Tent winkel

25 02 2012

Hallo Maatjies

Ekke was by die vreemdelingste winkeltjie ooit gewees.  😯  Enne wat so ampertjies in ‘n tent is.  🙄  Merriegriet het dit ‘n padstal genoem, maar sy is ook maar lekker dom!  :mrgreen:  Ek ken van stalle en daar was geen perde wat daar geslaap het nie.

Daar is nie trollies en goed soos in ‘n regte winkel nie.  ❓  Maar heksie kan amper alles daar koop.  😆  En ‘n paar goed wat ander winkels nie het nie.

Die winkel se oom wou gehad het dat ek daar moet bly, maar ekke is nie ‘n winkel heks nie.  😈

Netnou maak hy met my heksie biltong.  😯

Ek weet ek is die mooiste heks, maar ek wil ‘n lewendige een ook wees.