die werkers onder minimum loon gewerk het.  Die ouer een het R650 ‘n maand gekry en die minderjarige R200 (R50 ‘n week).  Ek is jammer, maar dit sit nie vir my lekker nie. 

As jy egter mense soos ongewensde diere behandel, is jy dan regtig verbaas as hulle soos diere optree? 

Nee, ek probeer nie die ET moord regverdig nie.  Niks kan dit doen nie.  Ek weet net nie hoe slaap jy snags as jy mense so behandel nie. 

Tog is daar ‘n ander stemmetjie wat skree.  In Pieternella van die Kaap (Dalene Matthee) word daar vertel van die een eienaar wat sy slawe baie mooi behandel het.  Hulle het tot elke aand aan die tafel saam met hom geëet.  Eendag dros hulle en hulle het nie gehuiwer om sy keel af te sny nie.  En dit is nie net ‘n fiktiewe voorbeeld nie. 

Nogtans sal dit seker nie skade doen om jou kant skoon te hou nie?

Breinvasbrand:  Wie se huisvrou was Pieternella van Meerhof?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Tramp.


Aksies

Information

7 responses

2 02 2012
Sonlig

As jy na die stories luister van die mense wat destyds uit Angola met net die klere aan hulle lywe gevlug het, sal hulle vertellinge van hoe dit juis hulle eie werkers was – die wat hulle soos kinders versorg het – wat hulle wou doodmaak sodat hulle die plase kon oorneem.

Die stemmetjie wat skree het dalk meriete?

Oor die ET-moord het ek gemengde gevoelens – “You live by the sword; you die by the sword”, maar dit is ‘n doring in die vlees dat hierdie jeugdiges wat eens gespog het oor hulle die grote ET soos ‘n hond doodgemaak het nou skielik nie hulle regte verstaan het toe hulle hulle skuldverklarings afgelê het nie. Dit lyk – nadat daar vir die wêreld vertel is hoe die jongste een verkies om in die tronk te bly omdat hy op ‘n bed kan slaap en TV kan kyk – asof hulle gaan loskom op ‘n “technicality” wanneer ons die victim-kaart uitruk.

2 02 2012
Xena Phoenix

Dit is vir my verskriklik sleg hoe mense (diere) soms die hand byt (doodmaak) van die wat vir hulle niks anders as goed was nie. Die mens is helaas iets wat maklik beinvloed kan word en nie net ten goede nie.

2 02 2012
MaanKind

Daniël

2 02 2012
Wheelbarrow Jack

Hoeveel van wat hullewnou se is die waarheid? hondekos wat verval het? as et die werkers, volgens hulle eie monde drank gevoer het, hoekom nie kos ook nie. Kos is tog goedkoper as drank.

2 02 2012
Olga

daniel zaayman.
LAASTE!
Ag, die et sirkus is nou vervelig. Daar was n kondoom gevind. Nde daar was nie. Ja, daaq was aaftur awl. Daar was geen tekens vam seksuele aanranding aan beide kante nie. Ja, daar was. Nee daar was nie. Ja, hul het gereageer na vele sodomie voorvalle. Hul het net pap gekry, maar drank. Bulshit. Ek sien nogal uit na die rede waaqop hulle vrygespreek gaan word. Dit sal ook seker bepaal met hoeveel miljoene hulle beloon gaan word. Ek wonder hoe sal die agbare advokate voel as hul mense ooit dieselfde lot te berde val. Sal hul terug dink aan die et saak?

3 02 2012
Xena Phoenix

Kyk, daardie mannetjies vat nou elke kans in die boek, plus ‘n paar wat hulle self uitgedink het.

Die goed wat ek genoem het, is goed wat Martie Terre’Blanche in die hof erken het.

18 01 2013
gina

Ek sê as iemand jou heeldag slegsê dan glo jy dit naderhand. As iemand jou vloek en skel elke dag dan probeer jy jouself verdedig en jy weet nie water kant toe nie. Jy begin n hele verandering ondergaan as die maat van jou, jou sleg behandel en hy of sy het n baie sterk persoonlikheid ens. As hy of sy dit positief gebruik om vir jou te sê hoe dierbaar en lief jy is dan raak jy soos hy of sy vir jou sê. As hy of sy vir jou sleg sê heeldag dan begin jy so ook raak. Maar niemand besef dat da goeie dinge in enige persoon is. So bou mekaar op en moenie afbreek nie.

Lewer kommentaar