Wat is ‘n biljoen?

15 02 2012

Ek het nooit ‘n wesenlike probleem met syfers gehad nie, maar deesdae krap ek ‘n bietjie in die donker rond. 

Op skool is ons geleer ‘n biljoen is ‘n miljoen miljoen.  ‘n Biljoen het dus 12 nulle.  1 000 000 000 000 of 1012.  ‘n Duisend miljoen is ‘n miljard of het te wel 9 nulle. 

Natuurlik het die Yanks gekom en alles weer kom omkrap. Dit het hulle gepas dat ‘n biljoen ‘n 100 miljoen is.  Geskryf beteken dit dus 100 000 000 of 108.  Daar is 8 nulle. 

Natuurlik word die Yanks se onnodigheid nie met die minagting behandel wat dit verdien nie.  Hulle biljoen word ook partykeer gebruik en vir party mense is hulle biljoen, die biljoen.  Die verskil?  Net 999 900 000 000 eenhede verskil tussen die lang skaal (dis biljoen met 12 nulle) en kort skaal (biljoen met 8 nulle).  Om presies te wees 9 999 meer as die kort skaal biljoen. 

Sien julle hoekom is ek in die donker?  As die regering ‘n biljoen vermors, is dit ‘n verskil R 999 900 000 000 in begrip.  Dalk is die bedrae so groot dat dat in elk geval nie saak maak nie.  As dit dan nie saak maak nie, sal niemand seker omgee as ek die verskil vat nie?

Wensdenkery, ek weet.  Ek weet egter ook dat beide biljoene in die pers en verslae gebruik word, sonder ‘n verduideliking.  Dit het ‘n groot impak.  Ek dink wat behoort te gebeur is dat die wetenskaplike uitdrukkig van die bedrag / eenhede wel bygevoeg moet word om enige onduidelikhede uit te skakel.